Het die All Blacks 1949 se twee spanne vergeet?

ʼn Paar Wallabies met die Bledisloebeker wat hulle in 1949 gewen het.

Deesdae se All Blacks is seker beter daartoe toegerus om twee spanne te kies, maar ʼn mens wonder of Steve Hansen dalk vergeet het van die slag in 1949 toe hulle dit wel gedoen het.

Dit laat hulle met die unieke rekord dat hulle twee toetse op dieselfde dag verloor het, ʼn “All Black Day in Rugby” het ʼn Nieu-Seelandse koerant dit vasgevat.

Die datum: 3 September 1949.

Fred Allen se eerste na-oorlogse All Blacks het in Suid-Afrika getoer, en in die derde toets op Kingsmead in Durban teen die Springbokke gespeel.

Suid-Afrika het met 9-3 gewen – op die ou end ook die toetsreeks met 4-0.

Okey Geffin het drie strafdoele vir die Bokke behaal, Morrie Goddard het ʼn drie vir die besoekers gedruk.

Suid-Afrika was rustyd met 6-3 voor.

Terselfdertyd het Australië, onder aanvoering van Trevor Allen, met ʼn reisplan van 12 wedstryde, insluitend twee toetse, in Nieu-Seeland getoer.

Die eerste toets is dieselfde dag as die Durbanse toets op Athletic Park in Wellington gespeel.

Die All Blacks – met die 30 beste spelers in Suid-Afrika was dit in wese hul derde span – het met 6-11 verloor.

Die Wallabies het ook die tweede toets gewen, en daarmee saam die Bledisloebeker, wat sedert 1932 op die spel is, die eerste keer verower.

Hulle kon dit eers drie dekades later (1979) weer regkry.

Die boek Centenary: 100 years of All Black Rugby meld dat drie van die All Blacks vir die tuisreeks (Johnny Smith, Ben Couch en Vince Bevan) na alle waarskynlikheid in die toerspan na Suid-Afrika sou wees as hulle nie Maori’s was nie.

Die toeskouersgetalle is interessant: 30 000 mense het die eerstespan-toets in Durban bygewoon, 32 000 die derde span s’n in Wellington.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dereck Le Roux. ·

Ek wil saam met Fires stem, met transformasie en kwotas sal die Suid Afrikaanse nasionale span selfs teen die All Blacks se derde span verloor, Wynand Claasen het nou onlangs ‘n stelling gemaak en niemand het hom ernstig opgeneem toe hy gese het dat Springbok rugby baie jare gaan vat om uit die as van verloor rugby te gaan opstaan, ek is baie jammer vir die toeskouers wat Nuweland se toetskaartjies ten duurste uitgekoop het om na die gemors te gaan kyk en nog betaal daarvoor.

DC ·

All black ondersteuners wat daai kaartjies uitgekoop het…..Die Kaap loop oor van AB ondersteuners.

Soekie ·

Springbokrugby / of SA rugby sal nooit weer ‘n krag in wêreldrugby wees nie, nie met hierdie transformasie strooi en die politiek wat alles oorheers nie. Dis maar net soos in SA self, alles is ‘n gemors!!!!

Veritas ·

Soekie, so jammer soos ek daaroor is, moet ek sê dat die einde van internasionale deelname in rugby, vir die Springbokke, baie naby is. Met Heineke Meyer as afrigter het die Bokke, tydens die laaste Wêreldbekertoernooi, in die Semi-finaal, net-net teen die All Blacks verloor. Dit was twee jaar gelede . Daarvandaan was dit eenrigting verkeer agteruit. Indien die status quo gehandhaaf word, sal ons binne vyf jaar (dalk minder) in uitspeelwedstryde moet speel om dalk in dié toernooi te kan deelneem. Die regering het in sy doel geslaag om die Afrikaner se skole, taal, tradisies en sport te vernietig. Alhoewel Afrikaanse skole nog bogemiddeld presteer, is die standaard só laag dat iets soos 40% van eerstejaar universiteits studente nie die mas kan opkom nie. Jammer dat ek so swartgallig klink, maar die hele land is in sy peetjie en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Ons lewe nou in ‘n tipiese Afrikaland met Afrika-waardes en Afrikamentaliteit en binne die volgende tien dekades gaan niks verander nie. In elk geval nie ten goede nie.

Henry ·

Dankie Veritas!
Jy beskryf die situasie soos wat dit in werklikheid is.
Wie ookal kan op hulle koppe staan, Sarie Marais en Die Stem tegelykertyd fluit, maar solank as wat daar ongeveer 2 miljoen Europese afstammelinge in ‘n Afrikastaat met 50 miljoen Afrikane woon, sal dinge gedoen word soos die 50 miljoen dit wil hê.
Is maar hoe dit is.
:-)

Henk ·

Mense gaan nou hier onder my inklim en my sleg se, maar my se moet ek se. Ek sien kommentaar en kommentaar oor transformasie en kwotas. Maar is Coetzee, Hougaardt, Dreyer, Marx dan nou kwota spelers of transformasie spelers? Hoekom die vraag? Buiten vir die nonsens wat hulle aangejaag het, het hulle werklik vur goeie spel op die veld uitgestaan?

DC ·

Henk ek stem saam met jou. Saterdag se verloor was doodeenvoudig teen ‘n span wat al die ander rugbylande ver vooruit is wat vaardigheidsvlakke betref. Enige ander wereldspan (insluitende Engeland) sou Saterdag in Nieu Seeland met 57 – 0 verloor het. Hulle het net ongelooflik gespeel. Daai eerste drie was al die voorbode van die vaardighede wat hulle deur die wedstryd sou ten toon stel. Dis nie ons wat so swak is nie, dis die AB’s wat so goed is.

Veritas ·

DC jy is in ‘n mate korrek met jou opsomming. Die fout lê nie soseer by die spelers nie. Dit moet by die keurders en afrigters gesoek word. Die Springbokke het op geen stadium gelyk of hulle wou wen nie. Selfs in die eerste tien minute waaroor almal so gaande is, was daar geen plan, of positiewe energie nie. Sovêr dit my aangaan, is daar geen wil of spangees nie. Die Bokke het hierdie tots verloor voordat hulle op die veld gedraf het. My voorspelling was 40-12 maar vandag kan ek nie glo dat ek gedink het die Springbokke saleers probeer wen nie.

DC ·

Hi Veritas. Ek dink nogaal nie daar is ‘n tekort aan passie en toewyding nie. Ons is net doodeenvoudig gestoomroller deur ‘n span wat stukke beter as die res is. Kyk wat gaan 30 September gebeur – ons sal vir Australie klop want ons is beter as hulle. Dit sal nie ver wees nie want hulle is nie ‘n swak span nie, maar ons sal wen. Ons sal sukkel teen Engeland ook want hulle is baie goed, en ja jy is reg as jy se die coaching is nie waar dit moet wees nie, maar nee daar is nie ‘n tekort aan passie en toewyding nie.

Veritas ·

DC, dit het regtig nie gelyk of die spelers hul beste doen nie.

Henry ·

Verlede saterdag se 57 – 0 is heel eenvoudig tewyte aan die arme Bokke wat so pateties en swak is. Is tog so duidelik as daglig.

Natuurlik is die AB’s se spelstyl en vaardighede tans ligjare beter as die Springbokke s’n. Laasgenoemdes beskik nie eers oor die vaardigheidsvlakke en kwaliteit spelers van die 2015 WB nie. Spelers en ‘n Springbokspan wat tot in die halfeindronde gevorder het en deur die AB’s met slegs 3 punte geklop is.

Nog ‘n feit soos ‘n koei – Politiekery tydens die keuse van spelers was nog altyd deel van ons rugby. Laaaank voor 1994.

Nietemin het ons nadat ons eers gedurende 1994 toegelaat is om aan die WB deel te neem, daardie kampioenskap reeds twee keer gewen. Met spelers en spanne wat nie eers amper aan die hedendaagse kwota vereistes voldoen het nie.

Tot tyd en wyl hierdie droewe land se korrupte politieke stelsel en gepaardgaande belaglike kwotastelsel verdwyn, sal rugby soos die res van die land, met rommelstatus tevrede moet wees.

Is maar hoe dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.