Hol, hol, hol

Allister Coetzee (Foto telepgraph.co.uk)

Allister Coetzee (Foto telepgraph.co.uk)

Toe die Bokke in 1937 deur Nieu-Seeland getoer het, het die legendariese Stellenbosse rugbybaas Oubaas Markötter ʼn telegram wat uit net drie woorde bestaan het, aan die span gestuur hoe om die Kiwi’s te klop: skrum, skrum, skrum.

Dit het vanselfsprekend nie beteken dat die Bokke die hele tyd moet skrum nie. Wat hy voorgestel het, was dat die Bokke die grondslag in die skrum moet lê … en dit het gewerk, want Philip Nel se Bokke het die eerste en enigste Bokspan geword wat ʼn toetsreeks in Nieu-Seeland kon wen.

Hulle het die eerste toets in Wellington met 7-13 verloor, maar het voortgegaan deur die All Blacks met 13-6 op Lancasterpark en 17-6 – met vyf drieë – op Edenpark te klop.

Wat sou Oubaas Mark vandag aan Allister Coetzee getwiet het? Hol, hol, hol.

Die Bokke beweer dat daar niks met hul wedstrydplan skort nie, net met die uitvoering daarvan.  Nee menere, want dan van die nederlae teen Ierland, Argentinië,  Australië, Nieu-Seeland en Engeland en ʼn gelykopuitslag teen die Barbarians in die 11 wedstryde vanjaar?

Coetzee beweer dat hy nie links en regs aan die span sal verander wat deur die Engelse geklop is vir  Saterdag se kragmeting teen ʼn powere Italiaanse span nie.

Dis juis ʼn wedstryd wat hy op ʼn skinkbord kry om die gety te laat draai, om momentum op te bou, om die toets teen Wallis met vertroue aan te pak en die Grandpa-poeiers in die laai te hou.

Ja, die Bokke kon nie ʼn saamgeflanste Barbarians-span klop nie, maar watter wedstrydplan het hulle gevolg?

Ja, die Lions kon nie die Superreeks wen nie, die Vrystaatse Cheetahs het in ʼn afgewaterde Curriebekerreeks maalvleis van al die ander spanne gemaak, maar is dit nie soos rugby in 2016 behoort gespeel te word nie?

Vergeet van die oorsese spelers, vergeet van Damian de Allende, vergeet van Pat Lambie op losskakel, vergeet van Rudy Paige op skrumskakel, vergeet van vier slotte in die pak.

Dit sal nie oornag verander nie, maar wat wel belangrik is, is dat daar vordering gemaak moet word.

Hoe het die Bokke dit in 1951/’52 reggekry om 44 punte teen die Skotte aan te teken? Wat van die 101 punte teen Italië (1999), 96 punte teen Wallis (1998), 68 punte teen Skotland (1997) en 61 punte teen die Wallabies (1997)?

Hoe het die Lions vanjaar die ander spanne (ook hul Nieu-Seelandse teenstanders) ore aangesit? Hoeveel keer het die Cheetahs in die Curriebeker-eindstryd geskop?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

LOSKOP ·

Die Blesbokke moet ten minste met 60 punte teen Italia wen , wen hulle nie met die punte verskil nie sal hulle ook teen Wallis verloor. A C het nie n plan hoe om te speel nie , so hoe kan hy dit aan die spelers oordra ,ons rugby is met een voet op n piesang skil en die ander voet op die randjie van die afgrond. Met A C se aanstelling en sy eerste toespraak het hy belowe die span gaan hardloop rugby speel en daar gaan nie buitelandse spelers gekies word nie so A C wat het van daai voornemens geword. Ek dink die eerbare ding vir jou om te doen is bedank en laat n werklike rugby afrigter oor vat en die Blesbokke weer Springbokke maak

#SpringbokMustFall ·

Ek dink oubaas Markotter se raad sou maklik en eenvoudig gewees het. Begin reeds op primêre skool die spelertjies slegs op meriete kies en laat geen ander kriteria enige rol in spankeuses speel nie.

Chris ·

Die afrigter wat Springbok rugby gaan omdraai moet op water loop, maak vrede met die huidige toedrag want dit gaan nie gou verander nie, daar is te veel politiek in rugby om die glorie Springbok rugby van weleer te laat herleef. Inteendeel SA Rugby is deurspek met politiek en nie noodwendig party politiek nie, een van die baie redes hoekom spelers oorsee gaan speel.

Waghond ·

Nee wat, Allister is die kluts kwyt net soos die Australiese krieketspan tans. Sy spankeuses, wedstrydplanne asook kommentare voor/na wedstryde getuig van ‘n breier wat nie die vaagste benul het wat aangaan of wat om te doen nie!

Chris Erasmus ·

Drie dinge wat hulle moet leer en nog glad nie regkry nie-dit is balretensie,balretensie en balretensie…

Gerbrandt ·

Ha ha dis n grap, ek maak lekker geld op Bettingworld, wed net teen die floppies! Go AC!!

Nico ·

Ek dink AC hulle moet vir die spelers vra watter tipe rugby hulle wil speel en dan die beplanning doen rondom dit. Ons hoef nie soos ander spanne te speel nie.Eers die basiese dinge van rugby 100% reg doen en dan die flair van elke speler ontwikkel sodat hulle rentmeesters in hulle eie posisies is.

Callie van der Merwe ·

Mense julle verwag heeltemal te veel van AC en sy span komediante! Hoe op dees aarde moet hulle al jul planne implimenteer met hul beperkte rugby kennis en die oogklappe op die oë?

What a joke! ·

Ai tog… sal vir ac n rooi nar neus stuur vir kersfees…. dit is al wat hy nog kort .Lyk alreeds soos n sirkus onder die bok geledere met die hoofnar ac aan die spits… ja breek maar tog dit wat ok eens bevoegd en trots af sodat dit mooi in pas by die res van Afrika standaarde , verander net die naam asb na Swartwitpens bokke sodat die res van die wereld nie hulself misgis en dink dit is die ware hoe standaard Springbokke wat hul af geslag het nie want dan raak hul oorgerus en verloor teenoor Ierland!hehe ai Ac jy laat my lekker huil maar ok lekker lag…wat n mannewales.die ou is clueless!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.