Handré, Faf onder besbetaalde rugbymanne

Suid-Afrika se Handré Pollard. Foto: Charly Triballeau/AFP.

Owen Farrell, Beauden Barrett en Maro Itoje is onder die wêreld se besbetaalde rugbyspelers. Maar die name van Handré Pollard, Faf de Klerk en Eben Etzebeth pryk ook tussen die ryk voetbôllers.

Volgens Ruck.co.uk verdien Pollard R20 miljoen vir Montpellier, terwyl Etzebeth R18 miljoen in sy sak steek vir Toulon. Dan kry De Klerk, die Sale Sharks se woelwater-skrumskakel, R12 miljoen vir sy dienste.

Maar Pollard se miljoene is egter kleingeld in vergelyking met Roger Federer se R1,8 miljard wat hy in 2020 gemaak het.

Die Switserse ster is die eerste tennisspeler in die geskiedenis om bo aan Forbes se lys vir hoogsbetaalde sportsterre te wees.

Die 39-jarige tennisheld het verlede jaar met sy $106 miljoen (amper R2 miljard) vir Lionel Messi onttroon.

Veral Federer se borgskappe het die Forbes-wa deur die drif getrek – hy word onder ander deur Credit Suisse en Mercedes-Benz geborg.

  • co.uk se besbetaalde rugby-vyftiental:

Beauden Barrett (R15,6 miljoen, Suntory Sungoliath), Charles Piutau (R20 miljoen, Bristol Bears), Virimi Vakatawa (R15,6 miljoen, Racing 92), Owen Farrell (R15 miljoen, Saracens), Stuart Hogg (R11 miljoen, Exeter), Handré Pollard (R20 miljoen, Montpellier), Faf de Klerk (R12 miljoen, Sale Sharks), Kieran Read (R16 miljoen, Toyota Verblitz), Steven Luatua (R13 miljoen, Bristol Bears), Michael Hooper (R15 miljoen, Toyota Verblitz), Maro Itoje (R16,5 miljoen, Saracens), Eben Etzebeth (R18 miljoen, Toulon), Tadgh Furlong (R9,6 miljoen, Leinster), Guilhem Guirado (R10 miljoen, Montpellier) en Mako Vunipola (R9 miljoen, Saracens).

  • Forbes se lys van hoogsbetaalde sportsterre vir 2020:
  1. Roger Federer (tennis): $106 miljoen
  2. Cristiano Ronaldo (sokker): $105 miljoen
  3. Lionel Messi (sokker): $104 miljoen
  4. Neymar (sokker): $95,5 miljoen
  5. LeBron James (basketbal): $88,2 miljoen
  6. Stephen Curry (basketbal): $74, 4 miljoen
  7. Kevin Durant (basketbal): $63,9 miljoen
  8. Tiger Woods (gholf): $63,2 miljoen
  9. Kirk Cousins (Amerikaanse voetbal): $60,5 miljoen
  10. Carson Wentz (Amerikaanse voetbal): $59,1 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MakersMark ·

Nou waar is die sogenaamde super kwota helde soos Kolbe, Kolisi en die Ellende? Of word hul nie so hoog aangeslaan in Europa en Japan nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.