Hongkong hoog oor nog ʼn WR-hekkie

Hongkong (Asië) is met vlieënde vaandels oor sy jongste hekkie onderweg na ʼn Wêreldbekeruitspeelronde teen die Cook-eilande (Oseanië).

Hy het Maleisië Saterdag by die Hongkong-voetbalklub met 91-10 in die grond in gespeel.

ʼn Sege aanstaande week oor Korea sal verseker dat hy (Hongkong) die Asiatiese Rugbykampioenskap wen, en op ʼn tuis-en-weg-gronsdslag met die Suidsee-eilanders kragte meet vir ʼn plek in die vierhoekige uitdun wat die twintigste en laaste deelnemer in Japan sal bepaal.

Die Hongkongse regtervleuel Conor Hartley het ʼn driekuns behaal, en die losskakel, Ben Rimene, se 11 suksesvolle doelskoppe was 22 punte vir die wenspan werd.

♦ In Pattaya, Thailand, het Chinese Taipei (voorheen Taiwan) Afdeling II van dié kampioenskap gewen deur die gasheer met 28-21 te klop nadat die Taipeise span vroeër Indië met 44-5 gestoomroller het.

Thailand se sege van 18-12 oor Indië het aan hom die tweede plek besorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.