Heineke vat nege ‘nuwes’ saam Australië toe

Springbok-LogoNege spelers wat nie in die Springbokgroep teen die Wêreldvyftiental was nie, is ingesluit in die 31-tal wat Brisbane toe gaan vir die toets Saterdag teen Australië in die Rugbykampioenskap.
Hulle is Lionel Mapoe, Lwazi Mvovo, Rudy Paige, Jan Serfontein, Morné Steyn, Schalk Brits, Lood de Jager, Frans Malherbe en Heinke van der Merwe.
Die enigste speler wat die afgelope Saterdag op Nuweland in aksie was en nie saamgaan nie, is Jean de Villiers wat vrygestel is om wedstrydoefening in die Westelike Provinsie se littelosmakers vir die Curriebeker te kry.
Die Springbokafrigter, Heyneke Meyer, sê hy wil soveel moontlik spelers speelkans gee voor die Wêreldbekertoernooi en daar sal gewis veranderings wees in die groep wat teen die Wallabies te staan kom.
Die beseerde Duane Vermeulen, Willem Alberts, Frans Steyn, Fourie du Preez, Pieter-Steph du Toit en Steven Kitshoff is nie vir die Aussie-safari oorweeg nie.
Die res van die Springbokgroep wat agterbly, sal hul rehabilitering en kondisionering in Pretoria voortsit.
Die toergroep –
Voorspelers: Schalk Brits, Schalk Burger, Marcell Coetzee, Lood de Jager, Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Eben Etzebeth, Vincent Koch, Francois Louw, Frans Malherbe, Victor Matfield, Teboho “Oupa” Mohoje, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, Adriaan Strauss, Heinke van der Merwe, Warren Whiteley.
Agterspelers: Damian de Allende, Bryan Habana, Jesse Kriel, Patrick Lambie, Willie le Roux, Lionel Mapoe, Lwazi Mvovo, Rudy Paige, Ruan Pienaar, JP Pietersen, Handré Pollard, Cobus Reinach, Jan Serfontein, Morné Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Conrad ·

Ek het destyd die krieket geboikot oor spelers wat gekies word wat nie in die span hoort nie. Faf de Klerk is een wat in die span moes wees. Die twee vuilgat du Plessis broers moet glad nie daar wees nie. Wat Habana in die span soek sal seker net Heineke weet. Ruan Pienaar…eish! Ja wat… daar gaan my rugby ook. Weier om die wereldbeker of die kampioenskap te volg.

nico ·

Meyer moet vergeet van 15 man rugby met die du plessis broers in span is kans op 14man rugby baie goed geel of rooi kaarte is groot moontlikheid

Kobus ·

oogklap Meyer stel al weer teleur, ons weet in elk geval dat al sou faf saamgegaan het, hy net in die pawiljoen sou sit, kwansuis is reinach beter, ek sal maar bid vir tonnelvisie Meyer!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.