Dit is ongewoon om onder die afrigting van Allister Coetzee twee weke na mekaar feitlik dieselfde Springbokfoto te kan plaas.
Hierdie foto van die Bokke is Vrydagoggend in Durban geneem met net twee nuwe gesigte in die groep. Dit is die voormalige Springbokkaptein, Gary Teichmann, wat nou ook die Sharks se uitvoerende hoof is en wat die tradisionele oorhandiging van die truie aan die span behartig het.
Teichmann staan in die middel van die foto.
Die ander verandering op die foto is natuurlik Lionel Mapoe wat die beseerde Jesse Kriel vervang.
♦ Die Franse en die Springbokke het in ses toetse in Durban kragte gemeet.
Dit was met die uitsondering van die eerste van hierdie toetse, in 1967 toe die Springbokke met 26-3 gewen het nie, altyd taai kragmetings. Drie keer het die twee spanne in Durban gelykop gespeel terwyl die Bokke in die ander twee toetse daar net met 19-15 en 20-15 gewen het.
Eks bevrees die Franse beplan ‘n hinderlaag. Die Leeu agterspelers wen net met ‘n pak wat vorentoe gaan. Verkeerde stutte ( die Beast en Coenie hoort nie hier nie) en geen baljagter flanke gaan ons kos.
Die kwota span dink ek gaan pak kry teen die franse , waar is combrinck ,kitzhoff , kriel, du Preez , nee wat bokke,hou vetby
Eish! En toe bewys hierdie “kwota span” hoe min jy (en Deon Olivier) eintlik van rugby af weet.. en ja, seker was die beste speler op die veld ook seker ‘n “kwota” speler..