Hoekom word daar net geswyg?

no commentAs daar een ding is waarvoor Suid-Afrika se rugbybase ʼn goue medalje moet kry, is dit vir hul swygsaamheid.

Ja, daar word oplaas van 19 tot 21 Oktober in Kaapstad gekoukus oor die pad vorentoe vir Springbokrugby – maar het een rugbybaas die afgelope twee jaar al na vore getree en sy kommer uitgespreek oor die welstand van Springbokrugby?

Sê nou maar Dok Craven of dr. Louis Luyt was nog in die stoel,  sou hulle stilgebly het oor die pak slae wat die Bokke Saterdag op Kingspark teen die All Blacks gekry het? Sou hulle stilgebly het oor die vierde posisie wat die Bokke op Wêreldrugby se ranglys beklee? Of oor die nederlae teen Japan, Ierland, Argentinië en Australië?

En oor die chaos by die Kings?

Ja, die Bokke het in hl tye ook slae gekry. Dis niks nuut nie.  Dok Craven was immers afrigter, keurder en bestuurder van sulke spanne.

Bokspanne het al met 3-53 teen Engeland verloor, is met 0-49 deur die Wallabies geklop, is met 52-16 en met 28-0 en deur die All Blacks gelooi, maar is daar stilgebly? Die Bokafrigter Jake White is in 2006 van Australië laat kom om te hoor wat skort en is so byna-byna die pad gewys.

En toe wen hy in 2007 die Wêreldbeker!

Die huidige Springbokafrigter, Allister Coetzee, sê daar is nie beter spelers om te kies nie. Hoekom dan nie ʼn toer reël vir die land se naasbestes soos ondermeer Andries Coetzee, Jamba Ulengo, Sergeal Peterson, Rohan Janse van Rensburg, Francois Venter, Ox Nché en RG Snyman om te wys waartoe hulle in staat is nie?

In 1932 is ʼn Junior Springbokspan na Argentinië gestuur en het hulle al agt wedstryde gewen. Vyf spelers, insluitende die kaptein, Joe Nykamp, het ná die toer Springbokke geword.

Nog beter, in 1959 het die Junior Bokke (in daardie dae was dit nie die o.21-span soos die span vandag bekend staan nie) weer deur Argentinië getoer en al 13 wedstryde gewen.

Dertien spelers, onder meer legendes soos Jannie Engelbrecht, John Gainsford, Mannetjies Roux,  Dave Stewart, Fanie Kuhn, Dick Putter, Doug Hopwood en Lofty Nel, het hierna Springbokke geword.

Die grondslag is toe vir Bokrugby gelê, want Bokke het in 1960/’61 deur Brittanje getoer, al vier toetse teen die Britse tuisunie gewen, 31 van hul 34 wedstryde gewen en net teen die Barbarians (6-0) verloor.

Wat van ʼn toer na die Suidsee-Eilande, of ʼn toer wat wedstryde in Roemenië en Georgië insluit?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pietman ·

Stem saam die rugbybase is verbasend stil. Die junior bokke moet teen die springbokke speel. Daar is geen doel om hul teen Georgië en Samoa te toets nie.

Jan ·

Ja ek dink Wynand Claasen en die rugbyraad is verantwoordelik. Wynand omday hy die bok afrigter swartgesmeer het oor hulle met 2 punte verloor het twem die AB en nou is hy met mond vol tande… rugbyraad is nonfunksunele klomp wat ZA in die steek gelaat het deur na Wynand te luister en nie die ruggraad het om regte besluite te maak nie. Ons kort ‘n leier daar net soos wat die land ‘n leier kort. In die professionele era is daar nie plek vir sissies nie…

Frans C ·

Lees gerus , Laurie Mains se kommentaar op News 24 onder die sport afdeling.as enige rugbybaas sulke kommentaar plaaslik kwytraak, kan hy maar sy tassies pak en is mi die rede hoekom hul stilbly.

Selfs op Superrugby op Kyknet bly anbieders ver van die onderwerp af en konsentreer eerder op ‘n die afgewaterde Curriebeker kompetisie en probeer die volk se geesdrif aan te wakker deur die spel van die 4 spanne, dan veral van die Cheetahs, op te hemel as synde
die toppunt van rugby te wees.

Dink hul regtig dat mense werklik die ‘window dressing’ glo.

Josua Keys ·

Waarom is die rugby base soos stil vra almal!!!! Eenvoudig mense dit is die enigste sport wat deur die huidige regering beskou word as n “boere sport” ongeag wie dit beoefen daarom wil en sal hulle dit verpletter. Suid Afrika se swart ondersteuners voel vere of Bafana Bafana wen of nie solank daar net spelers in die span is wat hulle daar wil sien is alles honky Dory ons rugby ondersteuners in teendeel soek antwoorde maar almal swyg want dit is wat die Rugby base wil hê hoe gouer Springbok Ruby geprivatiseer woord en wegbreek van SARU hoe gouer sal dit weer vol stadions oplewer presteer jy nie word jy eenvoudig met die ander vervang en die boetie boetie besigheid en kwita’s sal vervang word.

Herman G ·

Die rugby base is nie intelligent genoeg om iets te sê nie of,
hulle is te bang vir die politici of,
hulle is te besig om hulle rugby “werke” te geniet.

So van Louis Luyt gepraat, wie na hom was ‘n goeie rugby baas? Nie een nie. Een van die groot probleme (indien nie die’ grootste) is dat goeie leierskap nodig is in enige situasie. SA Rugby het swak leiers nou al vir 20 jaar. ‘n Ander probleem is dat geen blanke man vir die posisie oorweeg kan word nie, so die groep waaruit gekies kan word is met 80% gesny. Sit dan by dat ‘n klomp amateurs die president kies, en jy eindig waar ons nou is.
Gaan kyk hoe goed word sporte soos NFL (Amerikaanse Rugby) en AFL (Australiese Voetbal) bestuur. Hulle is letterlik ligjare voor SA Rugby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.