Hoe gesond is Springbokrugby?

Hoera, die Springbokke het Italië met 35-6 vermorsel, maar is daar enige verbetering in die welstand van Springbokrugby?

Ja… én nee.

Ja, die Bokke het Saterdag in Padua wraak geneem vir verlede jaar se nederlaag teen Italië in Florence toe hulle die Azzurri met 35-6 afgeransel het. Maar kom ons plaas dit in perspektief, veral as ons die ander spanne se vertonings van die afgelope naweek in ag neem.

Die Bokke, wat vyfde op die wêreldranglys is, het vanjaar sewe oorwinnings in 12 toetse behaal, maar dit was almal teen spanne wat laer as hulle op die wêreldranglys is: vier teen Frankryk, twee teen Argentinië en een teen Italië.

Kom ons neem hierdie Springbokoorwinnings in oënskou.

Italië: Hulle rugby is op ʼn laagtepunt. Die Azzurri is 13de op die wêreldranglys, het (weer) laaste in die Sesnasiesreeks van 2016/’17 geëindig en kon nie een wedstryd wen nie.

Hulle is in dié reeks met  33-7 deur Wallis, met 63-10 deur Ierland, met 36-15 deur Engeland, met 40-18 deur Frankryk en met 29-0 deur die Skotte afgeransel. Hulle kon net 50 punte aangeteken en het 201 afgestaan.

Hulle het vanjaar net een wedstryd, teen Fidji, gewen. Is die oorwinning teen Italië dan noemenswaardig?

Frankryk: Die Springbokke het die Franse vanjaar vier keer geklop – drie keer in Junie en ʼn week gelede in Parys.

Onthou, die Franse is agste op die wêreldranglys . Maar wat gebeur toe Saterdagaand in Parys teen Japan? Die wedstryd tussen die Hane en Japan eindig met 23-elk gelykop. Dis byna seker dat die kop van die Franse afrigter, Guy Noves, gaan rol.

Argentinië: Die Bokke het die Poemas (negende op die ranglys) twee keer in die Rugbykampioenskap geklop. Die Poemas kon nie ʼn enkele sege in die reeks behaal nie en het weer die houtlepel verdien. Hulle kon vanjaar net twee van hul 11 toetse (teen Georgië en Italië) wen.

Nou die negatiewe.

Nieu-Seeland: Die Bokke is met 56-0 deur die All Blacks in Albany vermorsel, maar het darem vergoed deur byna die opvolgkragmeting op Nuweland (24-25) te wen.

Australië: Die Bokke kon nie die Wallabies vanjaar klop nie en het twee keer teen hulle gelykop gespeel. En wat gebeur verlede Saterdag met die Wallabies teen Engeland op Twickenham? Die Engelse wen met 30-6.

En wat gebeur Saterdag op Murrayfield? Die Skotte verneder die Wallabies met 53-24.

Ierland: Die Iere behaal hul grootse oorwinning nog teen die Springbokke toe hulle drie weke gelede die toets op Dublin met 38-3 gewen het.

Dus, meneer Springbokrugby, daar is ʼn verbetering in u toestand, maar u kan nog nie teruggaan werk toe nie. Nie met Allister Coetzee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Uitstekend gestel Pieter!
Allister MOET gaan en sommer sy kwotas saam met hom Japan toe!

Once bitten! ·

Stem met jou nie met Ac voorentoe nie!
Die beste speler, die beste afrigter vir sy posisie, elke posisie en dinge sal reg kom maar gaan dit gebeur! Nee wat vergeet dit!
Die wraaksigtige clueless maar traak my nie politieke inmenging sal daarvoor sorg en daaroor ondersteun ek enige iemand wat teen die Werfbokke speel!
N Kwotas sisteem is n belediging vir die sport en alle spelers en veroorsaak dat baie talent oorsee gaan speel en Suid Afrika nie kompeterend sal bly!
Kies die beste Springbok speler enige ras op meriete en die beste Springbok afrigter enige ras op meriete en my geld vloei weer ter ondersteuning vir die eens waardige Springbokke… tot dan nie…sorry ek betaal nie vir twak nie!

Chris Ws ·

Moenie vir AC wegjaag nie – laat SARU SAAM met hom waai!
As die bokke hul sout werd was het hulle Italie met meer as ‘n 100 nul geklop!35-6 is skandelik!

bollie ·

Hulle moet eers vir Treviso en Zebre probeer klop. Small steps at a time. LOL

bollie ·

Baie gesonder as verlede jaar. Slegs 3 verloor uit 12. Glad nie te sleg nie.

Lukie Carelsen ·

Jammer Bollie, Bokke het net 7 wedstryde gewen dit was ALMAL spanne wat onder ons op die internasionale ranglys is. Ons het vrek sleg gevaar met rekord neerlae teen o.a. die All Blacks, Ierland ens. Om teen Italia te wen is eintlik nikseggend. Hulle le 13de op die ranglys, het laaste gekom in die 6 nasie reeks en het amper net so swak afrigter soos Allister Coetzee. Die Bokke het GROOT probleme vorentoe en ek dink nie daar is tyd om dit reg te ruk voor die volgende WB nie. Maar ‘n goeie begin is om van Toetie “gladdebek” ontslae te raak. Jy weet natuurlik hy het die heel swakste rekord van alle afrigters wat nog die Bokke afgerig het. En dis ‘n feit. Hy moet nou gefire word voordat ons nog verder agteruitgaan.

Jaybee ·

Jammer, ek sou nou nie die woord “vermorsel” gebruik vir die oorwinning nie. Die bokke was alles behalwe oortuigend in die wedstryd, en behalwe die afrigter was daar ook n half dosyn of wat bokke wat beslis nie internasionale gehalte is nie. Saterdag wag nog ‘n rekord neerlaag.

Once bitten! ·

Stem vermorsel in my oe is 100 -0 of selfs 57-3!
Die werfbok ondersteuners is al met so min tevrede dat n wen met n paar punte teen een van laer af rubyspanne op die die wereld ranglys en die word gereken as ” hul is vermorsel” hehe regtig….Suid Afrika se rugby bevind homself in n moeras oor al gemors politieke inmenging en afrigters wat nie n idee het maar daar is oor politiek! Hy kies swak spelers van alle ras en rig hul swak af en soek die probleem oorals behalwe by homself !Maar moet nie bekommerd wees nie teminste leer die proffessor by elke helse loesing en vat ook teminste baie positiewe uit elke verloor elke keer soos sy vet paycheck elke maand betaal deur die werfbok ondersteuners!

DR ·

Die bokke het verloor teen Nz die 2 devtoets 24_25,,, nie gewen nie.

JS ·

Een manier om defnitief te weet SA rugby se standaarde het gedaal, waar sou ons 10 jaar terug tevrede gewees het met n 24-25 verloor teen NZ? Die media het gegons oor hoe goed die bokke was, maar manne ons kon weer nie wen nie. Ek is glad nie n AC ondersteuner nie maar hy moet ook maar werk met wat vir hom gegee word ne. SA rugby se probleme le veel dieper as net die afrigting. Daar was nie op een oomblik van die naweek se stryd bietjie opwinding nie. Pollard kon darem oor skop dit is dalk al plus punt, maar dan by gese dit is wat hy moet doen so moet ons rerig bly wees daaroor? Ons het vir Frans en Morne Steyn nodig, Duane moet bly al kan hy nie, Eben moet nie kaptein wees nie hy moet Bakkies se rol vertolk en ons het n regte skrum skakel nodig. Dit is my 5c

Joe Hall ·

Die opskrif moet eintlik lees:
Hoe Siek is Springbokrugby?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.