Hoe sal daardie 100 minute teen die Bulle die WP raak?

Sal die Blou Bulle dalk die deurslaggewende rol in Saterdag se Curriebeker-eindstryd speel?

Wanneer die Westelike Provinsie en die Sharks mekaar op Nuweland pak, kan dit dalk net wees dat die 100 minute wat die WP verlede week saam met ekstra tyd teen die vasbyt-Bulle moes speel, in die tweede helfte in hul bene sal sit.

Dit sal ook veral die voorspelers wees wat dit sal voel ‒ en eindstryde word eintlik maar voorlangs gewen, ongeag die moontlike invloed van die agterspelers en hul drieë. Soos verlede jaar, toe die WP met 33-21 en vier drieë teen twee in Durban gewen het, maar vir hul voorspelers en veral Wilco Louw moes dankie sê vir die tweede helfte wat sake van ʼn rustyd-agterstand van 19-21 omgeswaai het.

Die Sharks het die voorspelers wat kan dryf, dryf en nogmaals dryf. Die Du Preez-tweeling, Dan en Jean-Luc, en hul flankmaat Tyler Paul is groot, aggressiewe baldraers. Thomas du Toit ook, en Akker van der Merwe is ʼn irritasie vir elke span met sy vermoë om besit los te woel en meters veld met sy kort treetjies te wen.

Die WP sal hierdie baldraers moet stuit. Hulle sal ook dan van die grondbesit hier moet steel. En wees maar verseker, dít tap energie en die KwaZulu-Natallers weet dit en sal dit probeer uitbuit.

♦ Tuisveldvoordeel? Van die vier eindstryde wat die twee spanne tot dusver teen mekaar gespeel het, het die tuisspan net vier gewen en die besoekers vier.
Dit was in die laaste drie wedstryde die geval toe die WP in 2012 (25-18) en 2017 (33-21) in Durban gewen het. maar vir die Streeptruie is daar Saterdag die waarskuwing van 2013, toe die Sharks oortuigend met 33-19 op Nuweland baas was.

Eindstryd-uitslae
(tuisspan eerste genoem, met tuis- of wegoorwinnings tussen hakies ná die tellings)

1984    WP 19, Natal 9 (tuis)
1995    Natal 25, WP 17 (tuis)
2000   Sharks 15 WP 25 (weg)
2001    WP 29 Sharks 24 (tuis)
2010    Sharks 30, WP 10 (tuis)
2012    Sharks 18, WP 25 (weg)
2013    WP 19 Sharks 33 (weg)
2017    Sharks 21, WP 33 (weg)

Spanne ‒

Westelike Provinsie
15 Dillyn Leyds, 14 Sergeal Petersen, 13 Ruhan Nel, 12 Damian Willemse, 11 SP Marais, 10 Josh Stander, 9 Jano Vermaak, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Ernst van Rhyn, 6 Kobus van Dyk, 5 JD Schickerling, 4 Chris van Zyl (kaptein), 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Scarra Ntubeni, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Michael Kumbirai, 19 Salmaan Moerat, 20 Jaco Coetzee, 21 Herschel Jantjies, 22 Dan Kriel, 23 JJ Engelbrecht.

Sharks
15 Curwin Bosch, 14 S’bu Nkosi, 13 Jeremy Ward, 12 Marius Louw, 11 Aphelele Fassi, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder (kaptein), 8 Daniel du Preez, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Tyler Paul, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 Thomas du Toit, 2 Akker van der Merwe, 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 Mzamo Majola, 18 Coenie Oosthuizen, 19 Jacques Vermeulen, 20 Luke Stringer, 21 Cameron Wright, 22 Kobus van Wyk, 23 Leolin Zas.

Afskop: 1600.
Skeidsregter: Jaco Peyper.
Assistent-skeidsregters: AJ Jacobs, Cwengile Jadezweni.
TV-skeidsregter: Shaun Veldsman.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GoSharksGo ·

Sonder “Ego” Seconds in hul span dal dit maar nie so maklik wees vir die WP nie. Hopelik is Jaco Peyper konsekwent in sy besluite en blaas hy nie die laaste 20 minute uit ‘n ander reelboekie uit nie. Ek is ‘n Lion supporter maar ondersteun die Sharks vandag. Hoekom? WP is in die finaal in “geblaas” deur Mnr Seconds. Sterkte Sharks

rollie ·

Rol hulle WP, moenie eers vir Peypies kans gee om droog te maak nie.

Michael ·

ek is n groot blou bul ondersteuner die WP is nie in die finaal geblaas nie hulle het baie goeie rugby gespeel om daar te wees en laas naweek se wedstryd was een van die beste games in currie beker nog . Sien WP Teen NOORD TVL. so geniet die finaal vandag mag die beste wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.