Hoekom moet ons altyd tot Nieu-Seeland opsien?

new_zealand_all_blacks[1]Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie sal op 1 April (van alle dae) die nuwe Springbokafrigter aanwys.

Dis vyf maande nadat die Bokke van die Wêreldbekertoernooi af uit Engeland teruggekeer het en die gety teen Heyneke Meyer gedraai het.

Ek kan nie verstaan waarom die rugbybase so getalm het met die nuwe aanstelling nie, want dit was mos van die begin af duidelik dat Allister Coetzee in die wedloop sou wees en een van die min kandidate wat aan die vereistes van die pos voldoen.

Vergelyk dit met die soeke van die Highlanders na `n nuwe afrigter vir hul Superrugby-span. Die gewese All Black-flank en huidige afrigter, Jamie Joseph, is `n paar weke gelede as Japan se nuwe afrigter aangewys en van toe af was die wiele aan die rol.

Die Superreeks gee eers aan die einde van Augustus sy laaste stuiptrekkings, maar die Highlanders-raad EN die Nieu-Seelandse Rugbyunie sal betrokke wees by die aanstelling van die nuwe afrigter voor die einde van die seisoen.

Die Highlanders gaan die net wyd span noudat die Japanse seisoen verby is en die seisoen in die Noordelike Halfrond ook sy einde nader.

Die name van Robbie Deans en Tony Brown is reeds in die hoed gegooi, en wees maar verseker daar sal baie groot belangstelling wees.

Hoekom? Want Otago (Highlanders) is een van die voedergebiede van Nieu-Seelandse rugby.

Dis vanwaar die nuwe opkomende ster van Nieu-Seelandse rugby, Damian McKenzie, oorspronklik vandaan kom. Dis waar Aaron en Ben Smith, Malakai Fekitoa, Lima Sopoaga, Patrick Osborne en Waisake Naholo geslyp word om die skoene van Ma’a Nonu, Conrad Smith en Dan Carter vol te staan.

Die Otago-rugbyunie, nadat hy drie jaar lank `n wins gemaak het, is weer in die rooi met `n verlies van 162 000 Nieu-Seelandse dollar (sowat R1,6 miljoen) omdat die unie nie `n toets aangebied het nie.

Die ekonomie in dié streek trek swaar, dis nie maklik om borgskappe te bekom nie, en die Nieu-Seelandse Rugbyunie het verlede jaar die unie met meer as R11 miljoen ondersteun.

Dis in die belang van Nieu-Seelandse rugby, dis belangrik om goed in die Superreeks te vaar, dis belangrik om toe te sien dat die All Blacks die wêreld se beste span bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Weskaper ·

Dit sal die grootste April-fool wees as Allister Coetzee aangestel word, die April-fool sal veroorsaak dat SA rugby heeltemal ten gronde sal gaan onder Allister Coetzee. Ek stel voor dat indien Allister Coetzee aangestel word, laat die wittes ‘n afrigter op meriete aanstel, hierdie afrigter moet ‘n span kies op merite nadat Allister eers sy keuse gemaak het en laat die 2 spanne dan teen mekaar speel en besluit dan wie is die beste afrigter en spelers. Ek weet my voorstel sal nooit aanvaar word nie want enige persoon met verstand sal weet wat die uitslag sal wees.

Callie ·

Wat het Coetzee gewen wat saakmaak. Hy is regstellend en sal kwotas toepas. Totsiens SA rugby. Een voorbeeld, Frans Ludeke se Bulls vernietig n top Stormers span van Coetzee. In SA sal meriete nooit weer tel nie.

Reinhardt Grobbelaar ·

En so groet ons SA rugby. Mens kan verseker wees dat ouens soos Warren Whiteley,Faf de Klerk,Jaco Kriel,Malcolm Marx en Ruan Combrink kan maar vergeet om ooit Springbokke te word. Want Coetzee gaan Ntubeni,Notshe,Carr,Kolisi,Paige,Sithole,Mvovo,en selfs Blommetjies kies. Hy gaan aangestel word want hy gaan doen wat hulle wil hê en dit is dat die span teen 2019 getransformeer word. Maklik,nou ondersteun ons net alle spanne wat teen die klomp kwotas speel.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Ek is n groot Stormer en WP ondersteuner, so ek was ekstaties om te hoor dat Coetzee die Kaap verlaat…en hy moes al lankal, maar hoe hartseer is dit dat hy nou die Bokke gaan afrig! Ek weet ek koop nooit weer vir n toets kaartjie nie, en hoop mense doen dieselfde!

Nico ·

As Coetzee die keuse is, is 1 April net die regte dag om hom aan te stel!

Christo Visagie ·

Haal die Springbok van die trui af en vervang dit met iets anders as AC aangestel word as afrigter, vervang dit met iets wat by die nuwe SA pas,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,’n KAKTUS of KAKKERLAK,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,KERRIEBLAAR

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.