Hoort Willie le Roux nie in die Springbokspan nie?

Willie le Roux

Willie le Roux is een van daardie rugbyspelers wat Dok Danie Craven ʼn voetballer sou noem.

Ja, daar is diegene wat sê hy is ʼn skouponie, hy hardloop te skuins, hy probeer te veel op eie houtjie doen. Maar is dit nie die gevolg van swak afrigting nie?

Hoekom floreer hy nou vir Wasps, waar hy in een van Europa se beste agterspelers ontwikkel het? Dis boonop op nat velde,  waar die aftrappers  se vermoë veronderstel is om ingeperk te word.

Sedert hy die eerste keer in 2010 vir die Bolandse Kavaliers gespeel, het hy groot indruk met sy kreatiwiteit, visie, vaart en aftrappe gemaak.

Dit het gelyk of hy meer tyd as die ander spelers gehad het om besluite te neem, sy aangeë was suiwer en hy het vroeg in sy loopbaan nie te skuins gehardloop nie.

Los sulke spelers uit. Moenie hulle in ʼn blik druk nie, het Dok Craven altyd gesê.

Le Roux het in 41 toetse gespeel, maar dit moes baie meer gewees het, want in plaas daarvan dat hy verder ontwikkel het, het sy vordering gestagneer, in so ʼn mate dat hy sy plek in die Springbokspan span verloor het.

Die vlugvoetige Wallaby Kurtley Beale, wat ʼn seisoen vir Wasps gespeel het en gewese Engelse losskakel Danny Cipriani, speel ʼn groot rol in Le Roux se nuutgevonde selfvertroue. Só ook Juan de Jongh, wat saam met Le Roux vir Wasps speel.

Ja, Suid-Afrikaanse spelers wat oorsee speel, bly ʼn tameletjie. Maar is Andries Coetzee of Warrick Gelant werklik beter as die 28-jarige Le Roux?

Moet daar nie eerder gepoog word om hom na Suid-Afrika terug te lok en hom by ʼn span te plaas waar sy talente reg gebruik word nie?

Dink maar terug aan die goue jare van Springbokrugby: die vennootskap van André Joubert met sy losskakels,  en selfs Percy Montgomery…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Willie is ‘n sprekendes voorbeeld van hoe ‘n vrot afrigter ‘n briljante speler se talente kan vernietig. Gode sy dank hy het elders sy heil gaan soek onder ‘n afrigter wat weet wat hy doen

What a joke! ·

Wats nuus ..Suid Afrika jaag al sy top spelers oorsee oor kwotas en swak afrigters…

Niklaas ·

Hy was altyd een baie opwindende heelagter en dit was n plesier om hom te sien speel. Stukke beter as die huidige Andries Coetzee ou . Maar as afrigters n ander spelpatroon afdwing sal dit soms lol. Hy speel glo kookwater rugby oorsee. Soos Faf de Klerk en talle ander. Swak afrigters kan groot nonsens aanjaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.