Heyneke kies Pollard teen All Blacks

Handre Pollard (Foto: bbc.co.uk)

Handre Pollard (Foto: bbc.co.uk)

Heyneke Meyer het verras met die insluiting van Handré Pollard op losskakel in die span wat Saterdag in Wellington teen die All Blacks speel. Pat Lambie is sy adjudant.

Dit is die enigste verandering aan die span, wat beteken dat Adriaan Strausss weer as haker bo Bismarck du Plessis verkies is en dat Ruan Pienaar Pollard se skumskakel is.

Morné Steyn is glad nie in die 23-tal nie.

Jean de Villiers sal die 34ste speler en die vyfde Springbok word wat 100 toetse speel. Twee van hulle – Matfield (114) en Habana (101) sal saam met hom op die veld wees.

John Smit (111) en Percy Montgomery (102) is die ander Springbokke met hierdie onderskeiding.

“Wanneer die groot name in sport genoem word, sal Jean s’n altyd onder hulle wees,” het Meyer gesê. “Hy is nie net ‘n uitstekende speler nie, maar ook een van die beste kapteins met wie ek al gewerk het.”

“Ons voel Handré beskik oor die regte vaardighede vir die manier waarop ons die wedstryd wil benader. Hy het goed gespeel in die drie toetse wat hy begin het.

“Ons weet watter foute ons verlede week gemaak het en het nou die geleentheid om dit teen die wêreld se beste span reg te stel,” het Meyer gesê.

Die span is: 15 Willie le Roux, 14 Cornal Hendricks, 13 Jan Serfontein, 12 Jean de Villiers (k), 11 Bryan Habana, 10 Handré Pollard, 9 Ruan Pienaar, 8 Duane Vermeulen, 7 Marcell Coetzee, 6 Francois Louw, 5 Victor Matfield, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Adriaan Strauss, 1 Tendai Mtawarira.
Bank:Merwe, 19 Lodewyk de Jager, 20 Warren Whiteley, 21 Francois Hougaard, 22 Pat Lambie, 23 Damian de Allende.

Saterdag om 09:35 in Wellington

Skeidsregter: Jérôme Garcès (Frankryk)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Conrad ·

Kan iemand daar buite vir my verduidelik hoekom Lambie nie geskies is nie. Het hy dan nie meer ervaring as Pollard nie?

Louis ·

Conrad, jammer om te sê ………… Pollard is `n Blou Bul ! (Onthou Meyer is `n Blou Bul), maar ek stem honderd persent saam met jou. Kyk, Pollard is goed, maar ek dink hulle gooi hom vir die wolwe teen die All Blacks. Na my mening moes Meyer vir Ruan Pienaar ook gedrop het ! Hy is hopeloos te stadig en hy kry ook nie sy agterlyn weg nie (Oeps …. ekskuus, nou onthou ek, dis nie nodig nie want ons speel mos skop rugby, nie hardloop rugby nie)

Nico ·

Ek is nie ‘n Blou bul ondersteuner nie, maar wat het Mone Steyn gedoen om na al die jare uitgegooi te word. Is dit nou weer “bou vir die wêreldbeker”? Maar nie teen die All Blacks in New Zeeland nie! Arme Gaffie du Toit het so wedstryd teen die All Blacks in New Zeeland gehad. Was dit nie ook sy laaste nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.