Herrie oor rugbykommentator wat spot-aksent gebruik

Joe Wheeler tydens die onderhoud (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Nieu-Seelandse televisieaanbieder het publiek om verskoning gevra nadat hy Vrydag spottenderwys ʼn Asiese aksent gebruik het toe hy na Otago Highlanders se Japannese speler Kazuki Himeno verwys het ná ʼn Superrugby Aotearoa-wedstryd.

Joe Wheeler, ʼn voormalige Higlander wat ook vir die Suntory Sungoliath in die Japannese topliga gespeel het, het Himeno se spel in die Highlanders se skok-oorwinning van 33-12 oor die kompetisieleiers Canterbury Crusacers bespreek.

Hy het ʼn aksent gebruik toe hy oor die speler op Sky Sport NZ gepraat het en hom skerp kritiek op sosiale media op die hals gehaal. Gebruikers het dit as “aaklig”, “oneerbiedig” en “eenvoudig dom” genoem.

Wheeler het later op Twitter gesê hy het met Himeno gesels en persoonlik om verskoning gevra. “Ek het vanaand ʼn groot fout gemaak! Ek het met @teikyo_8 (Himeno) gesels en vir hom en die @Higlanders en ons Sky-span om verskoning gevra,” het Wheeler gesê. “Ek verstaan absoluut dat dit nie die standaard is wat verwag word van die kantlyn-span nie. Ek het uiteraard werk om te doen, maar ek is verbind daartoe om beter te vaar.”

Himeno het op die plasing reageer en gesê hy aanvaar die verskoning. “Dis oukei Joe. Kom ons geniet en vier ons groot oorwinning,” het hy gesê.

Sophie Moloney, uitvoerende hoof van Sky NZ, het gesê Wheeler se kommentaar was “baie teleurstellend”. “Dis nie wie ons is by Sky nie. Ons moet beter doen,” het sy in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel ·

Aijaijai mense het regtig kleinlik geraak en niemand mag meer humor gebruik nie. Ofvgaan dit oor wat en hoe hy kommentaar gelewer het.

Jack ·

En so ook laat politieke korrektheid een van die bastions van beskawing, humor sneuwel. Ou Leon Schuster sal vandag nie meer een fliek kan maak nie, hy sal onmiddelik van haatspraak aangekla word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.