Honderdtal vir Valke in Curriebeker- Eerste Liga

Die Valke het Vrydag in die Barnardstadion, Kempton Park, vir ʼn honderdtal in die Curriebeker- Eerste Liga gesorg.

Hulle het onder meer 15 drieë gedruk om die Oostelike Provinsie met 101-29 te verrinneweer (rustyd 47-17).

Dit, nadat die Westelike Provinse se o.21-span vroeër Vrydag sy OP-portuur met 173-0 verfomfaai het.

Die Valke se skrumskakel, Anrich Herbst, het 11 van die 15 drieë verdoel om 22 punte op die telbord te plaas.

Etienne Taljaard, die regtervleuel, het vier keer agter die doellyn gaan kuier.

♦ Op Outeniekwapark in George het die Suidwestelike Distrikte vir Boland onverwags maklik met 54-28 verslaan.

Hy was rustyd reeds met 36-14 voor.

Divan Nel, die Arende se losskakel, het 19 punte met vyf doelskoppe en drie stafdoele aangeteken.

Die puntemakers –

Valke 101 (47) – Drieë: Marco Klopper, Sikhumbuzo Mabuza (2), Friedle Olivier (2), Etienne Taljaard (4), Lundi Ralarala, Coert Cronjé (2), Andrew Volschenk, Martin Sithole, Andrew van Wyk. Doelskoppe: Anrich Richter (11), Andries Truter (2).

OP 29 (17) – Drieë: Anele Lungisa, Ruan van Rensburg, Michael Makase, Ruben de Vos. Doelskoppe: Ruben de Vos (3).

SWD 54 (36) – Drieë: Jacques Vermaak, Ruben Schoeman, Nicolaas Immelman, Marlo Weich, Leighton Eksteen, Janneman Stander, Kirsten Heyns. Doelskoppe: Divan Nel (5). Strafdoele: Divan Nel (3).

Boland 28 (14) – Nie beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wolla ·

173-0, goeie genade. Dis amper onmoontlik, geen teenstand nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.