Hansen oorweeg twee spanne vir laaste twee toetse

Steve Hansen – hy oorweeg twee All Blackspanne

Die hoofbeampte van SA Rugby, Jurie Roux, en die president Mark Alexander se belaglike voorstel dat Suid-Afrika ʼn Noordelike en Suidelike nasionale span moet oorweeg, lyk allermins verspot as die All Blacks in die rigting skimp.

Steve Hansen, afrigter van die span wat die Bokke Saterdag met 57-0 verniel en verneder het, sal Maandag glo bekend maak of hy een of twee spanne van 28 spelers vir die laaste twee toetse in die Rugbykampioenskap gaan kies.

Die All Blacks kan eintlik nie meer anders as om vanjaar se Rugbykampioenskap te wen nie – behalwe natuurlik as jy in die tandemuis en ander feeverhale glo.

Hulle is tans agt punte voor die Springbokke op die punteleer met twee wedstryde wat nog deur elk gespeel moet word.

Sou die Springbokke die Wallabies in Bloemfontein én die All Blacks op Nuweland met ʼn bonuspunt kan klop sonder om een teen Nieu-Seeland af te staan, moet die All Blacks net twee ligapunte teen die Poemas in Buenos Aires verdien om gelyk te trek – maar die Swarttruie is op punteverskil ligjare voor die Bokke.

Nie dat dít sal saak maak nie. Ons weet mos dit kan nie gebeur nie.

♦  Die rede waarom Hansen twee spanne oorweeg om op 30 September teen die Poemas en die week daarna in Kaapstad teen die Bokke te speel, is om sy spelers vars genoeg vir die jaareindtoer te hou.

Ná die Rugbykampioenskap het die All Blacks boonop die derde van die Bledisloetoetse teen Australië wat voorlê. Hulle het reeds die eerste twee gewen en die beker behou maar weet die Wallabies sal alles gee om darem een van die drie te wen.

Hansen wys daarop dat die All Blacks binne nege weke ses toetse – vyf op die jaareindtoer – en ook teen die Britse Barbarians moet speel. Boonop moet hulle in die tyd oor elf tydsones vlieg wat sy eiesoortige probleme met vlugflouheid vir die spelers sal skep.

“Ek sal Maandag ʼn verklaring hieroor uitreik. Ek het nog nie met die spelers daaroor gepraat nie. Hulle weet net daar sal 28 spelers na Buenos Aires en na Kaapstad toe gaan, maar hulle weet nie wie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie ·

Daar is een massiewe verskil. Dis AB het minimum 45 spelers in hul geledere wat enige dag in die Springbok span sal plek kry. SA het GEEN speler wat enige plek in ‘n toetsspan van AB sal kry. Die AB rus 7 van hul eerste keuse spelers teen Argentinië en gee hul steeds ‘n ordentlike pakslae. SA rus een speler [Mostert] teen AUS en speel gelykop. Dink net wat se pak slae sou ons kry as ons 7 van ons eerste keuse spelers moes laat rus. Ons is nie eerste in dieselfde boek as die AB wat nog van dieselfde bladsy?

Toppie ·

Suid Afrika het darem seker genoeg kwota spelers om 4 spanne te vul . 1 x Span vir elke 20 minute van die game, ek dink ons kan vewag dat die Springbokke volgende keer met ‘ n groter skande sal verloor om die rekordboeke te her- skryf

·

All Black kan in drie lande gelyk toer en sal al drie games wen en die Bokke kan nie eers een ordentlike span in die veld stuur nie !
Bokwagter oooo Bokwagter waarheen nou?

Jakkalas ·

Sonder twyfel sal hul 3de span die Bokke ook kan klop. Ons het ons eerste werklike toets Saterdag soos ‘n dooie vlieg gedop. Ons sal moet huis skoonmaak. Sien dit nie gebeur in my leeftyd nie……..hartseer.

JOHAN ·

Poor performance is the result of poor management. Raak ontslae va AC, kies regte spelers. Stel ‘n afrigter aan wat rugby ken. Raak ontslae van kwotas wit en swart

Politikus ·

Allister Coetzee, en trouens die hele SARU bestuur is deur die ANC geplant met een doel voor oë en dit is regstellende aksie. Die Springbok wendoelwit tel geen punte meer nie. Allister Coetzee volg ook Zuma se voorbeeld 100% na en dit is nie moeilik om sy gedagtes te lees nie:

“….my kontraktermyn strek oor 5 jaar tot die volgende wêreldbeker. Ek sal nie gaan voor die tyd nie, maak nie saak watter skandes ek maak nie. Ek sal net loop as die ANC my herroep”

Henry McDonald ·

Steve Hansen All Black afrigter: “There are players in this Springbok side who are not of International standard”………..hoef enigiemand enigiets ander te vra OF te sê??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.