Het Serfontein-hulle rede om te bly?

Jan Serfontein – hy gaan Frankryk toe (Foto GB Jordaan)

Die Springbok-uittog duur voort, nuwe kiesbeleid of te nie.

Oli Kebble, Cobus Reinach, Jan Serfontein … die laaste  twee is reeds Springbokke en soos meer as 300 van hul landgenote op pad oorsee. Eersgenoemde sluit hom by die Glasgow Warriors aan om dalk eendag vir Skotland te speel.

En dan praat ek ook nie van die gros spelers wat Japan toe gaan nie.

O ja, moenie van Faf de Klerk vergeet nie, want waar daar ʼn rokie is, is daar ʼn vuurtjie. Al beweer Steve Diamond, die direkteur van Rugby by die Sale Sharks dat hy nie met De Klerk onderhandel het nie, want wat van die klub se werwers of agente?

Reinach, wat hom by Northampton Saints aansluit, en Serfontein is byna sekere keuses vir die Springbokspan. Albei spelers het gesê hulle gaan hul loopbane oorsee voortsit omdat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) voete gesleep het met hul kontrakte.

In Serfontein se geval is sy drieledige kontrak (tussen homself, die Bulls en Saru) tot 2019 hernieu, maar volgens hom is dit te laat en is hy na alle waarskynlikheid op pad na Montpellier (wat 14 ander Suid-Afrikaners in sy groep het), Toulon of die Northampton Saints, waar dit ook wemel van oorsese spelers.

Reinach moes glo maande wag voordat daar met hom gekommunikeer is. Net soos Serfontein kla hy ook oor werksekerheid. Werklik? Wat van al die ander redes?

ʼn Saak het altyd twee kante, maar tot dusver was Saru nog tjoepstil, en dit laat jou dink.

Is Saru se nuwe beleid dat spelers wat minder as 30 toetse gespeel het en oorsee speel nie vir die Bokke oorweeg sal word nie, werklik ʼn afskrikmiddel?

Het dit Serfontein, Reinach en Kebble en twee keer laat dink? Nee.

Al die spelers is nog in die fleur van hul loopbane. Serfontein en Kebble is albei net 24 jaar oud, De Klerk is 25 en Reinach 27.

Serfontein het reeds in 26 toetse gespeel, De Klerk in 11 en Reinach in 9. Kebble, wie se pa Guy in 1993/’94 in vier toetse vir die Bokke gespeel het, was geoormerk om eendag ook vir die Bokke te spel.

Kan SA rugby dit bekostig?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Speedguard ·

Voorspoed Jan, die beste besluit wat jy kon neem , gaan speel en verdien terwyl jy kan , hier is ongelukkig GEEN toekoms in SA Rugby nie, ek sal jou dophou !

SPEEDGUARD ·

Jammer nie die hele berig gelees nie, Voorspoed aan AL die ouens wat waai, gaan vedien soveel julle kan SARU gaan julle buitendien onder die gat skop !

Douw ·

Ek dien SARU behoort baie dankbaar te wees dat die 3 spelers verkas.

Nou kan die kwota spelers dalk plek op meriete kry as die kwaliteit spelers bly wegtrek.

Stephanus ·

Sterkte Jan, hier in SA is daar in elk geval geen toekoms vir jou nie, kwotas kan jou uit die span hou, al is jy die beste!!

Pietman ·

Jaco Reinach?? was ‘n goeie vleuel maar reeds oorlede. Sy seun Cobus waarskynlik oppad oorsee.

Janie Monsieur ·

Dagsê Pietman,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Chris ·

Ek het in 1998/99 ‘n voorspelling gewaag dat ons rugby op ‘n krisis afstuur. Die vraag kom by my op aan wie behoort die Springbok embleem, maw vir wie speel die span, vir die land of die handelsmerk. Die gedagte/idee het al by my opgekom. Stel ‘n span van spelers wat in die buiteland speel op. Laat hulle as ‘n maatskappy in ‘n “vriendelike” land waar daar nie rugby gespeel word onder die Springbok handelsmerk registreer. Die regime wil mos van die embleem ontslae raak. Laat die span internasionale wedstryde speel en as die Springbokke in die wêreldbeker kompetisie speel. Ek stel voor lande soos Switserland, Oostenryk of Hongarye. Dit is redelik sentraal geleë en is die logistiek uitdagings nie onoorkombaar nie. Ons span wat tans gekies word, word met agterdog bejeën en sal die ondersteuningsbasis beslis verder afname toon. Klink makliker gesê as gedaan, maar waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Raak ook ontslae van die SARU struktuur waarvan nie een van die persone wat daar werk klink vir my al ooit in ‘n rugbywedstryd gespeel het nie. Daar is te veel agterryers, meelopers, kripvreters en opportuniste wat daar rondhang.

Pietman ·

Dink nie dit sal ooit gebeur nie. Maar ek stem saam , verwyder die Springbok. Suid-Afrika gaan maar net ‘n voedingsbron word vir oorsese klubs, is al klaar. Ek dink ‘n etniese Afrikaner span soortegelyk aan die Maoris sal baie belangstelling en geld lok. Sal ongelukkig nie in SA kan speel nie want ‘n liefde vir jou eie is mos ‘n misdaad vir blankes. Hier is heelwat haat, jaloesie en afguns teenoor die Afrikaner.

Japie ·

Serfontein het reeds in 26 toetse gespeel.

na 26 toetse mies jy mos al darem n gevestigde wereldster gewees het.

watter waarde het Serfontein al toegevoeg. Hoeveel toetse teen die topspanne het hy ge prestreer. hy het baie anders spelers uit gehou wat baie as hy was en is.

Heyneke Meyer het mos sy witbroodjies gehad.

Totsiens Jan.

Dries ·

Regtig, Japie?

Serfontein was in 2012 deur ‘n paneel van internasionale kenners as die beste Junior (o.20) rugbyspeler op die planeet aangewys!

Hy was een van die sterre in die laaste toets waarin die Bokke die All Blacks kon klop (2014). Hy het Francois Hougaard se puik drie gemaak.

Bokke se destydse verdedigings afrigter (John McFarland) is in die media aangehaal waar hy sê dat ons nie besef watter waarde Jan op die verdediging het nie. In een toets teen die All Blacks het hy 20 van die Bokke se 100 laagvatte (dus man-alleen 20%) uitgevoer en dat hy die hoogste suksesratio op die verdediging het.

Serfontein se flair is egter vernietig deur die Bulls (Frans Ludeke) en sy jong lyf is afgetakel deur al die kontak.

André Markgraaf het onlangs as openbare spreker opgetree en aan sy gehoor vertel dat die vernietiging van Serfontein se natuurlike vermoëns een van die tragedies van hedendaagse Suid-Afrikaanse rugby is. Volgens Markgraaf (wat weet waarvan hy praat) is Serfontein die mees talentvolle rugbyspeler wat hy ooit as skoolseun in aksie gesien het.

Jou opmerking oor die spelers wat hy sou uithou wat glo beter as hy is verraai jou onkunde. Die enigste ander senter wat naby hom kom is Rohan Janse van Rensburg. Die verskil is, wat Jan al van verdediging vergeet het, moet Rohan nog leer…

Hou gerus Serfontein se loopbaan dop. Hy gaan ‘n sensasie wees in Europa, want daar sal hy toegelaat word om sy natuurilks spel te speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.