Hier gaan ons al weer

Frans Steyn – oorweeg Allister Coetzee hom as losskakel? (Foto Twitter #Montpellier)

Die Bokke wat oorsee speel, was verlede jaar een van die Bok-afrigter, Allister Coetzee, se grootste hoofpyne, of só het hy altans gesê.

Nou is daar weer sprake dat hy Frans Steyn, Francois Hougaard, Bismarck du Plessis, Steven Kitshoff (hy keer darem binnekort na Suid-Afrika terug), Francois Louw en Duane Vermeulen by die Bokke gaan betrek.

Niemand betwis dié spelers se vermoë nie, niemand verkwalik hul besluit om hul brood en botter oorsee te gaan verdien nie, maar was hul insluiting nie van die struikelblokke in die Bokke se patetiese vertonings verlede jaar nie? Dink maar aan ʼn ingeoefende speelpatroon (was daar so iets?).

Kom ons gebruik Du Plessis en Steyn as voorbeeld. Hulle is van Montpellier se groot sterre in die Franse liga, hulle druk drieë by die dosyne, maar watter boodskap stuur dit aan Malcolm Marx en die jong losskakels en senters in Suid-Afrika uit?

Ons almal weet dat Marx die beste Suid-Afrikaanse haker in die Superreeks is (al dink die Kaap nie so nie), maar ons almal weet dat Bongi Mbonambi ook in die groep sal wees. Dit beteken dat Marx derde in die ry kan wees, om duiksakke vas te hou?

Montpellier, asook Toulon (Bryan Habana en Duane Vermeulen), sal na alle waarskynlikheid tot die uitspeelrondes van die Franse Top14-liga deurdring. Dit begin op 20 Mei en eindig eers op Sondag 4 Junie, slegs ses dae voor die eerste toets teen die Franse.

Dis een van die redes waarom Warren Whiteley, en nie Vermeulen nie, as kaptein gekies moet word. My standpunt was nog altyd dat die Bokkaptein in Suid-Afrika moet speel en bly, want sy leierskaprol en verpligtinge strek veel verder as ʼn week voor ʼn toets.

Daar is ook sprake dat Coetzee vir Vermeulen as flank wil gebruik, maar ten koste van wie?

Siya Kolisi en Sikumbuzo Notshe, wat tot dusver uithalerspel vir die Stormers gelewer het, sal na alle waarskynlikheid in die Bok-groep wees. Jaco Kriel, Oupa Mohoje, Jannes Kirsten, Jean-Luc du Preez, Chris Cloete en Uzair Cassiem is ook nog daar, maar as Vermeulen en Louw gekies word,  is die bus byna vol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nico ·

Ek sê weer as daar net 1 gierige huursoldaat in die groep is ondersteun ek vanjaar maar weer die oppnente!!!

Louis ·

As net plaaslike spelers gekies gaan word wag daar groot pak slae opdie bokke, kyk hoe pateties is ons superrugby spanne!!!

Douw ·

Allister Coetzee moet die span kies:
15. Leyds
14. Ulengo/Kolbe
13. Mnisi
12. Mapoe
11. Travis Ismael
10. Jantjes
9. Paige
8. Notshe
7. Mohoje
6. Kolisi (K)
5. du Toit
4. Etzebeth
3. Njakane
2. Bongi
1. Beast

Sodoende is die kwotas aangespreek, regstellende teikens bereik en kan hy met die ouens bou vir die wereldbeker wat voorle.

smirre ·

Hoe bedoel jy nou Johan? Dalk het Douw ‘n punt beet. Dit lyk of SA Rugby se belang eerste gestel word…..

Veritas ·

Om ‘n span te bou is dieselfde as om ‘n huis te bou. Jy het goeie materiaal nodig om ‘n sterk span te bou. As dié ons beste spelers is, sien ek groot hartseer voorlê.

Nee wat! ·

Presies soos jy hom daar het!
Dis hul plan om net een of twee blankes te speel in die nabye toekoms in elk geval, soos alles word die blanke maar net eenvoudig stilweg opsy gevee in Suid Afrika!
So snaaks maar so waar!
Rugby in Suid Afrika SAL nooit ooit weer n krag wees nie, die arrogante all blacks van NZ sal binnekort se dis nie meer hul tyd werd om teen Suid Afrika te speel nie, so verswak het die “proteas2′ al geword!
Kyk maar na die sokker in PRSA ,”piesang republiek suid afrika en hoe wel die gaan en die is wel n sport wat hul speel!
Dankie anc en jul beleid, dankie ac ,dankie fikile nou minister van polisie ne!gmpff asb tog nogmaals dankie dat jul als opgedons het wat eens genotvol was vir die blanke en tot jul standaard afgetrek het,baie baie dankie hoor!

Kobus ·

Wat van Bakkies, Matfield hy sal weer n comeback maak en dan is daar n hele paar manne wat meskien sal belangstel. Hulle sal nie wil want wie wil in elkgeval vir n verloorspan speel en hoor my ons. gaan veloor !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.