Hoë besoeker verras Tesselaarsdal

Bennie Julies skud blad met Ivan Pikeur (regs). Links voor is Joseph Julies, `n hulpafrigter van die klub. (Foto: TRVK)

Bennie Julies skud blad met Ivan Pikeur (regs). Links voor is Joseph Julies, `n hulpafrigter van die klub. (Foto: TRVK)

Dinge gons op Tesselaarsdal in die Boland nadat die plaaslike klub die afgelope vakansie deur `n hoë besoeker verras is.

Stephen Young, `n woordvoerder van die klub, laat weet Pale Toe! die president van die Bolandse Rugbyunie (BRU), Ivan Pikeur, het `n tydjie van sy vakansie afgeknyp om by die klub `n draai te maak.

Die gasheer het groot waardering daarvoor en glo dit het die klub se bande met die BRU versterk, berig Young.

“Tessies se stofpad is maar lank en rof.”

Die klub se eerste span was verlede jaar sesde in die Bolandse Eerste Liga, maar die tweede span het sy afdeling van die liga gewen.

Young se 2017 kan die begin van `n magtige rolmaalbeweging vir die klub beteken deurdat die Theewaterskloof-munisipaliteit met sy setel op Caledon vandeesmaand begin met die oprigting deur plaaslike vernuf van `n rugbyveld en kleedkamers op die dorpie sowat 20 km suid van Caledon.

“Ons kry terselfdertyd `n biblioteek met internet waar spelers naslaanwerk oor rugby op Wereldrugby (WR) en die SA Rugbyunie (Saru) se webblaaie kan doen.

“Met samewerking en oefening kan Tessies se eerste span ook bo uitklim.”

Young sê die klub se borg, BioTherm Energy, is deurentyd `n steunpilaar, en die klub is dankbaar vir die hulp van drs PA Mostert en RB Schoonbee, Lood Burger van Caledon-apteek, die Caledon-hospitaal en Dupp’s Transport.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Denver ·

manne julle eie kleedkamer en veld.jule moet trots wees daarop,pas dit op en bou voort op dit wat julle gaan kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.