Highlanders mors ook met SA se naasbestes

Die Stormers het Vrydagoggend in Dunedin weer ʼn vyftigtal afgestaan ná verlede week se drag slae teen die Crusaders, en het teen die Highlanders met 14-57 hulle derde opeenvolgende wedstryd verloor.

Die Highlanders het nege drieë, een meer as die Crusaders se agt, teen die Stormers gedruk en ook verder gewen. Suid-Afrika se naasbeste span het nou 17 drieë in hulle twee toerwedstryde afgestaan, self net vyf gedruk en het in die twee wedstryde 113 punte afgestaan en net 35 aangeteken.

Dit was die Stormers se agtste opeenvolgende neerlaag in Nieu-Seeland sedert hulle in 2013 laas daar kon wen.

Dit is ʼn harde stelling om te maak, maar die Stormers se spel was Vrydag plek-plek skokkend.

Die Stormers se agterlyn het dikwels op die aanval van die afbreekpunte af op ʼn bondel gestaan. Wydte was dus nie ʼn opsie nie, hoewel daar aan die begin van die wedstryd tóg ʼn paar gevalle was waar Siya Kolisi, Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit aan die buitekant veld met hul hardloopwerk help wen het.

Daar was later egter te veel gevalle dat die bal vervaard uitgegee is, moontlik in ʼn poging om ook te probeer hardloop. Hanteerfoute, vang én uitgee, en swak opsies het enige aspirasies in dié verband gekelder.

Op die verdediging was die handspoed en rigtingverandering, ook die opsies, van die wenspan net een te veel vir die Kapenaars.

ʼn Mens kan ʼn klomp goed van die wedstryd sê, waarvan die belangrikste die verskil in vaardigheidsvlakke, ondersteuning en ywer was – ywer omdat die Highlanders werklik die spreekwoordelike ‘honger’ gehad het vir enige bal wat rondgelê het.

Omkeerbesit was ook ʼn probleem. By die losskrums was die 19 keer wat die Stormers besit afgestaan het, ʼn doodsteek. En dan praat jy nie eens van die halfhartige verdediging nie.

Pluspunte was die volgehoue goeie spel deur Jano Vermaak, en SP Marais, asook die twee Springbokslotte, Pieter-Steph du Toit op flank en Eben Etzebeth wat die bal goed gedra het.

Aanstaande Vrydag speel die Stormers hulle laaste wedstryd teen die verdedigende kampioen, die Hurricanes. Robbie Fleck en sy afrigtingspan het in die komende week heelwat om reg te maak.

Puntemakers –

Highlanders (31) 57: Drieë: Patrick Osborne 2, Waisake Naholo 2, Liam Squire, Rob Thompson, Dillon Hunt, Greg Pleasants-Tate, Matt Faddes. Doelskoppe: Marty Banks 6.
Stormers (7) 14: Drieë: Carr, Duvenage. Doelskoppe: Robert du Preez 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frans C ·

Dit was werklik naar om te sien hoe daar met die Stormers gemors is en hoe laag die vaardigheidsvlakke tans is.Dit voorspel niks goed vir Springbokrugby nie.

What a joke! ·

Ag asb Frans die bokke is lankal in hul kanon in na die kwota fiasko! Die spel van die stormpies wys maar net die begin van die siekte kanker!Maar dis wat Afrika wil he en dis wat Afrika kry…..rommel status!

What a joke! ·

Bwaaahahaaaha hhhaaaaaa haaa ja stormers mooi man kry vir jul!!!! Jul mos altyd so gou om die bulle af te kraak, mees van jul kaapse ondersteuners skreeu mos vir die all blacks wanneer hul teen die blesbokkies speel, verwag niks maar niks simpatie nie!

Nico K ·

Ek stem saam met Frans. Ek weet nie hoe die NZ spanne dit regkry om balle wild rond te gooi en daar is net elke keer iemand wat raakvat. Die Stormers het dit ook probeer en meeste van die tyd was daar niemand (behalwe partykeer iemand van die ander span) wat die bal gevang het nie.

Louis strydom ·

Dit verbaas my dat du toit en etsebet hulle lywe kan rondgooi teen sa spanne maar soos twee mak lammetjies is teen die NZeelanders SA rugby is verby kyk maar na die kwotas, afrigters en hoekom ons seker 3 bok spanne uit europa se spanne kan kies en die uit tog het nog nie begin SO AANVAAR MAAR N 5 DE RANGE’SE BOKSPAN WAT DIE PROTEAS IS NIKS MERIETE NIE EN POLITIES EN KLEUR AANVAARBAAR DINK MAAR NET AAN BANANNA BANANNA SORRY BAFANA

Leeu ·

Hoekom boo n wp supporter so bja? Want hy het nie voor tande om te vluit nie dis vir all die kapenaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.