Hierdie Kings gaan nog ʼn paar spanne laat les opsê

Die ou afgesaagde uitdrukking is “so naby, maar tog so ver”. En dit is seker hoe die Southern Kings Saterdagmiddag gevoel het.

Hulle het in die Wolfsonstadion in Port Elizabeth, waar die verwagte groot skare toe nie opgedaag het nie, hul eerste twee punte op die Pro14-puntelys verdien, hoewel Ulster hulle met 43-36 geklop het.

Dit was seker ʼn lekker wedstryd, want die twee spanne het saam 12 drieë gedruk: die Iere sewe, en Schalk Ferreira se span vyf. Maar dan moet jy byvoeg dat die verdediging, veral dié van die Kings wanneer die bal wyd gespeel is, en ook hul talle aanslane wanneer hulle in besit was, afbreek aan die wedstryd as geheel en veral hul wenkanse gedoen het.

Die Kings was rustyd met 22-10 voor, maar het toe ná rustyd nog meer verbroude duikslae gehad.

Die gevolg is dat Ulster in die tweede helfte 33 punte (vyf drieë) teenoor net 14 aangeteken het.

Maar kom ons fokus op die Kings se grootste enkele sterkpunt: hulle het gespeel om te wen. Daar was trots, doelgerigtheid en soms desperate keerwerk op hul eie doellyn wanneer die bresse egter reeds deur Ulster van omkeerbesit geslaan was.

Die Kings se skrum was stewig, en veral Bobby de Wee het in die lynstane die oog gevang met suiwer springwerk wat ook ʼn bal of twee van die teenstanders se ingooi gewen het.

ʼn Baie sterk wind, en ʼn klipharde veld waar die bal saam met die wind na die smaak van die skopper soms te veel gerol het, het sake vir die spelers bemoeilik.

Ter opsomming: dit was ʼn ander Kingsspan hierdie as wat van die een neerlaag na die ander gestrompel het. Daar is nog heelwat werk wat wag, maar as hulle hierop kan voortbou, gaan ʼn span of twee nog hul rieme in die oorblywende 13 wedstryde styfloop.

En Ulster het net eenvoudig te veel ervaring en afronding gehad en hul kanse beter gebruik.

Puntemakers –

Southern Kings (22) 36:  Berton Klaasen 2, Yaw Penxe 2, Michael Makase. Doelskoppe: Oliver Zono 4. Strafdoele: Zono.
Ulster (10) 43: Drieë: Sean Reidy, John Andrew 2, John Cooney, Andrew Trimble, Clive Ross, Robbie Diack. Doelskoppe: Cooney 2, Christian Lealiifano 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

dries du toit ·

Ek sien die eksperiment om die wedstryd weg te vat van die groot stadion na n kleintjie in Zwide het toe jammerlik misluk. Dié was selfs nog leër as die Nelson Mandela stadion. Aanvaar die werklikheid mense. Rugby word NIE deur ons land se meerderheid inwoners ondersteun nie,al gee julle die kaartjies verniet weg.Vergeet van transformasie,op grondvlak stel hulle nie belang nie. Dis net die politici wat als wil wegvat van witmense. So whe!!!!!

Sjo.. ·

Jip dit is soos jy se, hul gee nie om nie maar krap die witnan om dan is hul ok tevrede….so eenviydig soos dit!

Ben ·

Nou hoe dan? Hulle het dan nog nie eers een wedstryd gewen nie en speel nie eers in die Curriebeker nie.Wie gaan hulle laat les opse die Boland of SWD? Hulle hoort nie in die Pro 14 nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.