Hofsaak, onsekerheid rede vir GB-uitstel?

Goue BekerDie verwagte uitreiking Donderdag van die bepalings vir die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker is opgeskort.

Pleks daarvan het `n kennisgewing op die reeks se Twitter-forum, @saclubrugby, verskyn dat die aankondiging daarvan geherskeduleer is “om bepaalde uitstaande operasionele planne te bevestig”.

Die nota brei nie hierop uit nie, maar dis waarskynlik `n goeie raaiskoot dat dit onder meer verband hou met die regstappe waarmee Despatch dreig nadat die OP Rugbyunie (OPRU) vir Port Elizabeth Polisie as die bond se verteenwoordiger in die reeks benoem het.

Despatch betwis die regsgeldigheid hiervan en sy prokureur het vroeër teenoor Pale Toe! bevestig dat die klub die OPRU se besluit in die hof sal beslis.

Die Valke se verteenwoordiger was teen Donderdag ook nog nie bevestig nie en het waarskylik tot die opskorting van die aankondiging bygedra.

Ander onbekende faktore is die Zimbawese deelnemer en die twee van vanjaar se ligawenners wat nie reeds in die reeks speel nie. Dié sou in elk geval eers later bekend raak en behoort nie tot die vertraging bygedra het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.