Hou maar by die Blou in SA

Morné Steyn (argieffoto) (Foto: GB Jordaan)

Wanneer daar rondom die braaivleisvuur oor rugby gesels word, kan ’n mens maar ’n verskroeide sosatie en ’n verkoolde hoenderboudjie verwag as jy sê dat die Bulls tans die beste span in Suid-Afrika is.

Maar, soos wat Muhammad Ali destyds gesê het: “It ain’t bragging if you can back it up.”

Van die Superrugby Unlocked- tot die Varsitybeker-trofee het vanjaar al staanplek in Pretoria gekry en ná gisteraand se goeie sege van 34 – 22 teen die Sharks in Durban, kan die Bulls ook hul tasse vir Italië pak om teen die beste van Europa kragte te meet.

Die uitslag beteken dat die Pretorianers 25 punte op die Suid-Afrikaanse afdeling van die Reenboogbeker-punteleer het; agt punte meer as hul naaste teenstander.

Volgens Conrad Breytenbach, voormalige Sewesbok, Blou Bul en die man wat die openingsdrie van die 1998 Curriebeker-eindstryd gedruk het, is spanwerk een van die redes vir die Bulls se onlangse sukses.

Foto: GB Jordaan

“Die Bulls speel as ’n hegte eenheid en nie as individue nie. Elke speler weet wat van hom verwag word en hy vertrou die man langs hom. Dit alles dui op ’n gelukkige span,” het Breytenbach gesê.

Tog is ervare spelers soos Morné Steyn, Duane Vermeulen en Trevor Nyakane die spilpunt waarom alles draai. Selfs in Vermeulen se afwesigheid het Marcell Coetzee die Springbok-hardebaard se skoene met lof volgestaan.

“Dit skep weer die geleentheid vir elke speler se individuele briljantheid om na vore te kom. Die kombinasie tussen ervaring en opwindende jong spelers werk uitstekend.”

Jake White verdien ook erkenning vir die wenkultuur wat hy in Pretoria geskep het.

“Dit is ’n voorreg om deel van die Bulls-opset te wees en ons wil weer een van die sterkste unies in wêreldrugby word. Ek is nog altyd dieselfde persoon; ek wíl wen,” het White desytds gesê.

Die Bulls het nou al dubbel en dwars bewys dat hulle in Suid-Afrika kan wen; dit is nou tyd om dit oorsee ook te doen.

  • Puntemakers:

Bulls: Drieë: Cornal Hendricks, David Kriel, Stravino Jacobs en Janko Swanepoel. Doelskoppe: Morné Steyn (4). Strafskoppe: Steyn (2).

Sharks: Drieë: JJ van der Mescht, Siya Kolisi en Anthony Volmink. Doelskoppe: Curwin Bosch en Manie Libbok. Sfrafskop: Bosch.

  • Finale punteleer van die Reënboogbeker SA:
  1. Bulls 25 punte
  2. Stormers 17 punte
  3. Sharks 16 punte
  4. Lions 8 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirk Mostert

Wag daar nie nog ‘n finaal nie?

MakersMark

Weereens ‘n uitstekende 2 de helfte vertoning deur die Bulle wat veral die Sharks se voorspelers met uithaler spel getroef het. Die pepsi was later flat en behalwe vir die ooplyn drie was die sharks no 6 eerder so mak soos ‘n koi vissie veral teen Coetzee wat hulle stil gespeel het. Cornel Hendriks en ook die Bulle voorry was uitstekend. Die Bulle se wen kultuur wys nadat hul die laaste 15 min meeste met 13 man en ten spyte van die ref se beste pogings staande gebly het en uiteindelik vêr gewen het. Die Blou Bul eet nie van… Lees meer »

Jakes

Gister se uitslag tussen die Bulle en Sharks was voorspelbaar. Dit was n geveg tussen mans en n spul skoolseuns. Die Sharks se sukses op die rugbyveld is gebaseer op blote geluk want die geweldige verskil in die kwaliteit van aftigting spreek boekdele. Die 3 spelers wat weer vir die Sharks gekies is nl Kolisi, Bosch en Amm was verseker die 3 swak skakels in die span. Curwin Bosch wat aspirasies het om n bok te word moet maar eers weer klubrugby gaan speel want hy toon geen visie as n losskakel nie. Hoe Amm as n kaptein van n… Lees meer »

Snowball

Wat altyd boekdele spreek is die grasie waarmee die kaptein van die verloorspan sy opponente se sukses kan erken en hulle kan gelukwens, iemand moet tog vir Amm daardie les in die kapteinsboekie leer.
Dié wat suur is omdat die Bulle so lekker koop – dis die geheim van Professionele Rugby, die Unie moet finansieel gesond bly om die topspelers te kan lok. Niemand aanvaar werk by ‘n bankrot maatskappy nie, vra vir Kolisi.
Geluk dan aan die Bulle (en dit vat Leeu-moed om te moet sê), maar ons hoop julle maak SA trots in Italië.

SjN

Maak die bulle almal bokke.