Hansen verander baie ondanks ‘eindstryd’

Steve Hansen

Steve Hansen

Die All Blacks se afrigter Steve Hansen gaan voort om kombinasies te toets voor Saterdag se deurslaggewende wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Australië.

Die All Blacks is net `n enkele ligapunte voor die Wallabies – maar Hansen het nietemin net twee van die agterspelers behou wat sy span danksy die skrumreël-fiasko 27-20 teen die Springbokke gewen het.

Net die twee Smiths, die senter Conrad en die skrumskakel Aaron, het hulle plekke vir Saterdag se wedstryd in Sydney behou wat eintlik maar op `n eindstryd neerkom.

Voorlangs het Hansen ook twee gepos en daar is ook nog twee nuwe gesigte op die bank.

♦ Die nuweling-vleuel Nehe Milner-Skudder is die negende nuwe All Black wat vir die laaste vier toetse gekies is.

♦ Saterdag se toets is benewens die amperse finaal in die Rugbykampioenskap ook die eerste van die twee Bledisloe-toetse. Die mededinging om die Bledisloebeker het in 1931 (volgens die Aussies) en 1932 (volgens die NZRU) begin.

All Blacks se span –

15 Ben Smith, 14 Nehe Milner-Skudder, 13 Conrad Smith, 12 Sonny Bill Williams, 11 Julian Savea, 10 Daniel Carter, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Jerome Kaino, 5 Luke Romano, 4 Brodie Retallick, 3 Owen Franks, 2 Dane Coles, 1 Tony Woodcock. Bank: 16 Codie Taylor, 17 Ben Franks , 18 Nepo Laulala, 19 Sam Whitelock, 20 Sam Cane, 21 TJ Perenara, 22 Beauden Barrett, 23 Malakai Fekitoa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico K ·

Interessant dat ook NZ eerder proefnemings met sy spelers wil doen as om die reeks te wen. Dit is basies wat SA ook gedoen het. Die wêreldbeker is belangriker as om nou te wen.

Weskaper ·

Ek glo nie die all blacks doen proefnemings nie. Hulle het die spelers om 2 goeie spanne te kies sonder om die ander span te verswak. Die spelers wat inkom is net so goed soos die voriges, en Hansen weet dit. Wen gaan hulle wen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.