Het Gatland ʼn plan vir Bokke?

Warren Gatland. (Foto: Anne-Christine POUJOULAT/AFP)

Die Britse en Ierse Leeus se afrigter het reeds vroeër in die toer gesê hoe moeilik spankeuses is omdat hy so baie opsies het. Ná sy span se 27-9-nederlaag teen die Bokke in die tweede toets, gaan hy waarskynlik na sy ander opsies moet kyk vir die beslissende toets. En hy het dit al voorheen gedoen.

In 2013 se toetsreeks teen Australië het die Britse en Ierse Leeus ook die tweede toets verloor om die reeks gelykop te maak. Die Leeus het die eerste toets met 23-21 gewen en die tweede met 15-16 verloor.

Vir die derde en beslissende toets laat Gatland vir Brian O’Driscoll en ʼn klompie ander spelers weg uit die span. Hy sluit sewe vars spelers in die 23-tal in. Jamie Roberts, Mike Phillips, Taulape Faletau en Alex Corbisiero is in die beginspan en Richie Gray, Justin Tipuric en Manu Tuilagi sit op die plaasvervangerbank. Die res is geskiedenis – die Leeus wen die beslissende toets op ʼn drafstap met 41-16.

Nádie nederlaag teen die Bokke het Gatland gesê die 23 spelers wat nie in die wedstrydspan was nie het baie goed gehelp om die span voor te berei. “Ons sal oor die volgende paar dae hersiening doen en kyk wat ons dink die beste 23 spelers is om op die veld te stuur en of daar vars gesigte is wat nie in die eerste twee toetse gespeel het nie. Ons het baie opsies om spelers in te bring wat ons dalk ʼn bietjie energie kan gee en ook ʼn bietjie momentum.”

Volgens Gatland was hy tevrede met sy span se spel in die eerste helfte en hulle is daarvoor beloon. In die tweede helfte het die bal nie in die Leeus se guns gebons nie en hulle kon nie momentum kry nie.

Gatland het gekla oor hoe stadig die wedstryd was met spel wat gereeld onderbreek is. “Hulle (die Springbokke) het die spel baie goed vertraag wat ons frustreer het omdat dit moeilik was om in die tweede helfte ritme te kry. Ons het geen momentum gehad nie, geen werklike geleentheid om te speel nie.”

Gatland het gesê die Bokke het in die tweede helfte baie goed geskrum en gedryf en is daarvoor beloon.

Hy meen sy span moes die bal waarskynlik ook wyer gespeel het om die Bokke se opstorm-verdediging uit te probeer buit.

“Die spelers is baie teleurgesteld, maar volgende Saterdag is ʼn bekereindstryd en dis hoe ons daarna moet kyk en voorberei. Daar is ʼn paar dinge wat ons moet regmaak, maar dis een elk en Suid-Afrika het ʼn groot hoeveelheid emosie in die wedstryd gesit, so ons het die geleentheid om dit volgende week te doen en die reeks te wen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MakersMark ·

Ha ha tipies Gatland….”tweede helfte het die bal nie in hul guns gebons nie”…..wat ‘n grap. Asof 21 ongeantwoorde punte in die 2 de helfte agv die “rub of the green” is of die manier waarom die bal bons. Bokke het nie die toets met 5 punte gewen agv verkeerde beslissing nie. Bokke het die 2 de helfte die B&IL pap geduik, geskrum en gedryf. En die agterlyn was wonderlik kreatief met daai 2 drieë. 2013 Aus was die punte verskil na 2 toetse net 1 punt, nou in SA is dit 13 punte in bokke se guns. Bokke ken die resep……maak sag voor slaan agter….al die resep vir wen rugby vanaf oubaas Mark en dok Craven se tyd af. As die bok voorspelers opdaag soos in die 2 de helfte gister kan baie min spanne by hul kers vashou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.