Hoe gaan Owens plettervatte straf?

Nigel Owens. (Foto stuff.co.nz).png

Daar wag ʼn baie groot taak op die Walliese skeidsregter Nigel Owens in Saterdag se toetswedstryd in Parys tussen die Springbokke en die Hane.

Owens word allerweë beskou as een van die beste skeidsregters in wêreldrugby, maar hy gaan sy hande vol hê, want dit kan ʼn kruitvat laat ontlont.

Hoe gaan Owens Saterdag optree wanneer die Franse senter Mathieu Bastareaud (120 kg) en Damian de Allende (103 kg) mekaar trompop loop? Dis ook nie ás nie, maar wanneer.

Wat gaan hy doen as Duane Vermeulen ʼn Fransman te pletter loop, of andersom?

Owens (en al die ander skeidsregters) is in die spervuur, omdat die rugbybase laer getrek het.

Maar ongelukkig het Wêreldrugby die afgelope naweek ʼn verkeerde boodskap uitgestuur. Die stilswye oor Saterdag se onwettige skouerloop van die Engelse losskakel, Owen Farrell, op die Springbokke se bank-senter, André Esterhuizen, op Twickenham het ʼn presedent geskep.

Die Australiese skeidsregter Angus Gardiner het gefouteer, só ook die televisieskeidsregter Olly Hodges. Die ergste was toe die uitwysbeampte, die gewese Nieu-Seelandse toetsskeidsregter Keith Brown, op geen verdere stappe besluit het nie.

Vee dit onder die mat in!

Plettervatte is so oud soos rugby en daar is niks wat die bloed so laat oorborrel nie.

Joggie Jansen se skitterende wettige pletterduikslag op die All Black-losskakel, Wayne Cottrell, in die eerste toets in 1970 op Loftus Versfeld, het die skaal in die guns van die Bokke geswaai en die grondslag vir die Springbokke se reeksoorwinning van 3-1 gelê.

Dink ook maar terug aan Morné du Plessis se plettervat in die Curriebeker-halfeindstryd van 1977 tussen die Westelike Provinsie en Noord-Transvaal op Naas Botha.

Was dit laat, was Du Plessis onkant, het hy sy arms gebruik? Vir 41 jaar daarna word daar nog hieroor gestry.

Wat van die Samoaan Brian Lima, wat die Springboklosskakel Derick Hougaard in die Wêreldbeker-toernooi in 2003 disnis geloop het? Dit was ʼn wonderwerk dat Hougaard nie ernstig beseer is nie.

Wat van Bismarck du Plessis se plettervat in 2013 op die All Black-losskakel Dan Carter?

Wat van Butch James?

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

All Black ·

Mooi gestel Schoemie. Die bokke, afrigters en ondersteuners hou te lank vas aan sulke besluite wat nie in hul guns is nie. Tot die rebriek skrywer onthou 20 jaar terug. Die maklikste is vergeet daarvan en konsentreer om meer punte op die bord te kry sodat een ongelukkige besluit nie jou die game kos nie. Wen altyd met meer as 7 punte. Ek is bly die All Black’s kla nie so oor alles nie. ‘n Geklaery maak jou negatief en beinvloed jou spel wat op sy beurt die game kos. Rassie se oefen sessie om hoog te tackle gaan die bokke duur te staan kom. Met 5 uit 11 wenne moet hy eerder positief oefen om die game te wen.

Wesley ·

Schoemie, gaan glad nie daaroor nie. Dit kan dalk oorloop na die hele wereld se rugby gemeenskap. Internationale wedstryde is op die voorfront en word as voorbeeld gebruik vir hoe die spel op sy beste moet gespeel word. Skoolseuns emuleer hierdie spelers. Skeidsregters gebruik dit as maatstaf. Dit skep presedent. As n speler nou so duikslag uitvoer dan is hul skotvry. Dit een ding wanneer die ref dit mis, maar dit was opgetel, in “slo-mo” weer na gekyk en gese dit was reg. Wereld Rugby het ook stilgebly, sodoende dit dan goedgekeur. Sodoende kan daar nooit weer n speler afgestuur of na die wedstryd gestraf word vir so aksie nie. Dit kan gevaarlik raak. Butch James byvoorbeel het 37 kaatre ontvang in sy loopbaan vir dieselfde aksie. Nou wat se dit jou? Wereld Rugby is n gechommel.

Bekommerde ondersteuner ·

Jip, Schoemie, ons moes ver gewen het en het nie. Ons het die wedstryd oorheers en tog verloor. Ons het dus in elk geval nie verdien om te wen nie. As die Bokke genoeg punte op die bord gehad het sou daai duikslag geensins saak gemaak het nie.

Die probleem is nie die duikslag nie. Ons kort ‘n kaptein.

rollie ·

En toe Kolisi van die veld is, het die ander sogenaamde kapteinmateriaal die wedstryd vir ons gewen? Ons kort definitief ‘n ander afrigter, ek hoor ons gaan aan met dieselfde spelpatroon. Verwag heelwat nuttelose up and unders en meer strormram rugby. 5 uit 12 na die naweek.

Derick ·

Hoe lank gaan SA ondersteuners en veral die pers nog huil oor die duikslag? Dalk vir die volgende 5 jr? of dalk, as, let wel as, hulle weer no 1 in wereldrugby is.
Dis hoekom die All Blacks so goed is. Hulle haak nie vas by een probleem nie maar gaan vorentoe.

A Kellerman ·

Daai duikslag was onwettig.Wen of verloor is n ander saak.Al het ons op daai tyd v d duikslag met 20 punte voor geloop,sou ons nog steeds ongelukkig gewees het oor die swak beslissing en dubbele standaarde.

Rina Kotze ·

Was dit nou ‘n Springbok, dan is hy met ‘n rooi kaart afgestuur en sommer vir paar wedstryde geskors!!!

Buiten dat die Bokke swak gespeel het, verdien enige span regverdigheid.

En so terloops, indien Faf dan nie gespeel het Saterdag nie, hoekom kon hy nie speel vir die Bokke nie?

Die Engelse was te bang!!! Dis hoekom.

Sê maar net!

nico k ·

Stem saam met A Kellerman. Die probleem is dat skeidsregters nie konsekwent is nie en hulle besluite kan ‘n uitslag bepaal! Spanne (nie net SA die vorige Saterdag nie), verloor baie op grond van ‘n skeidsregter beslissing wat ‘n grensgeval is. En dan is daar mense wat vertel hoe sleg die Bokke is omdat hulle verloor het, terwyl hulle niks sou kon sê as die skeidsregter se beslissing anders was nie.

robert naude ·

Vir my lyk dit eerder na wedstryd knoeiery. Ondersoek die hele paneel skeidsregters. Die moontlikheid van dobbelary kan nie uitgesluit word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.