Bryan Habana en Duane Vermeulen in seker van hul plekke in Allister Coetzee se Springbokgroep vir die Rugbykampioenskap.
Dit blyk uit `n berig in die Franse sportkoerant, L’Equipe, dat die tweetal nie vir die begin van Toulon se Top14-seisoen beskikbaar is nie.
Die blad haal Toulon se grootbaas Mourad Boudjellal aan dat die SA Rugbyunie (Saru) versoek het dat Toulon hulle van hul klubverpligtinge vrystel met die oog op deelname aan die Suiderreeks.
Dit volg op toenemende bedenkinge in Suid-Afrika oor die gereedheid van spelers wat lank laas in aksie was vir die strawwe toetsreeks tussen Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Argentinië. Habana se onvermoë om die SA Olimpiese sewesgroep te haal, word ook genoem.
Boudjellal word voorts aangehaal dat hy die Wallaby-afrigter, Micheal Cheika, versoek het om nie Matt Giteau en Drew Mitchell vir sy span te kies nie.
Die Bokke se eerste wedstryd in die Rugbykampioenskap is op 20 Augustes teen die Poemas in Nelspruit, en Toulon se eerste wedstryd in die Franse Top14 die volgende dag.
Suid-Afrika het goeie spelers los die spelers oorsee en gee die manne hier ‘n kans
Ag weet jy daar gaan die verdomde appel kar alweer , kry nou klaar met stampkar rugby ALLES TOR !!!!
En daar gaan ploeg ons weer met ou osse
Warren Whiteley het bewys dat hy die beste nr 8 in die land is.Waaroor karring met Vermeulen?
Stem in beginsel saam met Gert, veral as die anner twee ouens (Vermeulen en Habana) terug kom met “prys”….
Ai tog, los tog die ou manne. Ons het genoeg jong spelers wat nog wil speel.
Het berus by die feit dat Coetzee klaar gewys het dat hy ook besig is om n wind te sluk deur verkeerde opsies en besluite.