Hoop vir nuwe versiendheid in SA rugby vlam op

‘n Mens kan nie anders nie as om te hoop dat die nuwe inisiaitief van die SA Rugbyunie (Saru) en die Stellenbosse Sportakademie (Sas) die begin van ʼn nuwe versiendheid in die toekoms van Suid-Afrikaanse inlui.

Saru het Donderdag in Kaapstad aangekondig dat 30 van die beste o.19- en o.20-spelers in die land vier maande lank as lede van die SA Rugbyakademie by die Sas op Stellenbosch geslyp sal word voordat hulle vir die res van die seisoen na hul onderskeie bonde terugkeer.

Is dit dalk die eerste sigbare resultaat van Rassie Erasmus se aanstelling as Saru se rugbydirekteur?

Saru sê gewese SA Skole-uitblinkers soos Salmaan Moerat, Muller Uys, Nkosikhona Masuku en Rikus Pretorius tel vanjaar tussen die eerste rekrute van die akademie.

Luidens Saru se verklaring sal afrigters van die Springbokke, die SA o.20-span en die Blitsbokke benewens die akademiebreiers aan die spelers aandag gee.

Die program strek oor ʼn jaar en akademielede sal terselfdertyd aan verskeie tersiêre instellings studeer om hulle vir ʼn loopbaan buite rugby toe te rus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boerseun ·

Daar is dan reeds n saru akademie wat nie die ruseltate lewer nie. Idiolgie werk nie is sport nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.