Hope Curriebeker-aksie vandag

Die Pumas se Eddie Fouche. Foto: GB Jordaan.

Daar word vandag drie Curriebeker-wedstryde gespeel en die aksie begin reeds vroegmiddag wanneer die Pumas vir die Blou Bulle in die Laeveld wag.

Die Nelspruiters het die afgelope naweek gelykop teen die Westelike Provinsie gespeel en hulle sal graag met die Bulle op hul tuisveld wil klaarspeel. Dit sal egter g’n maklike taak wees nie – die Bulle is die voorlopers op die punteleer nadat hulle die Leeus in die Jukskei-derby vermorsel het.

Die wedstryd begin om 14:30 en die wedstryd sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Pumas: Tapiwa Mafura (heelagter), Sebastian de Klerk (regtervleuel), Alwayno Visagie (buitesenter), Ali Mgijima (binnesenter), Jade Stighling (linkervleuel), Niel Marais (losskakel), Chriswill September (skrumskakel), Khwezi Mafu (agtsteman), Phumzile Maqondwana (flank), Niel Otto (flank), Pieter van Vuren (slot), Kwanda Dimaza (slot), Marné Coetzee (stut), Eduan Swart (haker) en Morgan Naude (stut). Plaasvervangers: Llewellyn Classen, Dewald Martiz, Christo Bezuidenhout, Shane Kirkwood, Willie Engelbrecht, Giovan Snyman, Eddie Fouche en Matt More.

Blou Bulle: Sibongile Novuka (heelagter), Kurt-Lee Arendse (regtervleuel), Stedman Gans (buitesenter), Cornal Hendricks (binnesenter), Stravino Jacobs (linkervleuel), Johan Goosen (losskakel), Zak Burger (skrumskakel), Elrigh Louw (agtsteman), Muller Uys (flank), Arno Botha (flank), Ruan Nortjé (slot), Janko Swanepoel (slot), Mornay Smith (stut), Schalk Erasmus (haker) en Gerhard Steenekamp (stut). Plaasvervangers: Jan-Hendrik Wessels, Jacques van Rooyen, Mhleli Dlamini, Reinhardt Ludwig, WJ Steenkamp, Keagan Johannes, Chris Smith en Lionel Mapoe.

  • Ruan Pienaar. Foto: Twitter.

    Die Cheetahs en Griekwas kruis daarna in Bloemfontein swaarde. Die tuisspan sal oorgehaal wees om die bordjies te verhang nadat hulle vroeër in die reeks teen die manne van Kimberley verloor het.

Die kragmeting begin om 16:45 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Craig Barry (regtervleuel), David Brits (buitesenter), Siya Masuku (binnesenter), Malcolm Jaer (linkervleuel), Reinhardt Fortuin (losskakel), Ruan Pienaar (skrumskakel), Aidon Davis (agtsteman), Junior Pokomela (flank), Andisa Ntsila (flank), Jean Droste (slot), Victor Sekekete (slot), Aranos Coetzee (stut), Marnus van der Merwe (haker) en Cameron Dawson (stut). Plaasvervangers: Louis van der Westhuizen, Alulutho Tshakweni, Conraad van Vuuren, Rynier Bernardo, Reinier Viljoen, Mihlali Mosi, Tian Meyer en Chris Smit.

Griekwas: Ashlon Davids (heelagter), Eduan Keyter (regtervleuel), Chris Hollis (buitesenter), Johnathan Francke (binnesenter), James Verity-Amm (linkervleuel), George Whitehead (losskakel), Stefan Ungerer (skrumskakel), Ruan Steenkamp (agtsteman), Hanru Sirgel (flank), Gideon van der Merwe (flank), Stefan Willemse (slot), Adre Smith (slot), Erich de Jager (stut), Alandre van Rooyen (haker) en Mox Mxoli (stut). Plaasvervangers: Janco Uys, Andrew Beerwinkel, Andries Schutte, Johan Momsen, Luyolo Dapula, Reagan Oranje, Andre Swarts en Ederies Arendse.

  • Burger Odendaal. Foto: GB Jordaan

    Laastens meet die WP teen die Leeus kragte in Kaapstad en al twee spanne sal op hul vertoning van die afgelope naweek wil verbeter.

Die aksie begin om 19:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

WP: Warrick Gelant (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Dan du Plessis (binnesenter), Edwill van der Merwe (linkervleuel), Tim Swiel (losskakel), Godlen Masimla (skrumskakel), Evan Roos (agtsteman), Johan du Toit (flank), Deon Fourie (flank), David Meihuizen (slot), Ernst van Rhyn (slot), Neethling Fouche (stut), Scarra Ntubeni (haker) en Dian Bleuler (stut). Plaasvervangers: Andre-Hugo Venter, Leon Lyons, Sazi Sandi, Nama Xaba, Marcel Theunissen, Paul de Wet, Cornel Smit, Tristan Leyds.

Leeus: EW Viljoen (heelagter), Stean Pienaar (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter), Rabz Maxwane (linkervleuel), Jordan Hendrikse (losskakel), Andre Warner (skrumskakel), Travis Gordon (agtsteman), Sibusiso Sangweni (flank), MJ Pelser (flank), Ruben Schoeman (slot), PJ Steenkamp (slot), Chergin Fillies (stut), Jaco Visagie (haker) en Nathan McBeth (stut). Plaasvervangers: Morne Brandon, Sti Sithole, Asenathi Ntlabakanye, Emmanuel Tshituka, Mandisi Mthiyane, Ross Cronje, Dan Kriel en Manuel Rass.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oom ·

“… die Bulle is die voorlopers op die punteleer terwyl hulle die Leeus in die Jukskei-derby vermorsel het.” Die korrekte woord is tog “nadat” nie “terwyl” nie. “… die Bulle is die voorlopers op die punteleer nadat hulle die Leeus in die Jukskei-derby vermorsel het.”

Janice du Plessis ·

Dagsê Oom
Dankie vir u kommentaar. Die artikel is intussen gewysig.
Dankie! Groetnis
Janice
nms Maroela Medi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.