Hoe lyk jou Bokvyftiental teen All Blacks in Japan?

Willie le Roux, Jesse Kriel en Faf de Klerk. (Foto Facebook All Blacks)

Om ’n Springbokkeurder of -afrigter te wees, is waarskynlik een van die moeilikste beroepe in die sportwêreld. Nie net moet jy politici met jou spankeuse tevrede stel nie, jy moet ook sportmal-ondersteuners met jou uitslae op die veld beïndruk.

Toegegee, daar moet nog baie waters (lees Rugbykampioenskap, spankeuses, beserings, swak spelpeil, ensovoorts) onderdeur die Bokbrug vloei vóór hulle Septembermaand teen die All Blacks in hul eerste Wêreldbeker-wedstryd speel; maar as jy na Rassie Erasmus se oefengroep kyk wat in Pretoria byeengekom het, kan jy soort van ’n idee kry van hoe die WB-vyftiental kan lyk.

Snaaks genoeg is die talentvolle Curwin Bosch nie in Erasmus se oefengroep nie. Die talentvolle Sharks-agterspeler is weliswaar vanjaar nie té watwonders bestuur nie, maar hy het met ’n paar uithaler-vertonings vorendag gekom; hetsy op heelagter of op losskakel.

Onder die losvoorspelers is die 23-jarige Marco van Staden nadergetrek as voorsorgmaatreël vir die beseerde Siya Kolisi.

Onder die ander losvoorspelers is Warren Whiteley nog op die krukkelys en daar word duim vasgehou dat hy saam na die Wêreldbeker kan reis. Die Leeus-kaptein het ’n kalmerende invloed op enige span vir wie hy speel en sy leierskapvaardighede is ’n aanwins vir die Bokke.

As daar egter ’n speler is wat verdien om in die Bokspan (selfs al is dit net vir sy passie en durf) te wees, dan is dit die Lions se Kwagga Smith.

Die Johannesburgers se woelwaterflank het gereeld vir speler-van-die-wedstryd-vertonings gedurende hul Superrugby-veldtog gesorg. Maar as sy vernuf en die grootte van sy hart vir hom tel, dan tel sy fisieke grootte dalk effens teen hom – onthou julle Sevu Reece se die-bus-is-vol-oomblik teen hom?

Smith staan egter nie sommer vir groter spelers terug nie.

Hier is die spelers wat Erasmus vir sy oefengroep nadergetrek het. Wie sal deel vorm van jóú beginspan vir die All Black-stryd in Japan?

Heelagters/vleuels: Aphiwe Dyantyi (Lions), Warrick Gelant (Bulls), Makazole Mapimpi (Sharks), Sbu Nkosi (Sharks), Cheslin Kolbe (Toulouse), Willie le Roux (Toyota Verblitz), Dillyn Leyds (Stormers).

Senters: Lukhanyo Am (Sharks), Damian de Allende (Stormers), André Esterhuizen (Sharks), Jesse Kriel (Bulls), Frans Steyn (Montpellier).

Losskakels: Handré Pollard (Bulls), Elton Jantjies (Lions).

Skrumskakels: Faf de Klerk (Sale Sharks), Herschel Jantjies (Stormers), Cobus Reinach (Northampton Saints).

Losvoorspelers: Marcell Coetzee (Ulster), Pieter-Steph du Toit (Stormers), Rynhardt Elstadt (Toulouse), Siya Kolisi (Stormers), Francois Louw (Bath), Kwagga Smith (Lions), Duane Vermeulen (Bulls), Marco van Staden (Bulls).

Slotte: Lood de Jager (Bulls), Eben Etzebeth (Stormers), Franco Mostert (Gloucester), Marvin Orie (Lions), RG Snyman (Bulls).

Stutte: Thomas du Toit (Sharks), Lizo Gqoboka (Bulls), Steven Kitshoff (Stormers), Vincent Koch (Saracens), Frans Malherbe (Stormers), Beast Mtawarira (Sharks), Trevor Nyakane (Bulls).

Hakers: Schalk Brits (Bulls), Malcolm Marx (Lions), Bongi Mbonambi (Stormers).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Swartwolf ·

Gelant
Dyantyi
Am
Steyn
Nkosi
Pollard
De Klerk
Vermeulen
Du Toit
Elstadt
De Jager Bench: Koch
Snyman du Toit
Nyakane Brits
Marx Mosterd
Gquboka Reinach
Le Roux
Smit

kolla ·

6 Kwotas, is daar nie beter wit ouens nie? Ek dog die kwotas is nie op standaard nie?

kolla ·

Is Willemse beseer? Bly Leyds is in die groep, moes al LANKAL gewees het.

Henk ·

Haker – Malcolm Marx
Stutte – Trevor Nyakane en Steven Kitshoff
Slotte – Eben Etsebeth en RG Snyman
No8 – Siya Kolisi/Duane Vermeulen
Flanke – Kwagga Smith en Marcell Coetzee/Duane Vermeulen
Loskakel – Handre Pollard
Senters – Frans Steyn en Andre Esterhuizen
Vleuels- Amphime Dyanti en Makuzole Mpimpi
Heelagter – Warrick Gelant

Reserwes
Schalk Brits
Beast
Thomas Du Toit
Franco Mostert
Pieter Steph Du Toit
Cobus Reinach
Jesse Kriel
Willie Steyn

Charl ·

15. Cheslin
14. Nkosi
13. Kriel
12. Steyn
11. Dyanti
10. Pollard
09. De clerk
08. Duane
07. Du tout
06 coetzee
05. RG
04. Lood
03. Much
02. Marx
01. Kitshoff

LHS ·

Onverklaarbaar soos altyd, die Leeu stutte skrum die Wp en Sharks uitverkorenes stukkend in die super 15 maar kom ons los dit maar eerder daar.

Swartwolf ·

Weer probeer se stutte heeltemal te oorgewig vir wereldbeker. Sit bulle se stutte saam met Marx, Koch, Brits en Du Toit op die bench.

@LHS ·

Stem saam LHS – Carlu Sadie was ‘n yster in die skrums. Op Nuweland die suidewinde ore aangesit. Baie ongelukkig om nie daar te wees. Ek bevestig ook net wat die kommentators week na week gesê het. Almal, behalwe Mostert, wat baie goed gedoen het by Glocester die jaar is oor die hoof gesien – wonder hoekom?

Anton Smith ·

Ja LHS ek stem heelmal met jou saam!!!Leeustutte is oor die hoof gesien!!!Wat hou keurders teen die arme Leeuspan wat meeste van die tyd hul harte uitspeel!Hoekom nie NUWE talent in die vroeë stadium kies??Hou ASB.op om elke jaar DIESELFDE WP en Sharks spelers te kies!!!My genade,party is al amper by Oupa-status!!!

Nett ·

Chester Williams
Balie Swart,
Francois Pienaar,
James Small,
Hennie le Roux
Andre Joubert
Ruben Kruger
Rudolf Straeuli,
Mark Andrews
Kobus Wiese
Krynauw Otto
Hannes Strydom
Robbie Brink
Adriaan Richter
Os du Randt
James Dalton
Japie Mulder
Gavin Johnson
Joost van der Westhuizen
Brendan Venter
Chris Rossouw
Joel Stransky
Johan Roux

Swartwolf ·

Nou praat jy…..die was genuine bokke. Nie die narre van vandag nie.

Jakes ·

Nett – ek hou van jou span, maar gaan moeilik wees om hulle vir die 2019 groep te kies. Van hulle is al immers oorlede…… Nietemin was tot dusver een van ons beste spanne ooit stem ek mee saam. Maar kom ons kyk eeder wie is die beste vir die 2019 span. Ek stem saam met paar manne – ek ken net nie vir “Willie Steyn” nie, maar wel vir Willie le Roux. Ek stem ook saam dat die Leeus se stutte tenminste genooi moes word baseer op hulle vertonings. Die Leeus het ligte slotte en losvoorspelers en het nogsteeds goed gescrum teen die ander spanne. Die wat daar is, is nie sleg nie alhoewel Thomas du Toit in my opinie of stadig is of onfiks. Net hy sal weet. PSdT moet in enige begin span wees, want hy is n yster!! Snyman op slot, want hy het baie goeie werk gedoen vir die Bulle in die losgemaal en lynstane. Marx kies homself met sy week in en week uit goeie vertonings asook Pollard. Senters gaan oor kombinasies, so hopenlik kry ons weer twee wat so goed saam was soos Jean de Villiers en Jaque Fourie.

Andreas ·

Jy kan maar, pink ek nou ‘n traan …. elkeen van hulle en toe kies jy ook vir Gavin … man!!!!

Andreas ·

OK kom ons probeer weer, waar is die Springbok 15-tal, as ek julle hier bo kyk, sien ek net daardie boksoort waarvan die vel verwerk en in poefs gebruik word.

Andreas ·

Dis nou vir buiten Nett. Jy kan maar en bring die heimwee terug.

LHS ·

Maak nie eintlik saak wie gekies word of gaan haal word of oortuig word om hulle kieries weg te gooi en weer te speel of getransformeer word of omgekoop word, die skrif is reeds lankal aan die muur. Die ANC en meelopers het gewen. Alle sportspanne is nou byna ten volle klaar ingekleur. Wen of verloor is nie meer belangrik nie. Sien maar die sokkerspanne, krieketspanne, netbalspanne, hokkiespanne, treurmars is n mooi ene. Dit en die verdrywing van die eindelose hoeveelhede opkomende potensiaal weg na ander lande, maak dat ons in die toekoms sommer net teen Namibie, Zimbabwe, Madagaskar en so aan sal speel. Afrigters bestaan in elk geval ook nie meer, die paar wat nog n inpak kon maak, sit lankal in die buiteland.

K.master ·

Le roux
Nkosi
Kriel
Serfontein
Kolbe
Pollard
De klerk
Vermeulen
Du Toit
Kolisi
Mostert
Etzebeth
Beast
marx
Kitshoff
Reserves
Mbonambi
Nyakane
Koch
Snyman
Whitely/Du preez/Louw
Reinach
Elton jantjies
De allende/dyantyi/Am

kolla ·

Le Roux, Leyds, Djyanti, De Allende, Kriel, Pollard, Faf, Vermeulen, Kolisi (k), Du Toit, Etsebet, Snyman, Kitshof, Marx, Beast. Reserwes: Nyakane, Malherbe, Mbonambi, Coetzee, Kwagga, Herschelle Jantjies, Am, Willemse.

Schalk ·

Die span gaan defnitief swakker doen as die proteas…. Dankie tog Rassie kies die span en nie jy nie

JohanL ·

Mapimpi, Dyantyi, de Allende, Amm, Nkosi, E Jantjies, H Jantjies, Notshe, Kolisi, Mohoje, Ore, Gumede, Beast, Mbonambi, Nyakane

Geen plaasvervangers – die beste manne in elke posisie moet speel vir 80 minute.

:) :)

Pieter ·

Ag weet jy, who cares!!! Die bok trui het goedkoop geword en SA rugby is tans die bespotting van die internasionale rugby gemeenskap. Ek het belangstelling verloor.

m.d.r. ·

Julle kan maar kies en raai…..maar dit bly ‘n politieke uitnodigingspan…met dank aan die politici en hulle gedwonge kwota stelsel.
Die politici bepaal hoeveel van elke kleur en ou Rassie vul maar net die name in…….!!

kolla ·

Hoogs onwaarskynlik gemeet aan verlede jaar toe basies dieselfde “werfbokke ” gespeel het.

Swartwolf ·

Nee meeste van die kwota span het op die veld gekom in die 2018 Loftus game op 59 min toe die regte bokke ver voor was en toe score die AB’s amper ‘n punt ‘n minuut om te wen so 64 punte op die kwota werfbokke us nie vergesog nie of hoe ?

Susan ·

Hoekom is Cornel Hendricks nie in die span nie. Hy het hom oor en oor bewys

kolla ·

Maar jy kies 6 kwotas in jou eie span. Kan jy nie aan beter wit spelers dink nie of erken jy dat die betrokke kwotas beter is?

Swartwolf ·

‘n speler van kleur is nie noodwendig ‘n kwota speler nie. Is Beast of was Habana ooit kwota spelers ? Nee. Is Kolisi en Mbonambi kwota spelers ? Definetief. Go figure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.