Hoe gesond is Springbokrugby?

Hoera, die Springbokke het Italië met 35-6 vermorsel, maar is daar enige verbetering in die welstand van Springbokrugby?

Ja… én nee.

Ja, die Bokke het Saterdag in Padua wraak geneem vir verlede jaar se nederlaag teen Italië in Florence toe hulle die Azzurri met 35-6 afgeransel het. Maar kom ons plaas dit in perspektief, veral as ons die ander spanne se vertonings van die afgelope naweek in ag neem.

Die Bokke, wat vyfde op die wêreldranglys is, het vanjaar sewe oorwinnings in 12 toetse behaal, maar dit was almal teen spanne wat laer as hulle op die wêreldranglys is: vier teen Frankryk, twee teen Argentinië en een teen Italië.

Kom ons neem hierdie Springbokoorwinnings in oënskou.

Italië: Hulle rugby is op ʼn laagtepunt. Die Azzurri is 13de op die wêreldranglys, het (weer) laaste in die Sesnasiesreeks van 2016/’17 geëindig en kon nie een wedstryd wen nie.

Hulle is in dié reeks met  33-7 deur Wallis, met 63-10 deur Ierland, met 36-15 deur Engeland, met 40-18 deur Frankryk en met 29-0 deur die Skotte afgeransel. Hulle kon net 50 punte aangeteken en het 201 afgestaan.

Hulle het vanjaar net een wedstryd, teen Fidji, gewen. Is die oorwinning teen Italië dan noemenswaardig?

Frankryk: Die Springbokke het die Franse vanjaar vier keer geklop – drie keer in Junie en ʼn week gelede in Parys.

Onthou, die Franse is agste op die wêreldranglys . Maar wat gebeur toe Saterdagaand in Parys teen Japan? Die wedstryd tussen die Hane en Japan eindig met 23-elk gelykop. Dis byna seker dat die kop van die Franse afrigter, Guy Noves, gaan rol.

Argentinië: Die Bokke het die Poemas (negende op die ranglys) twee keer in die Rugbykampioenskap geklop. Die Poemas kon nie ʼn enkele sege in die reeks behaal nie en het weer die houtlepel verdien. Hulle kon vanjaar net twee van hul 11 toetse (teen Georgië en Italië) wen.

Nou die negatiewe.

Nieu-Seeland: Die Bokke is met 56-0 deur die All Blacks in Albany vermorsel, maar het darem vergoed deur byna die opvolgkragmeting op Nuweland (24-25) te wen.

Australië: Die Bokke kon nie die Wallabies vanjaar klop nie en het twee keer teen hulle gelykop gespeel. En wat gebeur verlede Saterdag met die Wallabies teen Engeland op Twickenham? Die Engelse wen met 30-6.

En wat gebeur Saterdag op Murrayfield? Die Skotte verneder die Wallabies met 53-24.

Ierland: Die Iere behaal hul grootse oorwinning nog teen die Springbokke toe hulle drie weke gelede die toets op Dublin met 38-3 gewen het.

Dus, meneer Springbokrugby, daar is ʼn verbetering in u toestand, maar u kan nog nie teruggaan werk toe nie. Nie met Allister Coetzee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lukie Carelsen

Uitstekend gestel Pieter!
Allister MOET gaan en sommer sy kwotas saam met hom Japan toe!

Once bitten!

Stem met jou nie met Ac voorentoe nie! Die beste speler, die beste afrigter vir sy posisie, elke posisie en dinge sal reg kom maar gaan dit gebeur! Nee wat vergeet dit! Die wraaksigtige clueless maar traak my nie politieke inmenging sal daarvoor sorg en daaroor ondersteun ek enige iemand wat teen die Werfbokke speel! N Kwotas sisteem is n belediging vir die sport en alle spelers en veroorsaak dat baie talent oorsee gaan speel en Suid Afrika nie kompeterend sal bly! Kies die beste Springbok speler enige ras op meriete en die beste Springbok afrigter enige ras op meriete… Lees meer »

Chris Ws

Moenie vir AC wegjaag nie – laat SARU SAAM met hom waai!
As die bokke hul sout werd was het hulle Italie met meer as ‘n 100 nul geklop!35-6 is skandelik!

alwyn burger

Die Southern Kings sou ook vir Italië gewen het!

Sarel Strydom

O My vrek. Was die Taljaaners siek of wat????