Hoekom is Blitsbokke so onbestendig?

Foto: @Paris7s/Twitter

Bestendigheid is een van die sleutelwoorde wat die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, die volgende paar maande by sy spelers moet inprent.

Nadat die Blitsbokke vroeg Sondagmiddag in Parys ʼn skittervertoning teen Samoa in die kwarteindronde gelewer het om met 40-7 te seëvier, het hulle die kluts in die halfeindstryd teen Nieu-Seeland kwytgeraak en is hulle met 7-33 verslaan.

Dieselfde patroon het hom al hoeveel keer in die verlede afgespeel. Dink maar net terug aan verlede Sondag se toernooi in Londen toe die Blitsbokke op die eerste dag die beste van al die spanne vertoon het, maar nie daarop kon voortbou nie en deur die onbesonge Australiërs in die kwarteindronde getroef is.

Bygesê, die Blitsbokke sal nie die skeidsregter van die nederlaag teen die Kiwi’s op hul Kerskaartjielysie voeg nie, want sy fluitjie het deurentyd geskril.

Baie van die beslissings was geregverdig, maar een of twee daarvan was te kras.

Aan die ander kant, die skeidsregter het geen invloed op swak verdediging gehad nie, nog minder het een van sy skoppe met ʼn afskop direk oor die kantlyn getrek en het hy nie bal aangeslaan of nie weggerol nie.

Jy maak jou eie bed op en slaap dan daarin!

Ondanks die teleurstelling het die Blitsbokke vierde op die algehele puntelys geëindig om outomaties vir die Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer.

Daar is sprake dat van die oudspelers, soos Seabelo Senatla, aanstaande jaar weer sewes wil speel en hulle sal die span versterk.

Jongelinge soos JC Pretorius, Muller du Plessis, Impi Visser, Selvyn Davids en Stedman Gans sal met die regte afrigting en ondersteuning van die gesoute Werner Kok, Justin Geduld, Branco du Preez en Cecil Afrika nog verder verbeter.

Maar, as Powell nie die woordjie “bestendigheid” saam met die onbytpap bedien wat Werner Kok so graag adverteer nie, kan hul drome in as opgaan.

*Fidji is as vanjaar se kampioen gekroon nadat die Fidjiane die VSA met 33-14 in die tweede halfeindstryd verslaan het.

Dit het altesame 442 wedstryde geneem om vanjaar se kampioen te bepaal en Fidji het dit beslis weer ʼn vierde titel te beklink, ongeag daarvan wat in die eindstryd teen Nieu-Seeland gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Valerie ·

Die media verhef die 7’s tot iets wat hulle nie is nie. Net soos die Proteas; kan nie eers Bangladesh klop nie.

Alwyna ·

Ek kon nog nooit verstaan dat n mens in SA woon en n ander land se sportspan ondersteun bó jou eie land nie?????
Is dit nie dieselfde as n traitor nie????

Jack Russl ·

Dis baie maklik, SA het nie meer sport spanne nie. Nasionale sportspanne word gekies om die land trots te maak en net die beste word gekies. SA se sport spanne word nie so gekies nie, so in my oë het ons nie meer sport spanne nie

Bangladesh ·

Alwyna, kyk hoeveel All Black ondersteuners in die land is nie wit nie! So hou op vir wittes voorskryf vir wie hulle moet ondersteun!

Valerie ·

‘n Mens is vry om te ondersteun wie en wat jy wil. Mense wat goed/waardes/idees op ander probeer afdwing is maar mense om te vermy.

Andre ·

Alwyna, ons land se sport word beheer deur politiek. Ek kyk nie eers meer super 14 nie, want die spelers word gekies op hulle vel kluer. Dit is nie sport nie, dit is gemors.

Losbal ·

Al ons spanne is onbestendig omdat die klein outjies in die span nie kan verdedig nie. As jy teen enige SA span speel, behou net die bal en val aanhoudend aan met jou groot spelers. Ons klein outjies is briljant op die aanval, maar verdediging js hul swakpunt.NZ en Fidji wys dit duidelik vir ons

Frans C ·

NZ se taktiek teen die Blitsbokke was uitstekend.Hulle het met diep skuins inskoppe die Blisbokke in hul kwartgebied en teen die kantlyn vasgepen.Die Blitsbokke het hulself
uit die moeilikheid probeer hardloop en net nog meer probleme geskep.

Miskien moes hul pleks van die bal te versprei, dit onmiddellik veld afgeskop het om die
Kiwis te laat omdraai.Dan het hul dalk ‘n kans gestaan om hul verdediging in plek te kry.
Jammer maar die Blitsbokke is eenvoudig mi uit oorlê deur ‘n span wat tegnies beter was.

Omdie VSA om die bronsmedalje te klop vergoed darem vir dit.

Nads ·

Goeie genade Pieter Kruger en Maroela Media! Maar julle is darem swartgallig… ???? Gee bietjie lof waar dit toekom!! Julle skryf alewig negatief oor hierdie outjies! So onnodig!
PS: dis onTbytpap… en so gepraat van ontbytpap, seems like “you didn’t get it all this morning”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.