Hardebaarde weer in Leeus se beginspan

Die Leeus se Jannie du Plessis. Die Leeus sweet nog oor die fiksheid van Sti Sithole en Vincent Tshituka. Foto: Lionel Bonaventure/AFP.

Die Haaie en die Leeus meet dié naweek kragte in Durban. En ná die afgelope naweek – toe die twee spanne onderskeidelik met die Bulle en die Cheetahs afgereken het – beloof dit om ’n titaniese stryd te wees.

Volgens Lukhanyo Am, die Haaie se kaptein, is die Johannesburgers ’n gevaarlike span wat daarvan hou om die bal lug te gee. Die Rooibontes het immers verlede naweek ’n paar juweeldrieë teen die Cheetahs gedruk.

Maar waar die Leeus se agterspelers dalk die pas teen die Vrystaters aangegee het, het hardebaarde soos Willem Alberts en Jannie du Plessis hul staal voorlangs gewys.

Al twee veterane is weer in die Johannesburgers se beginspan vir Saterdag se kragmeting.

Vir die Haaie vervang Michael Kumbirai vir Thomas du Toit op vaskop, terwyl JJ van der Mescht en Aston Fortuin die Durbaniete se slotpaar is.

Die aksie begin Saterdag om 19:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Leeus: Tiaan Swanepoel (heelagter), Stean Pienaar (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Dan Kriel (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (kaptein en losskakel), Andre Warner (skrumskakel), Len Massyn (agsteman), Vincent Tshituka/Wilhelm van der Sluys (flank), Jaco Kriel (flank), Marvin Orie (slot), Willem Alberts (slot), Jannie du Plessis (stut), Jaco Visagie (haker) en Sti Sithole/Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Ruan Dreyer, Wiehahn Herbst, Reinhard Nothnager, Roelof Smit, Moré van den Berg, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Carlu Sadie en Manuel Rass.

Haaie: Manie Libbok (heelagter), S’bu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter en kaptein), Marius Louw (binnesenter), Yaw Penxe (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Sanele Nohamba (skrumskakel), Sikhumbuzo Notshe (agtsteman), Henco Venter (flank), Dylan Richardson (flank), Aston Fortuin (slot), JJ van der Mescht (slot), Michael Kumbirai (stut), Kerron van Vuuren (haker) en Ox Nche (stut). Plaasvervangers: Fex Mbatha, Mzamo Majola, John Hubert-Meyer, Thembelani Bholi, James Venter, Phepsi Buthelezi, Jaden Hendrikse en Jeremy Ward.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alexander ·

Die haaiespan oorlaai met kwotaspelers. Die Leeus behoort hierdie een te wen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.