Só het “transformasie” SA rugby verswak

Springbokke_vs_AllBlacks_Ellispark_Skare_GBJordaan_001.jpg

(Foto: GB Jordaan)

Deur Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum

Sosiale media het dié naweek behoorlik gegons ná die Springbokke se skoknederlaag op hul tuisveld teen veertien spelers van die beseringgeteisterde Ierse rugbyspan. Ekself het dit nodig geag om Fikile Mbalula, die minister van sport, op Twitter daarop te wys het dat politieke inmenging in rugby onafwendbaar tot skoknederlae sal lei.

Die reaksie van die selfaangestelde waghonde vir politieke korrektheid op my twiet was voorspelbaar. Daar was natuurlik die valse beskuldiging dat ek ’n rassis is wat glo dat sogenaamde wit spelers altyd inherent beter is as sogenaamde swart spelers. Wat ek nie verwag het nie is dat daar selfs ’n paar Afrikaanse joernaliste – wat nie veronderstel is om hulself aan lui denke skuldig te maak nie – was wat in hul poging om “transformasie” te beskerm my daarop gewys het dat baie van die wit spelers Saterdag swak gespeel het en dat dit ’n oorwegend wit span was wat verlede jaar geskiedenis gemaak het deur die eerste keer teen Argentinië te verloor. Hieroor is hulle uiteraard reg, maar hulle mis die punt van my argument.

My standpunt dat “transformasie” SA rugby die afgelope paar jaar stelselmatig verswak het, is nie ’n vingerwysing na enige afrigter of speler – swart óf wit – nie. Dit is eerder ’n vingerwysing na ruggraatlose rugbybase wat toegelaat het dat die gehalte van SA rugby verswak deur onder meer Mbalula toe te laat om ’n politiesgedrewe rassekwotabeleid onder die dekmantel van “transformasie” op SA rugby af te dwing. Wanneer Mbalula sê “Spring!”, dan vra die rugbybase skynbaar hóé hoog hulle moet spring.

Dié rugbybase het skynbaar nie agtergekom dat die woord “transformasie” nie in die Suid-Afrikaanse Grondwet voorkom nie. Ook nie dat “transformasie” intussen in ’n kodewoord ontaard het waarmee die ANC deur rasgedrewe sosiale ingenieurswese poog om beheer oor elke terrein in ons samelewing te verkry nie.

AfriForum is ten gunste daarvan dat elke kind in hierdie land, swart én wit, blootstelling aan sport en toegang tot afrigting en fasiliteite moet hê. Die feit dat 80% van Suid-Afrikaanse skole tans egter wanfunksionerend is, is die belangrikste rede waarom nie almal dié geleenthede kry nie. Die regering se onvermoë om skole reg te ruk, word nou verdoesel deur die probleem elders te soek en met kunsmatige stappe soos die afdwing van kwotas te probeer regruk.

Dié kwotabeleid – wat onder die dekmantel van transformasie op rugbyspanne selfs op skolevlak afgedwing word – verswak SA rugby struktureel. My argument is soos volg: Om ’n speler wat die potensiaal toon tot een van die wêreld se beste spelers in sy posisie te ontwikkel, moet dié speler se spel ontwikkel word deur hom in en teen die beste moontlike spanne te laat speel. Sowel wit as swart spelers word die beste as hulle saam met en teen die bestes speel. Deur in provinsiale skoletoernooie met meriete weg te doen ten gunste van ’n kwotabeleid, word die gehalte van die spel wat daar gespeel word onafwendbaar verswak. Die polities korrektes kan ontspan: Ek bedoel nie dat swart spelers ’n span verswak nie; inteendeel, daar is briljante swart spelers wat hul plek in spanne verdien. Wat ’n span wel verswak, is wanneer die rassepolisie – wat sommige rugbybase en politici insluit – ten alle koste ’n rassekwota wil afdwing deur spelers te kies wat op meriete alleen nie die span sou haal nie.

Die kwotabeleid verswak SA rugby verder deurdat heelwat wit spelers wat die potensiaal het eerder hul heil in die buiteland loop soek of ná hul skoolloopbaan heeltemal ophou rugby speel – of in ander gevalle selfs gedwing word om ’n ander posisie te speel om hulle kanse te verbeter om gekies te word. ’n Mens moet ook simpatie hê met talentvolle swart spelers wat nou slegs as kwotaspelers gebrandmerk word.

Soos die gehalte van die spel plaaslik afneem weens die aandrang op rassekwotas deur Mbalula en sy mede rasideoloë in rugbybesture, sal SA rugby (en natuurlik ander sportsoorte ook) toenemend sukkel om internasionaal kompeterend te wees. Die tekens is reeds daar dat ons begin het om dié punt te bereik.

Wat eerskomende Saterdag se wedstryd tussen die Springbokke en Ierland betref, wens ek Allister Coetzee en sy spelers, wit én swart, alle sterkte toe. Dit is nie hulle skuld dat ons sport die slagoffer van politiek geword het nie. Ek hoop hulle wen – net soos ek hoop dat die waghonde vir politieke korrektheid nie ‘n moontlike oorwinning sal gebruik om voor te gee dat alles nou weer wel is in SA rugby nie. Alles is nié wel nie.

Elke ware sportliefhebber moet nou doen wat hulle kan om ons sport te normaliseer en van die nadelige kwotabeleid te red. Dit is juis om hierdie rede dat AfriForum en Solidariteit nou gesamentlik ’n “Nee vir kwotas”-veldtog van stapel gestuur het wat onder meer behels dat die kwotabeleid in die Suid-Afrikaanse arbeidshof en by internasionale sportliggame en die Verenigde Nasies beveg gaan word. (Lees meer oor die veldtog) 

Solank as wat jongmense se sportdrome deur politici se rasbeheptheid vernietig word, het ons elkeen ’n verantwoordelikheid om nee te sê vir kwotas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rupert Ashford ·

Kyk na die krieketspan. 4 goeie kolwers. As Suid Afrika 4 paaltjies plat is, is enige noemenswaardige kolfvertoning gewoonlik verby. Soms is daar vloekskote maar nommers 5 en 6 is maar erg middematige kolwers waarop jy nie kan reken nie.

Sorika ·

Kallie so bek kort jam! Ek ondersteun julle veldtog 100%. My seuntjie is Graad 2 en hulle hele rugby spannetjie wit en swart is lief vir rugby en doen so goed en wen meeste van die tye. Dit gaan hardverskeurend wees as daar uitsonderings gemaak gaan word oor vel kleur as hulle ouer is. Nee ons wil regtig nie die Springbok naam verander na Bafana Bafana toe nie! Go bokke almal wit en swart doen dit Saterdag vir SA!!!! POLITICI HOU BY JULLE WERK ASB EN LOS DIE SPORT VIR MENSE WAT GEKWALIFISEERD IS, GENOEG IS NOU GENOEG!!!!

Andre ·

Al die rugby ondersteuners moet privatiseer deur ‘n vrye organisasie te stig as opposisie vir SARU.
Neem die Springbok embleem saam en los die RSA vlag by Saru.
Streeksklubs vir senior en junior spelers affillieer dan by Springbok Rugby ,,, en los Mbalula en SARU se soustrein ryers om te gaan swart spelers soek in die townships om hulle minderwaardige rugbyspanne vol te maak.

Die borge sal toustaan om Springbok Rugby te borg omdat net die beste daarin sal gekies word.

Rugby het nie vir Mbalula en gespuis nodig nie.

CAREL NEL ·

Ek voel net dat dit onregverdig is teenoor n swart rugby speler indien hy die springbokspan of enige ander rugby span haal bloot op grond van sy vel kleur en nie op meriete nie en ek ks bevrees dat dit ons sport kan beinvloed , ek is in SAPS en glad nie n rassis nie , in teen deel glo ek ook baie sterk daaraan dat alle spelers n geleentheid moet kry ongeag watter vel kleur hy is maar hoe kry Kolisi plek in springbok los trio bo n speler soos Jaco Kriel ,die minister van sport het hese dat ons nie weer groot toernoeie mag aanbied ni voor ons transformasie reg gekry het nie maar die mister het van 4 sport kode gepraat maar hy het een sport kode uitgelos en dit is die Suid Afrikaanse sokker federasie , hoekom moet al die sport koder in SA getransformeer word maar soccer hoef nie getransformeer te word nie , dit is ook asof daar dubblel standaarde gestel word.

Carel Nel ·

die spanne reggoor al die sport kodes in Suid Afrika moet op meriete gekies word en nie op vel kleur nie . Daar is genoeg ander kleurige spelers om Suid Afrika te kan verteenwoordig op alle vlakke en ons kan ook mededingend wees maar kies die spanne asb op meriete. Go Bokke!!!

Josua Keys ·

Dit is die ANC se hoofdoel om Suid Afrikaanse Rugby te verwoes en gebruik hul eie mense om dit te doen. Die witman het Rugby in Suid Afrika bevorder tot die nomer een status op die wereld ranglys, politisie(ANC) het dit verwoes tot Rommel status. Chester Williams, Errol Thubais, Breyton Polse is witmans in my oë en het verdien om die groen en goud te dra JP Pieterson, Habana dieselfde maar het vorm verloor. As jy nie met dieselfde velkleur speler op vorm vervang kan word nie moet die witspeler(op vorm) dan speelkans kry en klaar, dit geld aan die witman se kant ook, die beste van die betse in daai posisie moet speel ongeag sy velkleur. Kom ons vervang Kasper Samenja met Piet Pompies wat nie eens 7de kan kom in die 800m nie en regverdig dit met “Transformasie” dan sien ons wat die sport base se optrede dan sal wees???? Of beter die ANC met die DA/ FV+ !!!!!!!!!

stephen ·

Minister Mbalula , hoekom word anderskleurige rugbyspelers nie deur buitewereld gekontrakteer nie ? Word daar ook teen hulle gediskriineer of is dit dat hulle nog nie goed genoeg is nie . Volgens berig in Raport is slegs 2 van die 35 wat in die buiteland wil gaan speel , nie wit nie . Watse dit vir jou . Julle is besig om die kar voor die perde in te span

Callie ·

En by dit alles loop paviljoene leeg. So hulle sal moet aandag gee aan kwota toeskouers want ons wat passievol is raak naar en gaan nie meer veld toe nie. Inteendeel teen die trant begin ek na goedkoper opsies op die TV programme kyk maar raai, Rugby is in nie een van die pakkette nie. Sal dus maar dalk die tv kyk ook los

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.