Heyneke kies Strauss, Serfontein vir toets

Adriaan Strauss

Adriaan Strauss

Die Springbokafrigter Heyneke Meyer het ses veranderinge gemaak aan die span wat in Salta teen Argentinië gesukkel het vir Saterdag se toets teen die Wallabies.

Victor Matfield is terug op slot saam met Eben Etzebeth, terwyl Lood de Jager op die bank is. Ruan Pienaar en Morné Steyn is die skakels en Jan Serfontein vervang Damian de Allende op buitesenter. Handré Pollard is glad nie in die groep nie en Pat Lambie verleen losskakel-dekking van die bank af.

Marcell Coetzee, wat teen Argentinië so `n impak van die bank af gemaak het, begin in die plek van Juan Smith.

Warren Whiteley is op die bank en kan dalk sy Springbokdebuut maak. Bryan Habana word die vierde Springbok wat in honderd toetse speel.

Die span is:

15-Willie le Roux; 14-Cornal Hendricks, 13-Jan Serfontein, 12-Jean de Villiers (k), 11-Bryan Habana, 10-Morne Steyn, 9-Ruan Pienaar, 8-Duane Vermeulen, 7-Marcell Coetzee, 6-Francois Louw, 5-Victor Matfield, 4-Eben Etzebeth, 3-Jannie du Plessis, 2-Adriaan Strauss, 1-Tendai Mtawarira

Bank: 16-Bismarck du Plessis, 17-Trevor Nyakane, 18-Marcel van der Merwe, 19-Lood de Jager, 20-Warren Whiteley, 21-Francois Hougaard, 22-Pat Lambie, 23-Damian de Allende

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.