Hopelik kan Kolbe ’n verskil maak

Kolbe is ook uitstekend op verdediging. Foto: Rodger Bosch/AFP.

Cheslin Kolbe, Suid-Afrika se stervleuel, is weer terug op die oefenveld en kan in die komende toets teen die All Blacks op die CBUS Superstadion speel.

Die 27-jarige blits het vroeër sy been in Australië beseer en hy moes vanuit sy pawiljoensitplek toekyk hoe die Springbokke teen die Wallabies en die All Blacks vasval.

Die Suid-Afrikaners het nie net sy vaardighede op die aanval gemis nie – hy beskik oor die ongekende vermoë om drieë te druk selfs wanneer hy nie veel van die die bal sien nie – maar ook sy verdedigingswerk.

Daarbenewens geniet sy medespelers dit wanneer hy in die Springbok-vyftiental is.

“Cheslin was briljant en hy sorg vir soveel energie. Terselfdertyd is hy een van ons belangrikste spelers en hy was oudergewoonte weer oral op die veld – dit is wonderlik om hom in die span te hê,” het Lukhanyo Am destyds ná die reeks teen die Britse en Ierse Leeus gesê.

Maar of Kolbe iets aan die Bokke se geskoppery sal kan doen, is ’n ope vraag.

Die Springbokke het die bal 38 keer in die afgelope toets teen die All Blacks weggeskop, terwyl hul spelers 255 m op die veld gevorder het. Daarteenoor het die Kiwi’s die bal net 18 keer geskop, maar 97 keer die bal gedra om meer as 400 m te wen.

Intussen het Marco van Staden vandag se oefening weens ’n skouerbesering misgeloop.

Die Springbokspan vir Saterdag se toets teen die All Blacks word môre bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Suzette ·

Man sal ek darem lekker kry as ons die All Blacks kan wen……

Daleen ·

‘n Wen gaan niks verander aan die feit dat die All Blacks die Rugby Kampioenskap 2021 titel dra en WEEREENS die no 1 span in die wereld is nie…. Nee wat die Bokke moes verlede saterdag gewen het nou is’ n wen niks werd en beteken dit net hulle baklei vir die “first loser” (om tweede te wees) posisie.

Baardman ·

Probleem is dat hy nie die bal gaan kry nie. Tussen Faf, Pollard en Willie is die kanse maar skraal. Tensy hy kan vlieg.

Pieter9 ·

Dit is mos nou hoegenaamnd nie realisties om te verwag dat Kolbe ‘n verskil moet maak; as hy nie die bal kry nie kan hy niks doen, hy is nie die beste verdediger wat daar is nie. Twee; die All Blacks het lankal ‘n plan teen hom uitgewerk. Verwag dat die All Blacks gaan wen deur iets te doen wat die Bokke nie vantevore gesien of verwag het nie. Hulle is rugby ‘street wise’.

Jack ·

Ek dink ook nie Kolbe is die antwoord nie.Ek het al spanne afgerig en paar goed geleerby die All Blacks.Ek verkies ‘n groter maar sterker vleul al moet ek spoed inboet.Gaan leer by die All Blacks.Hulle behoort enige kind en jong rugby speler se rolmodelle te wees.Die bokkies bied NIKS behalwe die duidelike bewys dat politiek in sport nie werk nie.

Chris dupreez ·

Ek hoop nou regtig hulle besluit nie om ander spelers n kans te gee om ook op toer te kan speel nie. Kies die beste span en probeer die All Blacks wen, dit is waaroor dit gaan. Kolbe moet vir seker in die span wees, maar Sbu Nkosi sal ook nie die span in die steek laat nie. Hulle kan maar vir Willie le Roux definitief vervang.

SlinkseKoljander ·

BEE to the rescue! Hy sal geen verskil maak nie en hy is te klein vir die All Blacks

Gert ·

Ek wonder of die Bokke hulle bagasie van die hotel af na die bus dra, of skop hulle dit ook?

Kokkie ·

Wat is die storie van een swaeltjie en ‘n somer nou weer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.