Hele rits Suid-Afrikaners in Barbarians-span

Curwin Bosch – (Foto: Facebook/ Timeline Photos)

Hulle is bekend vir hul aanvallende hardlooprugby en die Barbarians-bestuur het ’n hele spul Suid-Afrikaanse spelers in hul groep vir hul komende toer gekies.

Saam met Wêreldbeker-wenners soos Beast Mtawarira, Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi sal Marco van Staden, Hencus van Wyk, Jano Vermaak, Morné Steyn, Curwin Bosch, André Esterhuizen en Dillyn Leyds ook in die kenmerkende swart en wit truie van die Barbarians diens doen.

Die oudkaptein van die Leeus, Josh Strauss, is ook in die groep.

Eddie Jones sal die span vir hul eerste wedstryd teen Fidji afrig, waarna éérs John Mitchell en dán Warren Gatland die afrigtersleisels vir die volgende wedstryde sal oorneem.

  • Bepalings:

16 November teen Fidji

20 November teen Brasilië

30 November teen Wallis

  • Die Barbarians-groep:

Voorspelers: Tendai Mtawarira, Rory Best, Enrique Pieretto, Luke Jones, Matt Philip, Pete Samu, Marco van Staden, Josh Strauss, Andrew Makalio, Campese Maafu, Hencus van Wyk, Tyler Ardron, Angus Cottrel.

Agterspelers: Makazole Mapimpi, Mathieu Bastareaud, Lukhanyo Am, Jano Vermaak, David Havili, Morné Steyn, Santiago Iglesias, Curwin Bosch, Billy Meakes, Bautista Ezcurra, André Esterhuizen, Joe Powell, Dillyn Leyds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugene ·

Ek wonder hoe die kombinasie Strauss/Mitchell sal werk veral as die destydse polemiek by die Leeus ingedagte gehou word.

LOL ·

@Eugene: ek het self gewonder of Josh weer gaan kla oor iets?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.