Hoekom gaan Ackers wérklik die pad vat?

Johan Ackemann (Foto lionsrugby.co.za)

Johan Ackermann, Rassie Erasmus, Jake White, Jimmy Stonehouse, Gary Gold, Dawie Theron, Loffie Eloff en ʼn hele rits ander bekwame afrigters.

As dit nie die gevaarligte by die Suid-Afrikaanse rugbybase laat brand nie, dan weet ek nie so mooi nie.

Ja, net soos in die spelers se geval, is die geelwortel om in ponde, euro’s en Japanse jen betaal te word, ʼn baie goeie rede, maar is daar werklik agter die kap van die byl gekom?

Wanneer Ackermann, jou land se beste Superrugbyafrigter, die pad vat om Gloucester in Engeland te gaan afrig wat agtste van 12 spanne in die Engelse Premierliga is, wat 10 van sy 18 wedstryde verloor het, kan jy maar net jou kop skud.

Ja, dis ʼn nuwe uitdaging,  ja, dis ʼn nuwe rugbykultuur en omgewing, en ja, dis ʼn ideale geleentheid om jou rugbyhorisonne te verbreed.

Maar is dit werklik die rede?

Ackermann het nie grys gebiede nie, dis of wit en swart. Hy was altyd lojaal en eerlik, die sout van die aarde. Dis soos hy gespeel het; hy het altyd sy bes gegee, in 13 toetse vir die Bokke en ʼn magdom wedstryde vir die Blou Bulle en Bulls, die Cats en Lions, Northampton Saints, Griekwas en die Sharks.

Dis wat hy ook van sy spelers verwag. Hulle sal deur ʼn muur vir hom hardloop en daar is baie min spelers wie se spelpeil nie onder hom verbeter het nie.

Sy gesin en godsdiens speel ʼn baie groot rol in sy lewe. Ek onthou hoe hy as destydse speler by die Lions se onthale met sy vrou en twee jong kinders opgedaag het. Kinders was taboe by onthale, behalwe vir Ackers, want almal het geweet, dis of almal, of niks.

Hy het onder Carel du Plessis, Harry Viljoen en Jake White vir die Springbokke gespeel en moes in baie meer as 13 toetse gespeel het.

Ek het hom die eerste keer sien speel toe hy in 1993 die Bokke gas in ʼn oefenwedstryd op Loftus B gegee het. Hy was hard, kliphard. Ek het toe reeds geweet dat hy die hoogste sport sal bereik.

Maar nou is hy, soos talle ander, vir Suid-Afrikaanse rugby verlore.

Hoekom?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

chrisp ·

Want dit gaan oor kwaliteite en nie kleur vir hom nie.
‘n Taboe in RSA

A ·

En jou vraag is?

Geen regdenkende mens gaan ‘n geleentheid verby laat gaan om in vrede sy liefde vir sport uit te lewe. Hier is alles politiek.

Frik ·

Hoekom? Dis nie moeilik om die antwoord op die vraag te kry nie. Hy is net so moeg soos al die ander wat land alreeds verlaat het vir politieke inmening in sport en kwota stelsel. Die ondervinding wat hy oorsee nou gaan kry is net n bysaak.
Sterkte Johan wens jou net die beste toe, weet nie hoe het jy so lank uitgehou nie.

Rupert Ashford ·

Jip. En enigiemand wat dit ontken…wel wat kan mens oor hulle se? Ek sien selfs Gary Kirsten wat amptelik nie kans sien om sy gesin te verwaarloos nie en daarom nie die blommetjies kan afrig nie gaan in Australie afrig.

Jack Russl ·

Eerstens is die omstandighede van alle afrigters nie dieselfde nie. By party is daar duidelike redes wat buite rugby is

Hoekom sal hy die die geleentheid aangryp nie?

Hoekomsal hy nie (‘n swak) Gloucester gaan afrig nie? Waar was die leeus toe hy oorgevat het? Dit was nie die span wat ons nou sien nie, maar hy het dit opgebou tot hier.

Ek glo politiek inmening in sport was nie sy grootste oorweging nie, hy het wat hy reggekry het binne die strukture gedoen. Ek dink sy oorweging was gegrond op 2 goed:
– Finansieel – Rand kan nie kompeteer nie, en nou nog minder
– Rugby ondervinding – Hy verbreed sy kennis in is nie vasgevang in een denkwyse nie, daar kan hy insette van ander persone ook kry om sy rugby kennis te verbreed

Nico K ·

Ek dink finasieël is ‘n groot rede. Daarom dink ek dit is belaglik om te bepaal dat persone wat hul rugby oorsee speel nie vir SA gekies mag word nie. Dit gaan die spelers nie keer nie. As hulle moet kies tussen springbok kleure en geld, gaan die geld wen. Ons gaan net meer spelers verloor en dit maak SA rugby net swakker.

Fanie ·

Geld, die ander dingetjies speel ‘n veel kleiner rol. Jy kan nie ‘n ou verkwalik as hy veel meer oorsee kan verdien nie, baie min sal nee se daarvoor.

Cobus ·

Hy loop op die regte tyd. Met die nuwe minister van Sport wat niks weet van sport nie, gaan SA se sport net agteruit gaan. En gaan maak baie geld.

Veritas ·

Koos moet nie so neerhalend wees nie man. Die vorige minister van sport was blykbaar ‘n meester kleilatgooier en twakprater.

Deon Grobler ·

Want daar kan hy sy beste span kies en nie die 24 wat aan hom voorgesê word nie.

HENNIE NEUHOFF ·

Hierbo is verskeie geldige redes gegee wat nie betwis kan word nie. Afgesien van die politieke inmenging, verwys niemand na die hopelose SARU administrasie. ‘n Klomp ou bemoeisieke siele wat so behep is met hulle eie agendas en alles behalwe rugby dien. Ons het met die vorige WB geweet McCaw hou op daarna, almal het reeds geweet Reid neem by hom oor. So werk dit in NZ met hul afrigters daar is ‘n duidelike opvolg stuktuur in plek. Hier by ons was dit verlede jaar 2 maande voor ons eerste toets nog ‘n staatsgeheim wie is die afrigter. 2 weke voor die eerste toets het AC nog nie geweet wie moet die kaptein wees nie. Toe stel hy een aan wat sy laaste jaar internasionale rugby speel! Nou kry hulle ‘n sielkundige om die volgende kaptein te help kies 2maande voor die volgende toets! Wie is die volgende Springbog afrigter?? Niemand sal weet, die wat dalk weet sal dit as staatsgeheim bewaar. Wie kan verwag enige persoon, vergeet eers van ‘n uitstekende afrigter soos Ackenman, wil deel wees van so ‘n patetiese stelsel ?

Jack Russl ·

Ek sou Strauss in die span gelos het al weet ons hy tree af, MAAR maak iemand anders kaptain sodat hy op die ervaring van Strauss kan staatmaak. Nou word die nuwe kaptein in die diepkant ingegooi.

Dieselfde met Reinach. Almal weet hy gaan oorsee en sal nie vir die bokke kan speel na Oktober nie omdat hy nie 30 toetse gaan maak nie. Hoekom hom steeds insluit, gebruik die toetse om ander 9’s ondervinding te gee.

Voorlaaier ·

Geld!… Ponde praat!…..I man moet sorg vir jou ou dag.
En hy kan di beste spelers kies op grond van prestasie en ni kleur ni.

Koos1 ·

Geld, ja dis waar. Maar Johan is ‘n oud SAP lid wat geleer is om tussen reg en verkeerd te onderskei en daarvolgens op te tree. Verder is dit ook enige persoon met ambisie om die boonste sport te bereik in sy werk en suksesvol te wees. In SA met alle politieke inmenging is dit ‘n gegewe dat dit nie kan slaag nie. Vra maar vir Heyneke, Alister en al die ander wat reeds geloop het.

Conna ·

Dit is ongelukkig die pad wat al ons beste spelers en afrigters gaan loop. Maak nie saak hoe jy daarna kyk of redeneer nie, politiek maak ons sport dood. Ek wou vir my ‘n nuwe Springbok trui koop vandag, het hom terug gehang en eerder vir my kinders gaan roomys koop

Koos ·

Ek sien deesdae baie groen en goud truie word deur boemelaars gedra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.