Hou tog by die Lions-patroon

Allister Coetzee (Foto: Saru)

Die kans is baie goed dat die Springbokafrigter, Allister Coetzee, agt Lions-spelers in die opdrafspan gaan hê wat Saterdag op Loftus Versfeld in die eerste toets teen Frankryk speel.

Maar watter patroon gaan die Bokke volg?

Almal weet wat verlede jaar in die tweede toets teen Ierland gebeur het, toe daar drie Lions in die beginspan was (Lionel Mapoe, Elton Jantjies en Faf de Klerk) en nog vier Lions (Ruan Combrinck, Warren Whiteley, Franco Mostert en Julian Redelinghuys) plaasvervangers was en in die tweede helfte opgestuur is.

Die Bokke het die Iere dronk gehardloop en hulle het die toets met 32-26 gewen nadat die Iere in die eerste toets met 26-20 baas was, ondanks die rooikaart wat CJ Stander reeds in die eerste helfte gekry het.

Toe die Lions (ag, ek bedoel die Bokke) die spel gerek het en Jantjies toegelaat is om die toutjies te trek, was die Iere ewe skielik tam en loodvoetig en kon hulle nie al die gate toestop nie.

Noordelike Halfrond teen Suidelike Halfrond!

Maar daar is nie daarop voortgebou nie. Toe die Bokke in 2016 net vier uit 12 toetse kon wen, was daar allerhande verskonings.

Sommige was geldig, soos dat Coetzee nie sy eie afrigtingspan kon kies nie, dat daar nie ʼn beleid oor die kies van oorsese spelers was nie en dat die Bokke se voorbereiding nie na wense was nie.

Vanjaar is daar geen meer verskonings of uitkomkans nie. Coetzee het gekry waarvoor hy gevra het, daar was drie oefenkampe, net twee oorsese spelers (Frans Steyn en Francois Hougaard) kan vir die naweek betrek word nadat Duane Vermeulen ʼn skouerbesering in die eindstryd van die Franse Top14-reeks opgedoen het.

(Steven Kitshoff is nou terug van oorsee en speel voortaan sy rugby in Suid-Afrika.)

Die beste spelers is beloon en op spelpeil gekies, Whiteley het die jawoord as kaptein gekry en met balvaardige spelers soos Jesse Kriel, Jan Serfontein en Dillyn Leyds om die spens aan te vul, kan die grondslag gelê word.

Coetzee hoef nie oor die basiese beginsels bekommerd te wees nie. Die spelers wat gekies is, sal dit nie agterweë laat nie. Hulle sal hul man staan in die lynstane, skrums en behoort ʼn oormaat besit in die los te wen.

Maar as die spelskeppers ingeperk word, wag daar probleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frans C ·

Die Lionspatroon is nie ‘n nuwe patroon nie, dit is soortgelyk aan die patroon van alle NZ-spanne. Daarom het die Barbarians nie gesukkel om mekaar te vind nie,terwyl ‘n span soos die
B&IL se professonele spelers gesukkel het om mekaar te vind.

Daarom gaan die Bokke ook mi sukkel om die Lionspatroon toe te pas.

job jobson ·

Bokke mut met WEN begin n vir 80(82)minute met WEN eindig. Pasop vir in die doodsnikke,skepskoppe van die opposisie bwys die WEN. Kyk maar na CRUSADERS / HIGHLANDERS wedstryd.

Fires ·

Lions-patroon?, nou het AC nie sy eie spelpatroon nie, hoekom het hulle dan nie vir Johan Ackerman afrigter gemaak nie of die hele Lions span gekies as Bokke.

what a joke! ·

Want hy is nie die regte
kleur “SEB” nie! Nog n drag slae op die bokke en nog meer verskonings daarna….Franse met 10 punte plus!

what a joke! ·

Hehehe…ja sure die amakrokko bokko 80 min voluit speel….hul is toe nie die all blacks nie! Meer soos 80 minute sal hul kyk hoe gespeel word….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.