Hoe sal Wallis teen die Bokke vaar?

Wallis het Saterdag na tien droë jare en 13 wedstryde uiteindelik weer teen die Wallabies gewen, maar hul afrigter Warren Gatland sal bekommerd oor sy span wees.

Die telling was 9-6 sonder ʼn enkele drie in die wedstryd waar die twee spanne deurgaans probeer hardloop het.

Die verdediging was egter goed, en die verbeelding en lynbreekvermoë aan albei kante maar eina behalwe miskien Kurtley Beale en Israel Folau vir die Wallabies.

Daar is dus min eise aan die Drake se verdediging gestel, maar Wallis was miskien net-net beter daaraan toe in die skrums.

♦ Dit was nie ʼn wedstryd wat lank onthou sal word nie, en Wallis het ʼn paar vrae waarvoor Gatland antwoorde sal soek voordat hulle oor twee weke teen die Springbokke speel.

Wat seker is, is dat Wallis nie, op Saterdag geoordeel, noodwendig teen Suid-Afrika sal wen nie. Die Bokke sal veral vir die losmanne van Wallis, Justin Tipuric wat oral by was en David Pocock-hulle besig gehou het, en die agsteman Ross Moriarty, moet lig loop.

Hulle het ook tuisveldvoordeel en die wete dat hulle drie van die laaste vier wedstryde teen die Bokke gewen het.

Puntemakers ‒

Wallis 9 (3): Strafdoele: Leigh Halfpenny (2), Dan Biggar.
Australië 6 (3): Strafdoele: Bernard Foley, Mat Toomua.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Van al die wysigings om hardlooprugby aan te moedig kom absoluut niks nie.Alle spanne spits hul nou op die sg ‘rush defence’ toe en beperk so die ruimte van die aanvallende span.

Die ‘reël’ van agterste voet werk ook nie want spelers kruip gedurig vorentoe.
‘n Beter wysiging sal wees om meer spasie te skep is om te reël dat alle spelers behalwe die skrumskakel ‘n meter agter die agterste voet moet stelling inneem.Die assistent
skeidsregters moet dan toesien dat spelers dit handhaaf.

‘n Ander reël wat aandag moet geniet is by die afbreekpunt. Die laagvatter word gedurig gestraf omdat hy nie vinnig genoeg na die skeidsregter se sin wegrol nie.So het Wallis die wenstrafskop gekry. Wat die skeidsregter egter nie inaggeneem het is dat ‘n Walliese
speler bo op die Aussies gesit het en dit so onmoontlik gemaak het om weg te rol.

Dit kom al meer in wedstryde voor en moet so gou as wat moontlik uitgeroei word en moet spelers wat oor losgemale val of hande viervoet oor dit staan gestraf word,want dit is nog ‘n vorm van obstruksie.

Hennie ·

Dit hang af hoe hulle voel as hulle wil speel sal dit goed gaan as hulle die bal aanhou wegskop net so swak as die ander wedstryde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.