Hoera, ʼn Springbokspan sonder verrassings!

Dit gebeur nie aldag dat ʼn Springbokspan geen verrassings inhou en boonop ook die goedkeuring van die meeste van die ondersteuners wegdra nie.

Wanneer laas het dit gebeur?

Ja, daar is nog nie sekerheid oor die Springbokke se plaasvervangerbank nie, maar oor die opdrafspan wat die afrigter, Rassie Erasmus, Donderdag in Parys aangewys het om Saterdag teen Frankryk te speel, kan daar min twyfel wees.

Dit is die keur van Suid-Afrikaanse rugby.

As húlle nie die Franse kan klop nie, is hulle bloot nie goed genoeg nie.

Die drie veranderings aan die span wat met 11-12 teen Engeland verloor het, was almal te verwagte: Willie le Roux is terug op heelagter in Damian Willemse se plek, Faf de Klerk vervang vir Ivan van Zyl op skrumskakel en Franco Mostert speel in die beseerde slot Eben Etzebeth se plek.

Le Roux-hulle was nie een beskikbaar teen Engeland nie omdat die toetswedstryd buite die toetsgleuf geval het en hulle weens hul betrokkenheid by Engelse klubs nie kon speel nie.

Kan die span enigsins nog versterk word?

Met die uitsondering van Etzebeth (voetbesering) en dalk die skuif van Duane Vermeulen na agtsteman in Warren Whiteley se plek met Pieter-Steph du Toit in die nommer 7-trui, is dit die pak wat die ruggraat van die Bokke se Wêreldbeker-aanslag kan vorm.

Agterlangs is daar ook baie meer bestendigheid en is daar nie veel ander kandidate wat genoeg gedoen het om in aanmerking te kom nie.

Ses van die sewe agterspelers wat reeds in Junie vanjaar in die eerste toets teen Engeland gespeel het, is weer daar met net die beseerde Lukhanyo Am wat nie beskikbaar was nie.

Maar sou hy steeds die span haal met Jesse Kriel nou op sy kop?

Die Springbokspan ‒
15 Willie le Roux, 14 S’bu Nkosi, 13 Jesse Kriel, 12 Damian de Allende, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Duane Vermeulen, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Pieter-Steph du Toit, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Thomas du Toit, 18 Vincent Koch, 19 RG Snyman, 20 Francois Louw, 21 Embrose Papier, 22 Elton Jantjies, 23 Cheslin Kolbe.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pottie ·

Hul kon maar vir papier of paige of watokal by die huis los Louis verdien sy kans!

Marx het vreeslik gesukkel maar akker moet steeds wag vir n kans na n reusse currie beker.

Pottie2 ·

Embrose Papier is uiters talentvol! Ek vilg hom al van skooldae af. Iemand wat hom “afkraak” het duidelik nie ‘n idee hoe talentvol hy is nie.

ACJ ·

Pottie2 ek stem saam met jou,dis net dat rassie hom nie ‘n kans gee nie,ek meen hoe kan hy hom bewys as hy nie kans kry nie.

Niklaas ·

Die span lyk gedug en sterker. Maar Franse is so onvoorspelbaar. Tog dink ek Bokke gaan gemaklik wen

Swartwolf ·

Hoekom speel Duane uit posisie ? Die Ellende en Kolisi die swakste spelers in die begin span en dan is Kolisi se leierskap en besluitneming ‘n groot swakpunt. Bench lyk goed behalwe vir Papier en Kolbe.

rollie ·

Jy’t ‘n probleem met elke gekleurde en WP speler wat vir die Bokke speel.

Johan ·

Bokkies moet maar eerder by huis bly. Jul maak net jul naan knaater

Callie ·

Bongi bo Akker. Kolisi bo Louw. Rassie net dit en dan haal jy ook nie jou kwotas nie

Vra maar net ·

Pieter Kruger wat is jou probleem met Warren whiteley??? Dis eerder kolisi wat moet plek maak.

Anton Kld ·

Vra ek ook?Blote agsteman spel is WW beter as DV al is hy nie so Sterk nie. WW is verseker vinniger en meer beweeglik in alle opsigte?

Gemaskerde Sopbeen ·

Daar is nie so ding soos ‘n span “sonder verrassings” nie…..Wag maar net tot hulle op die veld draf en julle almal “verras” met lynskop na lynskop na lynskop om lynstane te doen wat een na die ander verloor word…..NEGE PUNTE in sy kanon is, is NIE ‘n “verrassing” nie? Hoe bedoel meneer dan nou?

rollie ·

Vermeulen en Whiteley moet omruil. Ek verwag egter nie veel van ons useless afrigter nie. Ek hoor verlede week se spelpatroon van up and unders en stormram-rugby word voortgesit. 5 uit 12

Swartwolf ·

Daar is hordes rugby kenners wat die belaglike sisteem van kwotas sien vir wat dit is. Selfs internasionale afrigters het hul al openlik in die media uitgespreek hieroor. Duidelik ondersteun jy dit. Wat jou reg is, net soos dit myne is om openlike daarvan te verskil. Daar is redelik baie ondersteuners wat vra of die huidige kaptein en ander kwota spelers bevoeg is, en hoekom spelers uit plek uit moet speel om “plek te maak” vir die wat die politici gelukkig hou. Moet ons weer die Wallis toets in die USA en die gemors teen die All Blacks in Pretoria herroep? Dis nie die afrigter nie, dis die spelers en die kwotas wat op die afrigter afgedwing word wat die span se prestasie ondermyn. Kyk na die twee mees suksesvolste spanne in bok rugby die afgelope 25 jr, 1995 en 2007. Wereldbeker wenners. Wat verskil van die klomp sukkelaars wat ons vandag het? Afrigter was nie onderdanig aan ‘n kwota sisteem nie, en die kaptein was ‘n wereld erkende leier, op en van die veld af. Vergelyk wat ons vandag het met John Smit en Francois Pienaar? Vergelyk selfs die laaste paar afrigters soos Toetie, Rassie en Snorre met
Jake White en Kitch. Snorre was nog gelukkig hy het Jake se wereld kampioene geerf, hulle het sommer vir hom gese wat om te doen. Nee wat ek het nie die probleem nie die probleem is voor die hand liggend. En meeste mense sien dit raak.

All Black ·

Swartwolf—Dankie vir jou opinie. Ek is baie ander ondersteun jou siening. Ek het dit jare terug dit net een verder gevat en ondersteun ‘n span wat geen rassisme of ongelykhede duld of aanvaar nie. Spelers word op meriete gekies. Jy sal nou sien hoeveel van die bok ondersteuners sal nou sê om te immigreer na NZ. Dis my reg as gebore Suid Afrikaner om vir ‘n ander span te skreeu. My hart bloei vir die bok spelers wat goed genoeg is op meriete wat uitgelaat word agv velkleur. Dis al rede hoekom ek nie die bokke kan ondersteun nie.

All Black ·

Die verrassing is daar as die uitfluitjie laas. Dan kom die verskonings, beskuldigings en Ref probleme. Wat sal nou verander?

ac ·

All Black gaan NZ toe en los SA en sy sport nevermind velkleur lyk my jy is velkleur verskrik.

Swartwolf ·

@All Black: ek dink baie mense deel die sentimente. Ek is nog ‘n bok ondersteuner en sal altyd bly. Dit is natuurlik almal se reg om te ondersteun wie hul wil. Dit is jammer dat die cANCer soos gewoonlik alles opfoeter waaraan hulle raak so ook rugby met hulle kwota sisteem. Daar is genoeg talent en spelers van kleur om die volgende JP Petersen, Bryan Habana, Errol Tobias, Things Linnee of enige een van die great bokke van kleur van die verlede wat op meriete altyd die bok span gemaak het te word. Kyk na die Engelse, All Blacks, Aussies of selfs Hane. Hoeveel spelers van kleur het hulle nie? Maar elkeen verdien sy plek op meriete en is nie daar agv een of ander kleur ratio wat deur ‘n politikus uitgedink is nie. Die kwota doelwitte vir Rassie gestel die jaar is die hoogste ooit. Is dit toeval dat die wen persentasie die swakste is ? En volgende jaar gaan dit weer op. So dalk is die wereldbeker ‘n “bridge too far” vir die huidige bok “sisteem” en SA rugby sal maar tussen 8 en 5 bly ronddobber in die rankings. En nooit die ware kampioene wees wat ’95 en 2007 se spanne gewys het die bokke kan wees nie. Sad state of affairs.

LRA ·

Faf gaan in elk geval ook net heeltyd balbesit wegskop. Kan nie glo hy en Rassie weet nou nog nie dat ‘n span die bal moet hê om punte aan te teken nie. Dis baie frustrerend om na die Bokke se wedstryde te kyk.

Buffel ·

@ac: en al wat jy kan se klink soos politieke retoriek. Gaan jy altyd dieselfde dink of dalk aandag anders ? Rassiste is vinnig om te se “as dit so sleg is hier gaan na ‘n ander land” Julle se dit want julle het nie antwoorde of die redenasie vermoe om met antwoorde op te kom vir die duidelike faal van die huidige sisteem nie. Meeste mense wil nie SA verlaat nie, en wil eerder sien dat dinge verbeter. Ander soos jy is tevrede met immer dalende standaarde met gelykstellende aksie, kwotas of wat jy dit ookal wil noem as die justification.

Isak ·

Ai, al die rugby kenners. Wat alles weet, weet eintlik niks. Hoe bly julle negatiewe spul nie maar stil nie. Die daar weet wat hulle moet doen. Gaan doen die job ons goeie rugby kenners en kyk of dit so maklik is. Sterkte julle negatiewe spul.

Lekker lag ·

Nerens in Maroela Media se reels staan dit geskryf dat iemand ‘n Springbok rugby speler moes wees om hier kommentaar te lewer, positief of negatief. As dit nie so is nie laat ons almal weet watter posisie jy gespeel het en hoeveel toetse dan sal ons eerder na jou luister.

Lekker lag ·

Nerens in Maroela Media se reels staan dit geskryf dat iemand ‘n Springbok rugby speler moes wees om hier kommentaar te lewer, positief of negatief. As dit nie so is nie laat ons almal weet watter posisie jy gespeel het en hoeveel toetse dan sal ons eerder na jou luister.

Erick ·

Die Springbokke oefen verkeerd. Jy kan net deelneem en kompeteer soos wat jy oefen. Jy moet soos ‘n rugby-atleet oefen en nie algemene fiksheids oefeninge of’ bodybuilding ‘ oefeninge doen nie. As ek hulle fiksheids en krag afrigter kon wees het ek hulle binne 6 maande in ‘n onoorwonne span verander…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.