Hierdie Maroela-lesers gaan in Japan rugby kyk!

Die groot gewag is vir eers verby en daar is vier rugby-fynproewers wat nou die geleentheid het om die Springbokke se openingswedstryd eerstehands in Japan te beleef.

Nicole Retief van Pretoria, Eben Olivier van Brackenfell, Rika Nel van Durbanville en Martin Terblanche van Pretoria is Donderdag as die wenners van Maroela Media en Virseker se “Wen rugbykaartjies na Japan”-kompetisie aangewys.

Hulle wen elkeen ʼn dubbelkaartjie na Japan om die wedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu‑Seeland op 21 September vanjaar te gaan kyk. Die wedstryd vind op die Internasionale Stadion in Yokohama, Japan, plaas.

Die prys ter waarde van R80 000 sluit in:

  • Retoerkaartjies na en van Japan
  • 4 nagte se verblyf in ʼn hotel wat sentraal in Tokio geleë is
  • Ontbyt daagliks
  • Vervoer in ʼn bus: Lughawe/hotel/stadion/hotel/lughawe
  • Twee wedstrydkaartjies vir die Poel B‑wedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland by die Yokohama-stadion
  • Reisversekering
  • Logistieke ondersteuning deur ʼn SA Rugby‑verteenwoordiger

 

  • Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk., ’n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354). Enige verwysing na “ons”, “met” en “deur” verwys na Auto & General.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.