Highlanders trap Sunwolves se tjank af

Die Highlanders het die Sunwolves 52 – 0 ore aangesit. (Foto: Investec Super Rugby Facebook-blad)

Vier drieë binne die eerste twintig minute van die spel het die pad na ’n spoggerige Highlanders-sege oor die Sunwolves geteer.

Die Nieu-Seelandse span het uiteindelik 52 – 0 gewen.

Tom Franklin, Tyrel Lomax, Tevita Li (sommer twee keer), Josh Ioane, Liam Coltman, Rob Thompson en Sio Tomkinson het vir die drieë gesorg en die Sunwolves is sommer uit die staanspoor vinnig en hard geslaan: ’n blitzkrieg op die rugbyveld.

Die Sunwolves het hopeloos te veel foute gemaak en was nooit ’n faktor in die wedstryd nie.

Die uitslag bring mee dat die Highlanders nou derde op die Nieu-Seelandse punteleer met 23 punte ná hul tien wedstryde is.

Daarteenoor is die Japannese laaste in die Australiese afdeling. Elke span het ’n swak dag, maar ʼn mens kon dalk vandag gesien het waarom hulle eersdaags uit die reeks geskop gaan word – die Highlanders het agt drieë teen die vuisvoos Sunwolves gedruk.

Puntemakers:

Highlanders 52 (33): Drieë: Tom Franklin, Tyrel Lomax, Tevita Li (2), Josh Ioane, Liam Coltman, Rob Thompson, Sio Tomkinson. Doelskoppe: Josh Loane (6).

Sunwolves 0 (0)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.