Helfte-helfte-Bulle ransel Boland deeglik af

Manie Libbok – ligstraal. (Foto: Facebook)

ʼn Blou Bulle-span wat rustyd in sy geheel vervang is, het Boland Saterdag in hul littelosmaker in Worcester behoorlik afgeransel.

Die Pretorianers het met 59-19 gewen nadat die nuwe afrigter, Pote Human, die tweede helfte met 15 vars spelers aangepak het.

Die rustydtelling was 26-7 in die wenspan se guns.

Manie Libbok (21), ʼn gewese SA o.20-speler, se ondernemende spel op losskakel was een van die ligstrale van die wedstryd.

Earll Douwrie se drie en vier doelskoppe het 13 punte bedra, en Boom Prinsloo het twee drieë gedruk.

Die puntemakers –

Blou Bulle 59 (26) – Drieë: Ruan Steenkamp, Xolisa Guma, Edgar Marutlulle, Earll Douwrie, Jan-Henning Campher, Mosolwa Mafuma, Boom Prinsloo (2), Tony Jantjies. Doelskoppe: Manie Libbok (3), Earll Douwrie (4).

Boland 19 (7) – Drieë: Elgar Watts, Valentino Wellman, Jacquin Jansen. Doelskoppe: Jansen (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

famie ·

Pateties blou bulle rugby word nie so gespeel nie Regtig pateties om Boland so te bedrieg en dan met so n telling te spog. Hou dan liewer proewe as julle span wil kies.

Dawid ·

Dit is algemene gebruik tydens voorseisoense opwarmings wedstryde. Al die spanne dien dit so. Jy het seker nie regtig gedink die opposisie kies 30 spelers nie?

Koos Petoors ·

Het die Bulle vs Lions wedstryd op Ellispark gaan kyk en was verbaas oor hoe maklik die onbekende jong Manie Libbok by Elton Jantjies die Springbok losskakel verby gebreek en hom in die lug laat gryp het op verdediging. Met Jantjies se patetiese vertoning in die SuperRugby finaal moet die Leeus dalk oorweeg om nuwe talent aan te koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.