‘Hamerslag’ vir ARU oor Force-appèl

In die jongste verwikkeling in die snel ontvouende drama rakende die Western Force het die Nieu-Suid-Walliese hooggeregshof aan Rugby Wes-Australië (RWA) toestemming verleen om appèl teen die uitsetting van die span uit aanstaande jaar se Superrugbyreeks aan te teken.

In ʼn stukkie vreemde ironie is die hou vir die Australiese Rugbyunie deur regter David Hammerschlag toegedien.

RWA beweer die ARU het kontrakbreuk gepleeg deurdat ʼn handelsooreenkoms die Force die reg gee om tot Desember 2020 aan die Sanzaar-reeks deel te neem.

Die regter het gesê hy sal regstreeks voortgaan om die appèl aan te hoor.

Die uitspraak volg pas nadat die ARU ʼn aanbod van miljoene Australiese dollars deur die mynmagnaat Andrew Forrester vir die uitbou van rugby op voetsoolvlak van die hand gewys het. As teenprestasie moes hy die Force in Superrugby behou.

RWA voer die hofsaak met Forrester se finansiële steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.