Hier en daar skyn ʼn Supersport-ligstraal

Hier en daar het ʼn ligstraal in die afgelope weekronde van die Supersportreeks geskyn.

Veral Boland se manhaftige vertoning teen die Westelike Provinsie op Nuweland het ʼn skerp teenstelling gevorm met die bra saai verloop van die reeks tot dusver.

Hoewel die Streeptruie rustyd met 15-0 voor was, het die Wynboere indrukwekkend teruggeveg en kon die WP, danksy ʼn strafdoel, ʼn spannende wedstryd eers vier minute voor die einde met 23-21 beklink.

Daar was heelwat minder wegholoorwinnings as wat die eerste twee weekrondes die geval was.

In Windhoek het die Goue Leeus ʼn heel mededingende Welwitschaia-span met 45-35 oorwin (rustyd 26-21); op Kingspark, Durban, het die Sharks-vyftiental met 33-22 teen die Griffons gewen (rustyd 19-10); op Outenikwapark, George, het die Suidwestelike Distrikte vir Grens met 38-20 getroef (rustyd 17-3); en op Shimlapark, Bloemfontein, het die Vrystaat-vyftiental die Luiperds met 40-20 verslaan (14-10).

Die Blou Bulle-vyftiental het egter steeds daarin geslaag om die Valke in die Barnardstadion, Kempton Park, met 64-35 te oorrompel (rustyd 33-21).

Die puntemakers –

WP 23 (15) – Drieë: Herschel Jantjies (2), Edwill van der Merwe. Doelskop: Josh Stander. Strafdoele: Josh Stander (2).

Boland 21 (0) – Drieë: Ludio Williams, Jovelian de Koker, Valentino Wellman. Doelskoppe: Jacquin Jansen (3).

Welwitschias 35 (21) – Drieë: Darryl de la Harpe (2), Johan Tromp, Pieter Steenkamp, Leneve Damens. Doelskoppe: Pieter Steenkamp (4), Helarius Kisting.

Goue Leeus 45 (26) – Drieë: Ronald Brown, Wayne van der Bank, Bradley Thain (2), Pieter Jansen (2), Shaun Reynolds. Doelskoppe: Shaun Reynolds (5).

Sharks 33 (19) – Drieë: Jeremy Ward, Hyron Andrews, Leolin Zass, Garth April, Grant Williams. Doelskoppe: April (3), Danrich Visagie.

Griffons 22 (10) – Drieë: Gavin Annandale, Anrich Alberts, Cody-Anthony Basson, Neil Claassen. Doelskop: Jaun Kotzé.

SWD 38 (17) – Drieë: Teunis Nieuwoudt, Janneman Stander, Tyler Fisher (2), Leighton Eksteen. Doelskoppe: Divan Nel (5). Strafdoel: Divan Nel.

Grens 20 (3) – Drieë: Soso Xakalashe, Sowso Mqala. Doelskop: Bangi Kobese. Strafdoel: Bangi Kobese.

Vrystaat 40 (14) – Drieë: JP du Preez, Tertius Kruger, Darren Adonis, Daniël Maartens, Ayabonga Oliphant, Ruben de Haas. Doelskoppe: Ernst Stapleberg (5).

Luiperds 20 (10) – Drieë: Walt Steenkamp, Boela Venter. Doelskoppe: Schalk Hugo, DP de Lange. Strafdoele: Schalk Hugo (2).

Valke 33 (21) – Drieë: Lundi Ralarala, Ettienne Taljaard, Stokkies du Plessis, Jacques Alberts. Doelskoppe: Stokkies du Plessis (3), Errol Jaggers.

Blou Bulle 64 (35) – Drieë: Ulrich Beyers (3), Embrose Papier (3), Xolisa Guma, Matthys Basson, Corniel Els, Marius Verwey. Doelskoppe: Earll Douwrie (7).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.