Heupbesering kan Faf op die kantlyn hou

Faf de Klerk. (Foto: AP Photo/Christophe Ena)

’n Moontlike heupoperasie kan beteken dat Faf de Klerk die Springbokke se toetswedstryde in Europa sal misloop.

Die blonde skrumskakel het aanvanklik sy heup in die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad beseer en hy het dit tydens die Rugbykampioenskap-wedstryde in Australië vererger.

Benewens sy Springbok-pligte kan De Klerk ook wedstryde vir die Sale Sharks in Engeland misloop.

Volgens Alex Sanderson, Sale se direkteur van rugby, word De Klerk se heupbuigspier-besering tans deur ’n spesialis ontleed om te bepaal of ’n operasie nodig is of nie.

“Daar is sprake dat hy vir ’n hele ruk op die kantlyn kan wees, maar ons het nog bevestiging nodig. Ons sal noodgedwonge vir die korrekte assessering moet wag, anders is dit net bangmaakstories.”

Sanderson sê die uitslae van die Springbok-speler se heupskandering is by ’n Londense spesialis en daar sal later oor die pad vorentoe besluit word – hetsy dit bloot rehabilitasiewerk of ’n operasie benodig.

Indien De Klerk wel vir ’n ruk nie die nommernegetrui oor sy kop sal kan trek nie, sal die Sharks sukkel om ’n speler te kry om sy skrumskakelskoene vol te staan.

“Hier is ongelukkig nie nog ’n speler van Faf se kaliber nie, maar dit help nie om die kar voor die perd in te span nie; dalk kan hy nog speel.”

Cobus Reinach of Herschel Jantjies sal die waarskynlike plaasvervangers wees as De Klerk nie vir die Springbok-toer beskikbaar sou wees nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mallie ·

Dit is nie skade nie. Laat hom kyk hoe word daar rugby gespeel, sonder n alewige geskop.

Harley Davidson ·

Ek kan nie glo die span word gesteun deur SA burgers nie ,hulle speel met n span wat die kwota sisteem gebaseer op velkleur onderskryf en as apartheid verkeerd was wat is dan die verskil hier.

Kirst ·

Jasper, jou kwota klaagliedere raak afgesaag. Hoekom lees jy dan alles oor die Springbokke as jy hulle nie ondersteun nie?

Harley Davidson ·

Ek neem dan aan jy ondersteun dus diskriminasie gebaseer op die kleur van jou vel,ek sal dit baklei soos die ANC apartheid beveg het.

piet ·

Ons is nie almal rassiste nie, ons ondersteun ons span met sy wit en swart spelers.

piet ·

As jy darem nie kan onderskei tussen Apartheid en ‘n sisteem van regstelling nie dan weet ek darem ook nie. Die slagoffer-mentaliteit. Foeitog.

Anoniem ·

Cobus Reinach is in ieder geval strate beter as Faf en Jantjies wat die nommer 1 en 2 skrumskakels is. Daar is waarskynlik beter provinsiale skrumskakels ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.