Heelwat op die spel in al vier wedstryde

currie cup logo 2016.jpgDit is ʼn naweek wat, anders as gewoonlik, in elk van die vier wedstryde in die Curriebekerreeks se Premierliga ʼn groot uitdaging aan ten minste een van die spanne bied.

Sommer met die intrapslag Vrydagmiddag speel die Goue Leeus op Ellispark teen die Boland Kavaliers in ʼn wedstryd waar die tuisspan eenvoudig weer op die wenpad móét kom.

Die Bolanders het ʼn klompie veranderinge aan hulle span aangebring waarvan drie aan sleutelspelers is, en die Leeus se afrigter Johan Ackermann het elf veranderinge aangebring aan die beginspan wat teen Griekwas verloor het.

Dis hoofsaaklik die meeste beskikbare Superspelers wat na hulle lang seisoen blaaskans kry, en dit kan ook meebring dat daar groter dringendheid by die span is. Normaalweg sou ʼn mens voorspel dat samespel met die baie veranderinge kan lol, maar die Leeus, wat op elke vlak dieselfde afrigtingspatroon volg en met spelers wat uit dieselfde oefengroep kom, behoort nie dié probleem te hê nie.

Hulle durf egter nie die Boland Kavaliers onderskat nie. Die Wynboere het miskien nie oral dieselfde gehalte nie, maar hulle is goed afgerig, het ʼn nuwe selfvertroue en vegtersgees. En in die opstellende ronde het hulle die Leeus XV 28-24 getroef.

♦ Vrydag se tweede wedstryd is dié tussen die Pumas wat tuis teen Griekwas speel. Die Pumas het teen die Goue Leeus (weg) en die Sharks (tuis) twee groot loesings gekry en reeds 15 drieë afgestaan en net vyf gedruk.

Griekwas is tuis ʼn taai tameletjie maar sukkel soms in wegwedstryde. As hulle egter dieselfde aggressie, en ook bereidwilligheid om te hardloop toon, en veral die meedoënlose lakwerk soos teen die Leeus, is daar swarigheid vir die Pumas.

Griekwas het die laaste drie wedstryde tussen die twee spanne gewen en elke keer meer as 30 punte aangeteken. Maar sóós Griekwas, is die Pumas self op hulle tuisveld ʼn heel ander span en dié keer veg hulle om weg te kom van die houtlepelsone.

♦ ʼn Mens sou verwag dat die Westelike Provinsie die OP Kings goed behoort te looi. Dit is ook die waarskynlikheid.

Maar daar is iets fout by die Streeptruie. ʼn Goeie afrigter soos John Dobson kan net sóveel doen.

Ja, die WP sukkel met beserings; en ja, hulle het losskakelprobleme.

Dit is haas tyd dat hulle begin saamstaan- én saamspeel, want die WP durf nie in die Baai verloor nie.

Hulle staan reeds op nul uit twee, nes die OP Kings. Daar is egter ʼn veggees – vra maar vir die Blou Bulle – wat nie onderskat durf word nie.

Die verloorder mag onderaan die punteleer wees. ʼn Mens wil voorspel dit sal dit Kings wees, en dat die WP met ʼn wen homself weer terug in  die wedloop sal bevind.

Dit is egter belangrik dat dit ʼn goeie wen is, en ongeag die telling ook oortuigend.

♦ Die  Sharks is boaan die puntelys met drie seges uit drie. Hulle het die meeste drieë (16) gedruk en die minste afgestaan. Hulle speel ʼn goed-gebalanseerde spel met ʼn goed-gebalanseerde span.

Die Blou Bulle, daarenteen, het dusver twee uit drie gewen maar nog glad nie oortuig nie.

Die Bulle het in drie wedstryde 15 drieë gedruk, maar ook 15 afgestaan. Hulle het ook amper net soveel geleenthede om te druk laat verlore gaan.

Wat die gevaarligte werklik laat flikker, is dat die Sharks dusver kán drieë druk.

Teen die Sharks sal dit letterlik kos dat die Bulle volgens potensiaal speel en dit deurgaans doen; en ook verdedig soos in die Superreeks, waar hulle verdediging tussen die heel bestes getel het.

In die laaste vier wedstryde tussen die twee spanne was die grootste puntverskil 11 punte. Dis gaan ʼn stryd soos min  wees.

Spanne:

Goue Leeus vs Boland Kavaliers, Vrydag, 17:00

Goue Leeus
15 Andries Coetzee, 14 Selom Gavor, 13 Jacques Nel, 12 Howard Mnisi (kapt.), 11 Anthony Volmink, 10 Marnitz Boshoff, 9 Dillon Smit, 8 Ruaan Lerm, 7 Victor Sekekete, 6 Steph de Wit, 5 Martin Muller, 4 Ruan Ackermann, 3 Pieter Scholtz, 2 Ramone Samuels, 1 Corné Fourie. Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Dylan Smith, 18 Bobby de Wee, 19 Cyle Brink, 20 Ross Cronjé, 21 Koch Marx, 22 JW Bell.

Boland Kavaliers
15. Adriaan Carelse, 14. Sergio Torrens, 13. Christopher Bosch, 12. Ryan Nel (kapt.), 11. Danwel Demas, 10. Theuns Kotze, 9. Gerhard Jordaan, 8. Wayne Wilschut, 7. Shaun McDonald, 6. Shaun Adendorff, 5. Joubert Horn, 4. Hanno Kitshoff, 3. Basil Short, 2. Francois Esterhuizen, 1. Francois Hanekom. Bank: 16. Clemen Lewis, 17. Enoch Mnyaka, 18. SP Wessels, 19. Ockie van Zyl, 20. Kenan Cronjé, 21. Marnus Hugo, 22. Gerrit van Wyk.

Pumas vs Griekwas, Vrydag, 19:10

Pumas
15 Devon Williams, 14 Bernardo Botha, 13 Hennie Skorbinski, 12  Leighton van Wyk, 11 Jean-Paul Lewis, 10 Francois Brummer, 9 Emile Temperman, 8 Renaldo Bothma (kapt.), 7 Nardus van der Walt, 6 Marnus Schoeman, 5 Jannie Stander, 4 Wiehan Hay, 3 Louis Albertse, 2 Frank Herne, 1 De-Jay Terblanche. Bank: 16 Simon Westraadt, 17 Jacques Kotze, 18 Hugo Kloppers, 19 Carel Greeff, 20 Kevin Luiters, 21 Marlou van Niekerk, 22 Hoffmann Maritz.

Griekwas
15 Adriaan Coertzen (kapt.), 14 Jacobus Jonker, 13 Jonathan Francke, 12 Clinton Swart, 11 Alshaun Bock, 10 Elgar Watts, 9 Rudi van Rooyen, 8 Jason Fraser, 7 Sias Koen, 6 Wendal Wehr, 5 Jonathan Janse van Rensburg, 4 Mzwanele Zito, 3 Stephan Kotzé, 2 Abraham le Roux, 1 Steph Roberts. Bank: 16 Marius Fourie, 17 Liam Hendricks, 18 Hilton Lobberts, 19 Steve Meiring, 20 Renier Botha, 21 André Swart, 22 Eric Zana.

OP Kings vs Westelike Provinsie, Saterdag 16:00

OP Kings
15 Johann Tromp, 14 Siviwe Soyizwapi, 13 JC Greyling, 12 Berton Klaasen, 11 Sampie Mastriet, 10 Kobus Marais, 9 Ricky Schroeder (kapt.), 8 Christiaan De Bruin, 7 Etienne Oosthuizen, 6 Vince Jobo, 5 Sebastian Ferreira, 4 Tazz Fuzani, 3 Vukile Sofisa, 2 Mike Willemse, 1 Justin Forwood. Bank: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Barend Potgieter, 18 Dylon Pieterse, 19 Luke vd Smit, 20 Brandon Brown, 21 Lungelo Goza, 22 Ganfried May.

Westelike Provinsie
15 Cheslin Kolbe, 14 Werner Kok, 13 Huw Jones, 12 Dan du Plessis, 11 Leolin Zas, 10 Brandon Thomson, 9 Jano Vermaak, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Jurie van Vuuren, 6 Kobus van Dyk, 5 Chris van Zyl (kapt.), 4 JD Schickerling, 3 Wilco Louw, 2 Scarra Ntubeni, 1 JC Janse van Rensburg. Bank: 16 Neil Rautenbach, 17 Alistair Vermaak, 18 Oli Kebble, 19 Jan de Klerk, 20 Stefan Willemse, 21 Godlen Masimla, 22 Robert du Preez.

 

Sharks vs Blou Bulle, Saterdag 18:10

Sharks
15 Curwin Bosch, 14 Odwa Ndungane, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Lwazi Mvovo, 10 Inny-Christian Radebe, 9 Stefan Ungerer, 8 Philip van der Walt, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Keegan Daniel (kapt.), 5 Ruan Botha, 4 Etienne Oosthuizen, 3 Thomas du Toit, 2 Franco Marais, 1 Dale Chadwick. Bank: 16 Mahlatse Ralepelle, 17 John-Hubert Meyer, 18 JC Astle, 19 Jean Deysel, 20 Hanco Venter, 21 Sibusiso Sithole, 22 Rhyno Smith.

Blou Bulle
15 Duncan Matthews, 14 Travis Ismaiel, 13 Dries Swanepoel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Piet van Zyl, 8 Arno Botha (kapt.), 7 Jannes Kirsten, 6 Ruan Steenkamp, 5 Marvin Orie, 4 Rudolph Snyman, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Jaco Visagie, 1 Lizo Gqoboka. Bank: 16 Bandise Maku, 17 Martin Dreyer, 18 Nic de Jager, 19 Hanro Liebenberg, 20 Andre Warner, 21 Joshua Stander, 22 Ulrich Beyers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

poot ·

Sjoe Maroela. Kyk bietjie na al die spel en grammatika foute in julle berig.

Johan ·

Ek luister lewendige kommentaar op die radio na haaie en bulle….en WEER is dit net die bulle wat geprys word so asof hulle al klaar die Curriebeker gewen het…!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.