Hittete vir twee spanne op veld én punteleer

Die naelbytstryd tussen die Cheetahs en die Sharks om die eerste plek op die Curriebeker-punteleer duur voort, maar dit was Saterdag so hittete of albei het slae gekry.

Slegs ʼn drie deur Sergeal Petersen in die 80ste minuut van die kragmeting tussen die Cheetahs en die Goue Leeus in Bloemfontein, verdoel deur William Small-Smith, het voorkom dat die Leeus verrassend met 24-23 wen.

Die Cheetahs, die verdedigende kampioen, was op die ou end met 30-24 bo (rustyd 13-7).

Die Sharks het insgelyks die Westelike Provinsie in die heel laaste minuut met 21-20 geklop nadat Innocent Radebe gaan druk het, en Rhyno Smith die wenpunte onder groot druk van die kantlyn af bygevoeg het.

Die WP het rustyd met 17-14 voorgeloop.

Die uiteinde is dat die Cheetahs (25) steeds ʼn enkele punt voor die Sharks (24) op die punteleer is.

Die WP is vierde met 17, gevolg deur die Pumas (15), Griekwas (14), die Blou Bulle (13) en die Leeus (10).

Die puntemakers –

Cheetahs 30 (13) – Drieë: Gerhard Olivier, Rosko Specman, Sergeal Petersen. Doelskoppe: Robbie Petzer (2). Strafdoele: Robbie Petzer (3).

Goue Leeus 24 (7) – Drieë: Andries Ferreira, Hacjivah Dayimani, Fabian Booysen. Doelskoppe: Jaco van der Walt (3).

WP 20 (17) – Driee: Huw Jones, Jaco Coetzee. Doelskoppe: Damian Willemse (2). Strafdoele: Damian Willemse (2).

Sharks 21 (14) – Driee: Strafdrie, Franco Marais, Innocent Radebe. Doelskoppe: Innocent Radebe, Rhyno Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CAROL ·

Aaaai ek bly maar nog steeds n trotse “guppie” al maak hul my soms sooooooo kwaad!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.