Hoekom kan Ruan skielik nie meer reg skrum nie?

Ruan Dreyer – wat het verkeerd geloop? (Foto: GB Jordaan)

Waar en wanneer het dinge vir die Springbok-vaskopstut van die Lions, Ruan Dreyer, verkeerd geloop?

Dreyer het in Junie op Ellispark sy droombuiging in die derde toets teen die Franse gemaak.

Onthou die lesers nog daardie eerste skrum toe hy maalvleis van Jefferson Poirot gemaak het?

Maar hy het in sy volgende twee toetse teen die All Blacks in Albany en Wallabies in Bloemfonmtein is hy ʼn hele paar keer gestraf.

Sy kop word nou geëis, want sy tegniek word deur die oud-Bokafrigter Nick Mallett, en ook ander skrumkenners, bevraagteken.

Almal weet dat die Bokke, wat reeds met die rug teen die muur is, dit nie kan bekostig om strafskoppe in die vaste fasette, soos in die skrums, af te staan nie.

Ja, net soos in die lynstane waar die bal oor die slotte se koppe gegooi word of die springers nie nie die bal kan beheer nie, soos in die losskrums waar spelers nie op hul voete bly nie, spelers wat nie wegrol nie, die bal aanslaan, onkant speel, die bal misvang of direk uitskop, spelers wat nie behoorlik kan verdedig nie. Dis raak soos ʼn ou langspeelplaat wat bly vashaak, vashaak, vashaak.

Die probleem is dat Dreyer onder skeidsregters van die Suidelike Halfrond (Angus Gardiner en Ben O’Keeffe) en Nigel Owens van die Noordelike Halfrond deurgeloop het.

Is dit sy tegniek, is sy tydsberekening foutief, slaan hy te vroeg in?

Of word daar nie net met sy kop deur sy teenstanders gesmokkel nie?

Dreyer skrum al sedert sy skooldae op Monument af, hy het 41 Superrugbywedstryde vir die Lions gespeel en 45 keer vir Curriebekerspan.

Is dit nie net ʼn klein verstelling nie, of dalk ʼn gebrek aan selfvertroue?

Saterdag is die Fransman Jérôme Garcès in beheer en ʼn mens weet nie wat om te verwag nie.

Gaan die Bok-afrigter, Allister Coetzee, met Dreyer waag? Of gaan Coetzee vir Wilco Louw, wat nog nie toetsrugby gespeel het nie, sy kans gee.
Die groot probleem is dat Trevor Nyakane, die ander vaskop in die uitgedunde stutspens (sonder die beseerde Julian Redelinghuys, Frans Malherbe en Coenie Oosthuizen, en Vincent Koch en ʼn rits ander stutte wat oorsee speel), as ʼn blote impakspeler gebruik word.

Dis maar die prys wat ʼn mens betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jakkalas ·

Ek glo dit is dalk ‘n sameloop van omstandighede. Dalk het Ruan ‘n klein besering wat hy probeer beskerm deur sy taktiek te verander. Dalk sy self vertroue, of sy opponent wat nie die druk kan hanteer nie. Dalk ‘n verstelling wat moet plaasvind of die skrum coach by die Bokke indien daar so iets is…… hy skrum sterk teen spelers in Super Rugby. Wat het fout gegaan. Lions skrum van die sterkste in die kompetisie. Laat mens dink nê?

Mamparra van der Brul ·

Dit is mos nou al duidelik, briljante spelers wat in Superrugby teen die huidige All Blacks hul man deeglik gestaan het, lyk nou skielik soos ondergemiddelde spelers by die springbokke-of is dit nou rooibokke? AC het die uitsonderlike gawe om goeie spelers letterlik AF te rig-van briljant na ondergemiddeld. So lank as hy daar is, sal dit so wees

Hennie ·

Soos meeste Lions ondersteuners is dit duidelik dat julle glo die span se spelers is verhewe bo die reels, Dreyer was die speler wat die meeste stafskope in die 2017 SR kompetisie afgestaan het m.a.w hy kan nie skrum nie “full stop”,

Johann Kluyts ·

Ruan was nie Saterdag op sy beste nie. Slegs klein verstelling nodig. Hy het van sy tone af geskrum, dus van slegs twee “studs” af. Sodoende balans ingeboet. Moet net op sy voete konsentreer en seker maak sy skrum van al vier sy voorste “studs” af. Sy bene sal dat amper outomaties meer vorentoe kom en hy sal stewiger staan. Groete. Johann

Gatvol ·

Heeltemal korrek opgesom. Begin wonder oor die bevoegdheid van die afrigters.

Piet Pille ·

Johann jy is reg, klein verstelling is nodig maar sy afrigtingspan sien nie raak wat jy kon sien en dit dan ook nog na die kyk en weer kyk van video opnames van wedstryde wat moet dien om foute reg te maak.

Herrie ·

Ek is jammer, maar daar is ‘n GROOT verskil tussen ‘n toerende Franse span wat al die hele tyd vanaf laasjaar Junie rugby speel, en ‘n volkragse All Blacks span. Die wenne teen die Pumas en Hane het niks beteken. Die Pumas is 10de op die ranglys en die Hane was net so moeg na ‘n lang jarelange rugbyseisoen van hul eie. En wat gebeur toe? Hak ons vas teen ons eerste groot uitdaging van die jaar in die Wallabies. En van daar af is dit sover nog net afdrand. Kom ons hoop maar vir ‘n verbetering Saterdag.

rollie ·

Ek dink die einde van die jaar toer sal wys of ons inderdaad vanjaar gevorder het. In die professionele era is en was die Bokke en Aus baie gelyk so in daai geval lyk dit asof die status quo gehandhaaf is. Wat die AB’s betref, is dit moeilik want hulle is soveel beter as enige ander span (al vir jare al).

Boetman ·

Toks sè Ruan moet sy bene meer onder sy lyf inbring. Sy bene is te ver agter toe en onder sy lyf uit

Nico K ·

In ‘n skrum staan ‘n stut nie alleen nie. As die stut dit nie maak nie, is dit moontlik dat die res van die pak nie hul man staan nie? En nou is daar mense wat verwys hoe sterk die Leeu skrum teen NZ se superspanne gestaan het. Maar nou speel ons teen ‘n NZ met die beste uit 5 superspanne. En hulle is duidelik baie beter as net een superspan. Selfs Aus het bewys hulle nasionale span is goed al het sy 5 superspanne misluk. Dalk was Ruan nooit so goed nie maar het bloot goed gelyk in ‘n goeie span.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.