Hier is Maroela se Springbok van die Wêreldbeker-toernooi!

Faf de Klerk vier fees ná die Springbokke met Engeland afgereken het (2 November 2019) (Foto: AP Photo/Christophe Ena)

Maroela Media se Springbokspeler van die Rugbywêreldbekertoernooi 2019 is pas aangekondig.

Die Springbokke het as oorwinnaars uit die stryd getree toe hulle met Engeland in die eindstryd afgereken het.

Kaptein Siya Kolisi het Maandag alle Suid-Afrikaners bedank wat die afgelope week in hul derduisende opgedaag het om die Springbokke met hul Rugbywêreldbeker-sege geluk te wens. Die span het verlede Dinsdag uit Japan teruggekeer en die afgelope paar dae Pretoria, Johannesburg, Soweto, Durban, Oos-Londen, Port Elizabeth en Kaapstad besoek as deel van hul Trofeetoer.

“Die afgelope week was waarskynlik een van die beste in my lewe en ek praat namens al my spanmaats en die bestuur as ek sê dat die ondersteuning wat ons gekry het niks anders as merkwaardig en ongelooflik was nie,” het Kolisi gesê.

Ons wou by Maroela weet wie hul gunstelingspeler was van die toernooi en Faf de Klerk het die septer geswaai. Hy het Cheslin Kolbe, Duane Vermeulen en Handré Pollard net-net geklop.

Die Springbokke is amptelik as Wêreldrugby se span van die jaar aangewys en Rassie Erasmus het die toekenning vir breier van die jaar ontvang. Pieter-Steph du Toit, Springbok-flank, is aangewys as die rugbyspeler van die jaar, met sy meer as 50 duikslae tydens die toernooi. Hy is soms beskryf as die “hart en siel van die Bokke se enjinkamer”. Die Bok-vleuel Cheslin Kolbe is aanvanklik ook vir dié prys benoem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ruan ·

Almal het Faf gekritiseer tuidens die wêreld beker toernooi en nou dat ons die trofee lig nou is hy op almal se lippe. Hy bly ‘n goeie speler. Die mense wat so kritiek gelewer het moet net stil bly want die gameplan wat hy net gevlog het het gewerk. Well done manne. Ek het nog al vir julle geskree en net partykeer op julle. #Salute

bokke ·

Uiters vreemd. Hy was definitief dié speler wat die meeste kritiek gekry het as gevolg van sy skoppery. Maar toe ons wen, toe is alles oukei. LOL

AndrewL ·

Ag bokke, toe ons wen het hy ook minder geskop en gehelp om Engeland deurmekaar te speel. Lollies vir jou.

hercu ·

baie geluk Faf!! julle is ysters!!

Duane Vermeulen (@custom08) bly egter my gunsteling rugbyspeler!!

Werner ·

Gaan kyk na ou videos van Faf se tyd by die Leeus. Briljante speler!

Grethc ·

Gelukkig het die wat werklik iets weet van rugby vir Pieter-Steph as Speler van die Jaar aangewys. Hy, Duanne, die SA voorrye ( al ses), Pollard, en nog een of twee is myle beter as Faf

bokke ·

As ons minder teen Wallis geskop het en meer aanvallend gespeel het, sou ons daai wedstryd op ‘n drafstap gewen het in plaas van die broekskeur affêre met die skoppery. Genadiglik het Rassie besef ons gaan nie so teen Engeland wen nie en is daar baie minder geskop en baie meer aangeval in die finaal.

Swartwolf ·

Niks vreemd aan die benoeming nie en welverdiend, sy algemene spel insluitende verdediging was fantasties. Gelukkig word van die regte spelers erken, Faf saam met Pieter Steph en Duane was van die mees uitstaande bokke en word deur meeste rugby kenners ingesluit in hul span van die toernooi. En Rassie was absoluut briljant hoe hy Eddie Jones takties uitoorle het in die finaal met ‘n verskillende wedstrydplan. Faf het sy naam gemaak op die internasionale verhoog.

Niklaas ·

Ja, ek was deurgans met Faf se spel beïndruk en was verbaas oor die honderde “kenners” se Facebook aanvalle oor sy geskop (“box kicks”). Daar was letterlik ‘n dosyn of meer WA grappe oor hom en Willie . Maar die geskop was Rassie se instruksies en als het toe mooi uitgewerk op die ou end. Rassie weet meer van rugby af as wat ons eintlik besef. En die beker is die bewys.

Lou ·

Geluk Faf maar ek sou vir Duane Vermeulen gestem het. Sy bydrae is nie altyd so sigbaar en op die voorgrond soos ‘n Faf of Handre nie maar hy speel sy hart uit in elke game en gee alles. Dit is die tipe ou wat jy saam vat oorlog toe.

TwaalfBoor ·

@Lou
Die meerderheid het gestem vir Faf. As jy “sou” gestem het, “sou” Faf nogsteeds met die toekening weg gestap het.

bokke ·

My keuse sou tussen Kolbe, PSDT of De Allende gewees het met Kolbe die wenner.

Swartwolf ·

Great vir jou gelukkig het PSDT internasionale spelers van die jaar gewen, Faf die Maroela survey as bok van die toernooi gewen, en Duane die man of the match in die finaal. Presies soos dit moes wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.